Page 1 of 1

Vixen Teleskoop Waarde

Posted: Fri Jun 24, 2022 8:46 am
by 7mmMK
More Menere

Ek het onlangs n Howa 7mm RM gekoop, en begin nou kyk vir n teleskoop terwyl ek wag vir my lisensie.
Ek het hom by Camdix gekoop, waar hulle Vixen teleskope aanhou. Ek is maar skrikkerig vir iets wat te goed lyk om waar te wees, en die Vixens lyk nogal so.
Toe gaan kyk ek bietjie wat die Vixen 4-16x44 in Europa, Australie en die VSA kos, en dis rondom die $400 merk. In die prysklas kan mens Leupolds, Vortex Diamondbacks etc oorsee koop, wat hier meer as R10,000 gaan wees.

So ek reken n mens kry baie goeie waarde vir geld as n scope hier onder R5000 is maar oorsee in n prysklas kompeteer met scopes war hier goed oor R10,000 is.

Kan ek vra vir paar opinies oor Vixen en oor my argument rakende die waarde?
Ek oorweeg sterk om n Vixen te koop.

Dankie

Re: Vixen Teleskoop Waarde

Posted: Fri Jun 24, 2022 9:00 am
by joe rocket
Koop eerder n element maar dis my subjektiewe opinie.

Re: Vixen Teleskoop Waarde

Posted: Fri Jun 24, 2022 9:42 am
by marthinus100
Ek het n 1-6 met die itr reticle op my AR en is heel tevrede. 5 jaar en geen probleem tot dusver.
Al wat pla is in die aand skiet is die illuminated reticle te helder op die laagste verstelling.

Oor die 4-16 kan ek nie komentaar lewer nie, ek het geen ervaring met hom nie.

Re: Vixen Teleskoop Waarde

Posted: Fri Jun 24, 2022 3:05 pm
by HeinM
joe rocket wrote: Fri Jun 24, 2022 9:00 am Koop eerder n element maar dis my subjektiewe opinie.
Goeie raad