Page 1 of 1

WILDSBOUD OP DIE OOPVUUR

Posted: Thu Feb 02, 2012 2:08 pm
by Frikkiedbr
Stop die boud met vark of stertvet wat vooraf gerol is in mengesel van speserye ? sout,
swartpeper, naeltjies, koljander en knoffel.
Marinade:
1 koppie rooiwyn, sjerrie, hanepoot, muskadel, jeripico, of suurlemoensap
halwe koppie bruinsuiker
halwe koppie appelkooskonfyt
Laat die boud oornag in marinade l?.


Vryf ?n ysterpot uit met knoffel, braai die boud in botter en olie om die boud te se?l,
bak of kook die boud tot amper sag in die marinade. Gooi 1 koppie rooiwyn en 3
koppies room oor, laat dit baie stadig bak of kook, smeer appelkooskonfyt oor en laat
baie baie stadig braai, bedruip dikwels- behoort nou ?n lekker bruin sous te nie.