375 H&H Bruno Slot
Posted: Thu Aug 04, 2022 9:42 pm
'n Groot ou jagmaat (hy word volgende jaar 80) van my is in 'n groot penarie. Met die terugkeer van sy onlangse jag, het hy soos gewoonlik sy geweer baie netjies skoongemaak en in die kluis gebere. Omdat sy kluis redelik vol is, word die slotte van sy gewere nooit saam gebere nie. Hy het die slot op een of ander manier verloor en het nou al letterlik oral gesoek sonder sukses. Die geweer EN slot het beslis saam teruggekom van die jag af, en hy het ook reeds met die plaaseienaar bevestig dat die slot nie op die plaas agtergebly het nie.
As die ding nou rerig weg is, hoe dan gemaak? Sal mens weer so 'n slot kan koop? Enige goeie advies sal waardeer word.
As die ding nou rerig weg is, hoe dan gemaak? Sal mens weer so 'n slot kan koop? Enige goeie advies sal waardeer word.