Page 1 of 3

Bosvark Skade

Posted: Sun Jan 11, 2009 10:19 pm
by jaracal
KPAC het vir my 'n aantal fotos gestuur tov bosvark-skades. Ek moet se ek het die probleem totaal onderskat!!! As mens nie direk by iets betrokke is nie gaan dit jou verby sonder dat jy die erns daarvan besef. Ek dink dit is wat met CN gebeur het.
Image Image Image Image Image Image
Ek het hom gevra hoe cope hulle?
Sy antwoord -
ONS DOEN NIE!  Gister was ek op inspeksie by saad mielies R418 per kg.  Daar is in een week al 82kg skade.  = R34000!, maw dieselfde as 40-50 lammers per week!!! en dan verwag CN boere moet met verantwoordelikheid optree. Wie kan die tipe van skades dra?
Sterkte vir julle manne vorentoe.

H

Re: Bosvark Skade

Posted: Mon Jan 12, 2009 10:20 pm
by Kruger
Bosvark skade is nie net beperk tot aangeplate oeste nie. Ek weet dat baie mense my seker sal wil stenig, maar waar bosvarke eers bederf het is hulle erge vleisvreters, tot so 'n mate dat hulle ook "jag". Indien daar nog mense is wat dit al ondervind het, laat weet asb. Groete

Re: Bosvark Skade

Posted: Tue Jan 13, 2009 9:24 am
by JACQUES BOTHA
KRUGER:
DAAR IN DIE IESTERN CAPE KORT DUSKANT DIE LOODSBERG VERTEL DIE BOER MY HY HET N DONKIE GESKIET EN TEEN DIE KRANS AFGEGOOI,,,
DIE BOSVARKE VREET DAAI MAN OP IN TWEE DAE...WAAR OF TE NIE, EK PRAAT NOU UIT N ANDER MAN SE MOND.

Re: Bosvark Skade

Posted: Tue Jan 13, 2009 11:18 am
by Kruger
Dit is 'n absolute feit, want ek het dit ook persoonlik ondervind, maar daar is bewerings dat wanneer hulle so bederf het met dooie lammers vreet (jakkals oorskiet) en dit raak droog met 'n gepaartgaande skaarste na hulle normale kos, dat hulle lammers vang. Ek het dit nog nie persoonlik ondervind (bo alle redelike twyfel nie) maar daar is mense wat sweer daarby.

Re: Bosvark Skade

Posted: Tue Jan 13, 2009 2:48 pm
by tafjak
So 7 jaar gelede het 'n jagter in die Steylerville-distrik 'n takbok gekwes. Later na 'n spoorsnysessie het hy die bok gekry met bosvark se kind besig om te vreet of probeer (gaffel met tande). Ek het jagter se naam en grond waar die insident plaas gevind het.

Taffie

Re: Bosvark Skade

Posted: Tue Jan 13, 2009 3:15 pm
by Freek
Bosvarke rig baie skade aan as hulle eers doenig raak in 'n land. Ek jag hulle gereeld in die Waterberg distrik en dit is skrikwekkend om te sien hoe hulle 'n oes kan verwoes. Met vandag se verhoogde inset kostes kan 'n boer net nie bekostig om sulke skade te ly nie. Die varke vreet letterlik sy wins op. >:(

Bosvarke vreet enige iets van vleis tot mielies. Ek het al verskeie voer plekke vir die probleem diere in my lewe gemaak en wel gesien hoe hulle vrot vleis vreet, maar verkieslik die maaiers wat in die karkaste wemel.

Enige iemand wat hulp nodig het met bosvark wat probeer oorhand neem, ek's altyd gretig om te help... ;)

Re: Bosvark Skade

Posted: Wed Jan 14, 2009 3:55 pm
by Caller
Kruger

Jong, die varke is omnivore soos die mens en vreet dus plantmateriaal ?n vleis. Ek het al 'n klagte gehad van 'n boer wie se buurman (hulle bly naby mekaar) se landras varke, sy skaaplammers gevang (doodgemaak) het en toe aan gevreet het. Die varke het omtrent sewe lammers doodgemaak in 'n kleinerige kampie.

Die vleisvretery met die droogte saam, is waarskynlik as gevolg van mineraal tekorte in die varke se voedding. Kyk, bobbejane vreet ook vleis weens mineraal tekote.

Dit is blykbaar ook al waargeneem dat 'n gewone grysduiker ook vleis gevreet het, bleikbaar was dit 'n ontbinde karkas. Al amper geliquify, anders sal dit seker maar moeilik vir die duiker wees om die vleis te skeur.

As ek dit reg het was daar onlangs 'n storietjie oor 'n vlakvark sog wat haar kleintjie opgevreet het op 50/50. Die tjint was reeds dood, so toe besluit ma sy kannie so kos mors nie en peusel toe maar aan haar eie gebroedsel. 

Sulke varke!!!
 
n.s. Ek kla nie as 'n varkie pla nie want my vrieskas is vol vlakvark "russians" en kaaswors.

Caller

 

Re: Bosvark Skade

Posted: Wed Jan 14, 2009 5:34 pm
by tafjak
Caller

Ek en Kruger se huisdokter het laat weet ons moet so stuk van daai goed (in die vrieskas) inkry, glo bitter goed vir lae cholesterol. Stuur aan man!

Grap maar net, darie wurste is lekker.

Taffie

Re: Bosvark Skade

Posted: Wed Jan 14, 2009 8:58 pm
by johan
Caller

Taffie en myself is meateaters,sal jy asb so gaaf wees om daai resep te plaas asb man.
Ou grote sal dit hoog op prys stel.

johan

Re: Bosvark Skade

Posted: Thu Jan 15, 2009 3:09 am
by tafjak
Johan

Ek het hier oor die grootdae tussen die persies ingevlieg en so paar laat dop, nou sien ek die jakkalse het gevlug. Kan seker nie met die min kos klaarkom nie, baas eet meer.

T

Re: Bosvark Skade

Posted: Thu Jan 15, 2009 7:40 am
by JACQUES BOTHA
TAFJAK:
Jy moet nie daai woord persies te hard se nie...on sukkel ons assa af om daai goed in die hande te kry in die  winter...
daar is niks wat n wildswors of wildsdroewors so komplimenteer as n persie nie. (met worcestersous asb).
jy moet maar laat weet of jy uitvoerpermit het dan kan ons hier in die vrystaat dalk n paar invoer..

Re: Bosvark Skade

Posted: Thu Jan 15, 2009 1:29 pm
by Caller
Jammer kj?rels, ek weet hoe om 'n modderbok met my kleilat te gooi en dan die vrug van my arbeid (genot ?) te geniet, maar aan die prosses van bewerking (russians/kaaswors) waag ek nie sommaar my hand nie.

Nee ek laat dit in die hande van 'n veteraan van Duitswes se w?reld, wat deesdae hier tussen die Groot Gariep en Vaalrivier bly. Ek moet darrem vir julle s? dat die Duitsers hom mooi van die otvleis se geheime geleer het daar in die Agter Kalharie.

Caller 

Re: Bosvark Skade

Posted: Thu Jan 15, 2009 4:25 pm
by tafjak
Ek wonder of die Duitswes-kerel nie miskien GREEFF is nie?

Re: Bosvark Skade

Posted: Fri Jan 16, 2009 7:59 am
by Caller
Nee hy's 'n Vildjoen omie van hier by die 81 jaar en hy was 'n slaghuis eienaar van Aruab se w?reld. Hy het tot nou toe nog altyd 'n slaghuis hier in my geweste bedryf, maar wil ongelukkig nou ophou vleiswerk en verkoop. Die ou is baie sterk vir sy ouderdom en jy sal nie s? hy is so oud as jy hom sien nie.

Nou sien julle self waar sy kennis van otfleiswerk al vannanaf kom. Jy kan maar s? hy h?t die pampiere om met 'n ot te werk.

Caller

Re: Bosvark Skade

Posted: Fri Jan 16, 2009 10:08 am
by tafjak
Caller

As ek na die omie ouderdom kyk, lyk dit al of goeie vleis die inding is.

Taffie

Re: Bosvark Skade

Posted: Mon Mar 09, 2009 7:44 am
by Freek
Dag manne!!!

Ek was Saterdag nag weer in die bevooregde posisie om bosvarke te jag. Die boer by wie ek gejag het is besig om sy saad mielies te stroop. Ek het die hele nag gejag en varke bekruip maar kon nie een raak loop nie, hulle was nie eers in die lande nie. Miskien het die bos telegraaf hulle gewaarsku van die doods engel se teenwoordigheid...weet nie maar dit was baie opvallend dat ek nie eers een gehoor het nie. ??? Soos ek alreeds vroer hier iewer genoem het mens stap nie net in die veld in en skiet gou-gou 'n bosvark nie, nee my maat jy werk vir hom.

Ek het wel 'n baie interesante ding tee gekom wat ek met julle eksperds wil deel en miskien kan julle my help met 'n verklaring. Soos ek reeds genoem het was ek die aand om die mielie lande op soek na die mielie bekke, het die lande 'n hele parkeer gesirkel, deur gestap, windrigting, alles was perfek maar kon nie vir ot raak loop nie. Hier teen 02:00 sondag oggend staan ek langs 'n grondpad, reg teenaan 'n mielie land en luister doodstil of ek nie miskien 'n mielieplant hoor breek nie... maar niks, alles is doodstil. Ek besluit toe maar om huiswaarts te keer, net voordat ek daar weg stap kyk ek deur die nag sig teleskoop in die pad af om seker te maak dat ek miskien 'n rondloper ot misloop nie. Wat sal ek toe sien, hier skaars 5 tree van my af staan 'n groot uit gegroeide jakkals mannetjie my en aankyk asof die kat my ingedra het,  :o.

Die volgende blaf die 30-06 en die jakkals en die grondpad word een. By nadere aanskouing kon ek geen defekte op die dier kry nie, hy lyk heel gesond en vet. Dit was net vir my baie raar dat 'n wilde jakkals in die nag sonder vrees so naby aan 'n mens sal kom. EK het ongelukig nie foto's geneem nie.

Miskien het een van julle dit al ervaar, ek sien uit om julle komentaar te lees.

Re: Bosvark Skade

Posted: Mon Mar 09, 2009 8:44 am
by tafjak
Nuuskierigheid het al meer jakkalse dood gemaak as katte! Mooiskoot Freek, nie baie manne wat jakkalse van uit die vuis skiet nie.

Taffie

Re: Bosvark Skade

Posted: Mon Mar 09, 2009 1:10 pm
by Ambessa
Hallo (op al die ou varkies se e-posse hierbo)

Ouens (in die Ooskaap) beweer dit is soms moeilik om skaapkarkasse (en bokkarkasse) te kry soos die varke (vlak- en bos-) dit opvreet? Soos die ou oom gevra het: kan dit waar wees? Lyk so? Laat weet asb.

Ambessa

Re: Bosvark Skade

Posted: Mon Mar 09, 2009 6:39 pm
by tafjak
Defenitief!!! Daar is 'n man wat selfs beweer hulle vang.

Taffie

Re: Bosvark Skade

Posted: Mon Mar 09, 2009 7:42 pm
by raychell
Taffie
Ek kan dit beaam.
Raynie

Re: Bosvark Skade

Posted: Mon Mar 09, 2009 8:46 pm
by Christo
Tafjak,Raynie

Amper post ek die storie van die man wat nie spek skiet nie hy gooi sommer met die hele vark :-[ :-[. Smaak my ek sou woes verkeerd gewees het. Vertel bietjie vir ons van die vangery seblief.

Christo 

Re: Bosvark Skade

Posted: Mon Mar 09, 2009 8:50 pm
by Ambessa
Hallo aal op die varkskade

Laat ons hoor of nog beter sien- hoe lyk dit met goeie foto's?

Ambessa

Re: Bosvark Skade

Posted: Tue Mar 10, 2009 1:42 am
by tafjak
Christo + Ambessa

Iemand wat ek ken, het so 7 of wat jaar gelede by 'n buurman van my takbokke (branch goats) gejag en een gekwes. Sny toe spoor en kry later waar bosvark besig was om aan bok te vreet. Lyk my dit is in droogtes meer gereeld. Dit het in die Steytlerville distrik gebeur.

Taffie

Re: Bosvark Skade

Posted: Tue Mar 10, 2009 6:55 am
by Freek
Soos vroer genoem kan ek bevestig dat bosvarke aan dooie, ontbinde karkasse vreet. Nog nooit afgekom of gehoor dat hulle lewendigge prooi vang of jag nie. Ek glo nie dit is onwaarskynlik dat hulle diere kleintjies of swakkelinge sal vang nie - hulle word as omnivore geklasifiseer, so hulle vreet enige iets.

Re: Bosvark Skade

Posted: Tue Mar 10, 2009 8:18 am
by Christo
Ek het gisteraand op die net gaan Google en daar is nogal 'n paar site's waar Wild Boar en selfs bosvarke vee aangeval het. Die Wild Boar -Europa -  lyk asof daar al 'n hele paar mense short gekom het met die spesie.

Christo