Oom Skietstoel het my na d forum verwys.
Nie geweet daar is so iets in die land van Melk en Heuning nie.
Lees ook graag African Hunting forum.
Cappie, ek dink dis dalk waar n klomp siele heen verdwyn het
Lategan, Wouter en Tripodmvr, ek lees graag julle kommentaar.... het nog baie om te leer.
Ek is nie n groot jagter nie, maar leer en skiet graag. Wil graag eendag ghonge op 800m laat klingel.
n Jaar gelede my eerste roer gekry, n ou Winchester 308 met Leupold scope. Nie lank daarna nie het n Brno 243 (Vector continental) en 375 (Lynx scope) ook geland.
Dra n CZ P07 vir EDC.
As die 2 jong manne (16 en 19) en tween dogter gaan jag, sal almal dus min of meer toegang tot n roer hê!
Groetnis uit Tzaneen
Sent from my SM-A705FN using Tapatalk
