Page 1 of 1
Ladings vir 'n 30-06
Posted: Mon Jan 30, 2012 2:04 pm
by martinf
Hallo Almal
Wil net graag by die manne hoor wat tans patrone laai vir 'n 30-06 watse kruid is die beste en watse slag doppies sal ek dan saam die spesifieke kruit gebruik? Het gehoor saam die growwer kruite moet ek magnum slag doppies gebruik en saam die fyner kruit kan mense gewone slag doppies gebruik.
Sal julle terugvoer waardeer sodat ek dalk vinniger naby aan my geweer se perfekte lading kan kom.
Ek is nie seker oor die twist en lengte nie. Indien dit 'n groot verskil gaan maak sal ek dit kan kry.
Sien uit om julle terug voer te hoor.
Groete
Re: Ladings vir 'n 30-06
Posted: Mon Jan 30, 2012 2:08 pm
by DWB
Dags?, watter maak 30-06 het jy? En wat eil jy skiet met hom?
Ek het 'n CZ en skiet op die oomblik baie lekker met 150gr, op 300m loop hy nog baie mooi
Re: Ladings vir 'n 30-06
Posted: Mon Jan 30, 2012 2:17 pm
by Marc
Dags?,
My 30-06 Musgrave, Lyttleton RSA, loop soos re?n met 150gr Hornady Interbonds to kort oor 300m. {200m Zero}
Ek gebruik S365 met PMP dop en standaard PMP slagdoppie. Size net die nek terug.
Sal graag by die manne wil hoor wat hulle laai. {Pro's en Con} as julle nie omgee nie. Ek't maar rond gespeel en die kombinasie het homself bewys. Bly toe maar daar vasteek, maar daar is niks wat s? dinge mag nie beter gaan voorentoe nie.
Groetnis,
Marc
Re: Ladings vir 'n 30-06
Posted: Mon Jan 30, 2012 2:38 pm
by Koos Barnard
Martin
Ek sluit aan by Ludwig, S355 werk goed vir 150gr. Ek gebruik S355 met 150gr Nosler Accubond, myne is sommer 'n ligte lading van 49.5gr wat so 2700 tot 2750vps gee (hang af hoe warm die weer is). Skiet baie lekker daarmee. Onlangs gemsbok op 225m geskiet - dood soos 'n luis.
Re: Ladings vir 'n 30-06
Posted: Tue Jan 31, 2012 8:58 am
by martinf
Hallo manne
Ek het ook 'n Musgrave maar ek het 'n ruk terug 165g balistic tips gekoop omrede ek gehoor dit is die punt vir 'n 30-06. So hulle is maar net daar vir die toets lopie. Sal die S355 vir hulle ook werk.
So nou moet ek net die tyd maak om te begin speel met die lpatrone en kyk wat maak die punte met my geweer. Waardeer die terugvoer tot dusver en wag in spanning vir nog.
Re: Ladings vir 'n 30-06
Posted: Wed Feb 01, 2012 9:22 pm
by Marc
Martinf
Ek gebruik S365 met 'n 54gr lading en 150gr Hornady Interbonds. Ek is gelukkig want die "goedkoper" 150 gr PMP match punte wat mens kry groepeer presies dieselde. {Ek laai hul ook identies} Moet s? my geweer het al 'n paar skote deur en die TPL {TOL} het al gerek vanaf 81.2mm met 1mm "jump" toe ek begin self laai tot 82mm huidiglik met 'n 2,5mm jump. Hy bly nog super akuraat. Ek resize net die nekke.
Die lekker van die ligte punte is dat mens afstand wen. 1.5 to 2 duim hoog op 100m, is in die kol op 200m en so 4 to 5 duim laag op 300m. Ek het geen idee watse spoed hulle bereik nie, want ek het nie 'n chrony nie.
Punt is soos wat Koos Barnard s?, mens hoef nie altyd maximum te laai vir goeie akuraatheid en distansie nie. Die interbonds is SUPER STERK en sal enige iets tot 'n Kudu groote aanvat. Ek het al onder andere 'n Gemsbok plank dwars op 140m deur albei sy humeruse geskiet en die punt herwin onder die vel. Hy het 86% gewig behou en perfek gevorm. Daar was redelike vleis skade{ moontlik ook van al die been splinters}, maar ek het darm nie betaal vir 'n bok wat wegekom het nie.
Speel maar lekker en sterkteĀ
Groetnis
Marc
Re: Ladings vir 'n 30-06
Posted: Mon Feb 06, 2012 3:50 pm
by Jacques Kotze
Hallo Martinf
Kan uit die aard van die saak nie voorskryf wat jy moet herlaai nie, want dit is 'n avontuur wat jy self moet ontdek met jou spesifieke lood gooier. Hier is wel 'n bietjie inligting oor my jaggeweer en ook die verskillende ladings waarvan hy hou. Hoop dit maak die tog korter.
30-06 Parker Hale met 24" loop. 1-10 Twist.
110gr Hornady VMAX: 51gr S335. PMP LR Primer. PMP Doppe.
PMP 168gr: 47.8gr S335. PMP LR Primer met PMP dop.
Nosler 150gr Ballistic Tip BT: 48gr S335 met PMP LR Primer en PMP doppe.
Soos ek genoem het. Hierdie is wat werk vir my geweer.
Groete
Jacques
Re: Ladings vir 'n 30-06
Posted: Mon Feb 06, 2012 5:11 pm
by C.J.
Martinf,
Ek gebruik S365 vir 168gr Amax'e, ek gerbuik eerder die S365 vir beter dopvulling, verder sommer PMP slagdoppies en sommer PMP doppe, omdat hulle langer hou, my lading is 53gr en hy skiet baie lekker. Ek klas nie doppe nie en kry steeds lekker groepe.
Ladingontwikkeling en herlaai is absoluut nodig as jy jou roer regtig wil geniet.
Groete,
C.J.