Page 1 of 1
Vortex Teleskope
Posted: Sun Aug 14, 2022 12:55 pm
by Carel Kolesky
Kan iemand asb n verduideliking gee van Vortex se teleskope:watter reeks is intree/middel en topklas?
Re: Vortex Teleskope
Posted: Sun Aug 14, 2022 1:21 pm
by TSG
Carel Kolesky wrote:Kan iemand asb n verduideliking gee van Vortex se teleskope:watter reeks is intree/middel en topklas?
Carel something along these lines.
Entry: Crossfire & Diamondback
Middle: Venom, Strike Eagle, PST GenII
Top: Razor HD Gen II & III
Give me a shout if you need more info and or prices
Cheers
Kurt
Sent from my CPH2371 using Tapatalk
Re: Vortex Teleskope
Posted: Sun Aug 14, 2022 1:25 pm
by musgrave270
Prysklas laag tot hoog:
Diamondback
Venom
Strike eagle
PST
Razor
Ouer modelle:
Crossfire
Diamondback
Viper
Viper HS
Viper PST
Razor
Iewers pas die Golden Eagle ook in maar dis n minder bekende reeks.
Sent from my YAL-L21 using Tapatalk
Re: Vortex Teleskope
Posted: Sun Aug 14, 2022 1:44 pm
by Carel Kolesky
Baie dankie.Het n maat wat kyk na Crossfire ll,maar ek het geen kennis van Vortex
Re: Vortex Teleskope
Posted: Sun Aug 14, 2022 4:22 pm
by HeinM
Carel Kolesky wrote: Sun Aug 14, 2022 1:44 pm
Baie dankie.Het n maat wat kyk na Crossfire ll,maar ek het geen kennis van Vortex
Hy sal nie 'n fout maak met 'n Crossfire nie. Goeie waarde vir geld. Ek het heelwat pelle wat geen probleme daarmee het nie. Baie mooi helder daarby.

Re: Vortex Teleskope
Posted: Sun Aug 14, 2022 5:33 pm
by JCR
Carel ek het n hele paar Vortex scopes. Jy kan kom kyk as jy wil.
Groete
JC
Sent from my SM-G985F using Tapatalk
Re: Vortex Teleskope
Posted: Sun Aug 14, 2022 6:15 pm
by Capt. Yoda
musgrave270 wrote: Sun Aug 14, 2022 1:25 pm
Prysklas laag tot hoog:
Diamondback
Venom
Strike eagle
PST
Razor
Ouer modelle:
Crossfire
Diamondback
Viper
Viper HS
Viper PST
Razor
Iewers pas die Golden Eagle ook in maar dis n minder bekende reeks.
Sent from my YAL-L21 using Tapatalk
Die Golden eagle is net daar vir die fynproewers

maar dis n scope wat gebou is vir n spesifieke doel.
Re: Vortex Teleskope
Posted: Thu Aug 22, 2024 10:14 pm
by Giepie
Bietjie ouerige draad, maar weer or Vortex teleskope. Ek moet weer begin kyk vir 'n teleskoop vir 'n 30-06, maar wat nie bo R10 000 kos nie. Ek sien daar is die Crossfire 2. Ek aanvaar dit is die intreevlak teleskoop, maar hioe vergelyk dit met die Lynx, Rudolph en Leupold teleskope?
Re: Vortex Teleskope
Posted: Thu Aug 22, 2024 10:54 pm
by Lategan1
Ek weet nie presies wat jy soek nie, maar begin by Leupold Freedom scopes. Verskeie lede hier op die forum dit al uitgewys. Ongelooflike glas vir die geld.
Beste.
Re: Vortex Teleskope
Posted: Fri Aug 23, 2024 8:34 am
by Capt. Yoda
VX Freedom is n baie beter scope as n Crossfire maar hulle pryse is ook aan die op gaan
Vir wat die Crossfire 2 voor verkoop is dit nie n slegte koop nie, hulle het darem n goeie waarborg
Re: Vortex Teleskope
Posted: Fri Aug 23, 2024 1:18 pm
by Giepie
Ek het 'n Leupold 3-9x40 in die verlede gehad, goeie teleskoop, wat ek spyt is verkoop het. Ek het nog nie kans gekry om na die Vortex te gaan kyk nie, nog net online, maar dit is omtrent helfte van die Leupold se prys.
Wat interessant was, was dat die Lynx 3.5-10x50 helderder was as die Leupold. So, ek kyk ook na 'n Lynx. Die ander een waarna ek ook kyk is 'n Rudolph.
Lyk my die 3-9x40 sonder paralax verstellings word uitgefasseer, alles is nou omtrent "tactical".
Re: Vortex Teleskope
Posted: Fri Aug 23, 2024 1:43 pm
by Lategan1
Daai Lynx gaan ook goeie keuse wees.
Beste.
Re: Vortex Teleskope
Posted: Fri Aug 23, 2024 4:57 pm
by wlm
Ons het nou al weg beweeg van Vortex alleen. Waar pas Hawke in die rangorde?
Re: Vortex Teleskope
Posted: Fri Aug 23, 2024 5:03 pm
by Lategan1
Capt. Yoda wrote: Fri Aug 23, 2024 8:34 am
VX Freedom is n baie beter scope as n Crossfire maar hulle pryse is ook aan die op gaan
Vir wat die Crossfire 2 voor verkoop is dit nie n slegte koop nie, hulle het darem n goeie waarborg
Opgaan … pryse gaan op, ja. Hy vra vir onder 10, verskeie Freedom modelle vanaf 10 600 en onder 10 000, hang af wat hy soek.
My punt is, in daai prysklas, vergelyk met die Leupold vir ‘n ingeligte besluit.
Ek het lanklaas deur die nuwe Lynx gekyk, ook net goeie goed gehoor, weereens vir die prys. Vortex ken ek nie.
Beste.
Re: Vortex Teleskope
Posted: Fri Aug 23, 2024 6:54 pm
by mahomedy13
Giepie wrote:Bietjie ouerige draad, maar weer or Vortex teleskope. Ek moet weer begin kyk vir 'n teleskoop vir 'n 30-06, maar wat nie bo R10 000 kos nie. Ek sien daar is die Crossfire 2. Ek aanvaar dit is die intreevlak teleskoop, maar hioe vergelyk dit met die Lynx, Rudolph en Leupold teleskope?
I've got 2 different crossfire scopes, and will get another without a second thought. They are perfect for the price, and do the job just as well.
Sent from my SM-S908E using Tapatalk