Page 1 of 1

Portugese Koedoe

Posted: Mon May 16, 2022 7:39 am
by Dolf014
More Vriende.

Ek verwys na die Maart 2019 post van antieke gewere (oop visier)

http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=31&t=70847

Oom Koos het toe die uitdaging/versoek aan my gestel:

"Ek vra hoed in die hand, skiet asb jou koedoe te voet met die Portugees en stuur vir my daardie storie. Jy hoef nie 'n goeie skrywer te wees nie. Jy stuur die feite in soos hierbo met jou storie (dis al klaar goed genoeg) en ons sal die nodige doen. Dis maar net my persoonlike gevoel, maar met so 'n roer jag jy te voet... dan kry die storie lyf. Oorweeg dit asb.
Mooi loop"

Nou ja; 3 jaar later het ek n koedoebul met die Portugese Mauser 6.5 x 58 (Espingarda, vervaardig in 1904) geskiet. Let wel; "te voet"
Skoot was geneem op ongeveer 25 tree, uit die kniel posisie.

So paar fotos.
'

Re: Portugese Koedoe

Posted: Mon May 16, 2022 7:45 am
by Geno
Mooi bul Oom Dolf! Baie geluk!

Re: Portugese Koedoe

Posted: Mon May 16, 2022 8:07 am
by Wouter Roets
Ja maggies Dolf, dit is voorwaar n baie mooi stel horings daai. Baie geluk!

Re: Portugese Koedoe

Posted: Mon May 16, 2022 8:14 am
by Lategan1
Baie geluk, mooi bul.

Sien daai pil het hom kop eerste in die grond laat neerduik! :laugh:

Jy kan trots wees.

Beste.

Re: Portugese Koedoe

Posted: Mon May 16, 2022 8:33 am
by tau
Wow!!! Baie geluk. Dit wil gedoen wees!!! baie mooi bul.

Re: Portugese Koedoe

Posted: Mon May 16, 2022 8:37 am
by tripodmvr
Mooi simmetriese horings. Baie geluk.

Re: Portugese Koedoe

Posted: Mon May 16, 2022 8:37 am
by Toyrsi
Baie geluk Dolf. Voorwaar n mooi Bul daai

Re: Portugese Koedoe

Posted: Mon May 16, 2022 9:15 am
by DWB
Absoluut Pragtig!!!!!! Welgedaan!!!!

Re: Portugese Koedoe

Posted: Mon May 16, 2022 9:37 am
by sako 30-06
Mooi bly maar mooi en om so bul op 25 tree te skiet wil gedoen word.
Baie geluk!

Re: Portugese Koedoe

Posted: Mon May 16, 2022 9:58 am
by Koos Barnard
Dag Dolf
Baie geluk, dit wil gedoen wees. En dan is dit nog so 'n bulkoedoe ook. Ek is seker jy gaan hierdie jag baie lank onthou. Nogmaals geluk.
Mooi loop

Re: Portugese Koedoe

Posted: Mon May 16, 2022 10:28 am
by saswart
Jinne dit wil gedoen wees!

Re: Portugese Koedoe

Posted: Mon May 16, 2022 1:01 pm
by Frederik
Joh!!! Welgedaan myne is reg in die kluis die 160gr pille loop nou mooi so 1 duim laag op 50 meter.
Miskien kan ek ook nog die jaar iets trap met hom.

Re: Portugese Koedoe

Posted: Mon May 16, 2022 1:38 pm
by Blitzzz
Dis nou baie mooi en goed gedoen.
Baie geluk met die mooi bul.


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro

Re: Portugese Koedoe

Posted: Mon May 16, 2022 5:41 pm
by Mellies
Baie smart!

Met n vleisie...

Re: Portugese Koedoe

Posted: Mon May 16, 2022 8:51 pm
by Johan Nel
Hier kort nou nog iets.
Die fotos is bewys van die koedoe, die jagter en die geweer, maar waar is die jagstorie?
Ek voeg my stem by al die ander manne, dis voorwaar 'n pragbul. Baie geluk!

Re: Portugese Koedoe

Posted: Fri Jan 06, 2023 7:36 am
by Dolf014
More Vriende.

Die jagstorie; lyk my hy verskyn in die nuutste SA Jagter tydskrif.

Dankie Koos vir die hulp met die "editing"

Groete.

Re: Portugese Koedoe

Posted: Fri Jan 06, 2023 10:38 am
by Capt. Yoda
Sal uit kyk vir hom Oom Dolf

Re: Portugese Koedoe

Posted: Mon Jan 23, 2023 6:10 am
by Frederik
Jou Artikel in SA Jagters geniet Dolf.

Ek moeet regtig kyk of ek die jaar iets met my porra mauser kan kap as die tyd my toelaat.

Re: Portugese Koedoe

Posted: Tue Jan 24, 2023 1:33 pm
by Ds J
Ek vermoed dat Oom Dolf ons om die bos lei ;D ;D ;D

Hy praat ewe nederig van 25 treë, maar kan enigeen van julle selfs net n enkele bossie op daardie foto sien binne 80 treë?

Baie geluk Oom!