Page 1 of 1

jagplek smithfield suid vrystaat

Posted: Tue Jun 07, 2022 5:36 pm
by johans
As iemand sou belangstel ek het nog plek vir jagters

blesbokke r1700

swartwildebeeste r2800(koeie)

Geen bakkie of slagfooi of dagfooi nie.

Die bokke is regtig nog in goeie kondisie,hier is manne op die forum wat sal kan getuig.

ek kan maks 5jagters op n slag akommodeer.

Slaapplek is beskikbaar in n berghut @r500 per nag

ek kan ongelukkig nie iemand help wat een of 2 bokke wil kom skiet nie

johan 0agt24sewe24049

Re: jagplek smithfield suid vrystaat

Posted: Wed Jun 08, 2022 8:11 am
by avo
-ek kan ongelukkig nie iemand help wat een of 2 bokke wil kom skiet nie--

Hoeveel moet dan Geskiet word sodat dit aanvaarbaar sal wees vir jou?

Re: jagplek smithfield suid vrystaat

Posted: Wed Jun 08, 2022 8:25 am
by johans
avo wrote: Wed Jun 08, 2022 8:11 am -ek kan ongelukkig nie iemand help wat een of 2 bokke wil kom skiet nie--

Hoeveel moet dan Geskiet word sodat dit aanvaarbaar sal wees vir jou?
avo as n ou tenminste 2 swartwillies op n dag kom skiet of 4 blesbokke dan is dit die moeite werd.maar ek kan nie dat n ou een of 2 blesbokke kom skiet en ek moet slagters en diesel vir die dag betaal nie,dis net nie die moeite werd nie.hoop dit antw jou vraag

Re: jagplek smithfield suid vrystaat

Posted: Wed Jun 08, 2022 10:29 am
by avo
100% dankie vir terugvoering.
Alles word duurder en uitgawes al groter.

Re: jagplek smithfield suid vrystaat

Posted: Thu Jun 09, 2022 1:45 pm
by ruaanb
Uitstekende pryse

Re: jagplek smithfield suid vrystaat

Posted: Wed Jul 20, 2022 3:13 pm
by TOKELOS
Wat n lekker en rustige jag!
Johan, jy is n gentleman en hoe jy ons hanteer het word baie waardeer!
Ons het ook die hoogste respek vir die manier waarop jy jou wild hanteer!
Sien weer in 2023!

Re: jagplek smithfield suid vrystaat

Posted: Thu Jul 21, 2022 12:58 pm
by Ajviljoen260rem
Geen swb bulle beskikbaar nie?

Groete