Page 1 of 1

"missfire"

Posted: Sun Jan 29, 2012 5:37 pm
by Cobus(Cobb)
Dit is 'n ou 7,65 MAB pistool, erfstuk, so het bietjie sentimentele waarde....het vanoggend, eerste keer in seker 15 jaar met hom gaan skiet...
Baie, baie missfires gehad met ou ammo asook nuwe PMP ammo....van die ammo 2 keer probeer maar no luck...

Die vraag....is die probleem die ammo?slagpen self? of veer wat slagpen vorentoe stoot...??..(.in alle gevalle sien jy die indents van die slagpen op die primer)

Ek luister graag..

Cheers

Re: "missfire"

Posted: Sun Jan 29, 2012 6:40 pm
by tripodmvr
Het jy die pistool skoongemaak voor jy gaan skiet het? Het op jagtog ervaar dat een van die jagters se 375 nie die slagdoppie wou afsit nie. Die slagpen is vasgehou deur olie wat so dik soos teer was. 'n Bietjie diesel het gemaak dat daar nie weer probleme was nie.

As dit die veer is kan dit help om hom fisies te rek. Dit herstel van die veerkrag en kan dalk help.

Re: "missfire"

Posted: Sun Jan 29, 2012 9:20 pm
by Cobus(Cobb)
marius,hy was baie mooi skoon,(alles in my nuwe cleaner gewas)...het die veer bietjie gerek ook...slagpen steek mooi deur ook so hy's nie gebreek nie...ek sal sterker veer dalk moet soek by gunsmith,soos Piet voorstel...

Cheers

Re: "missfire"

Posted: Mon Jan 30, 2012 2:17 am
by tripodmvr
Sulke vere is moeilik om te kry. Ek het vir my Krico .22 'n veer by 'n moer en boutplek gekry en hy doen nou al seker 20 jaar diens. Die omtrek is eintlik al wat saak maak. Jy kan hom langer koop en op lengte sny sodat hy pas.

Re: "missfire"

Posted: Mon Jan 30, 2012 9:54 am
by johan
Sover ek weet werk n pistool en n geweer se slagpenne op twee heel verskillende maniere.
Die pistool se slagpenveer hou tog die slagpen WEG van die slagdop af ? En die haan (externe of interne ) slaan die slagpen om die skoot af te sit ? By n geweer span jy die slagpen met die slagpenveer en die sneller hou dit tee tot jy die sneller trek ?

So n stywer slagpenveer by jou pistool sal nie die probleem oplos nie,altans so glo ek.

Groete
Johan

Re: "missfire"

Posted: Mon Jan 30, 2012 10:39 am
by Jeagermeister
Johan is Helemal reg..

Jy moet die Pistool se "Main Spring" ( die veer in die "grip" van die pistool) laat nagaan, dis die een wat bepaal hoe "hard" die hammer op die slagpen val... dalk dan ook daai veer wat jt gerek het dalk bietjie probeer compress..

Al wat ek al sien gebeur het met 'n pap / swak slagpen veer by 'n pistool is dat hy veroorsaak dat die slagpen gaadjie op die primer deurbrand.

Hoop dit help..

JM

Re: "missfire"

Posted: Mon Jan 30, 2012 12:34 pm
by Cobus(Cobb)
Die pistool het gladnie 'n haan of hammer nie....

Die slagpen hak agter die sneller knip vas as jy hom oorlaai, en sit daar onder spanning tot die sneller getrek word, het ook dan 'n "pistol grip safety" wat jy moet indruk met 'n vol greep op die "grip",

As jy die sneller trek, sak die trigger knip en die slagpen "gly" of skiet vorentoe tot op die primer.

Cheers

Re: "missfire"

Posted: Mon Jan 30, 2012 12:47 pm
by Jeagermeister
Sjie Cobb,

Watse pistool is dit Presies...

As ek die werking dan reg verstaan sal daai slagpen of twee vere moet he, of in wese op dieselfde prinsiep as 'n Glock Pistool moet werk.. "n part Pre-cocked firing pin...

Groete

JM

Re: "missfire"

Posted: Mon Jan 30, 2012 1:49 pm
by Cobus(Cobb)
Dis 'n MAB 7,65...

Re: "missfire"

Posted: Mon Jan 30, 2012 2:52 pm
by Jeagermeister
Nee Broer, daar veloor jy my toe helemal.. Sien dit werk op die "Blowback" metode..

Van die skematics wat ek kan uit maak moet jy maar na die mainspring se sterkte kyk en ook probeer om bietjie die firing pin spring te "compress"

en dan maar die probleem met daie pistole daar by die klein plekkies waar man nie kan bykom nie.. skoonmaak.. en dan lube, dalk is daar iietsie wat net bietjie te stram is..

Het darem die volgende twee links vir jou gekry as jy sparese nodig het

http://www.ima-usa.com/french-7-65mm-ma ... azine.html

https://www.buymilsurp.com/pistol-parts ... 10199.html

Mooi Loop

JM

Re: "missfire"

Posted: Mon Jan 30, 2012 3:20 pm
by Cobus(Cobb)
JM

Dankie meester,

S? bietjie vir my die link na daai skematics toe asb.....laat ek sommer kyk of hy 100%aanmekaar gesit is na complete overall...

Cheers

Re: "missfire"

Posted: Mon Jan 30, 2012 3:29 pm
by Jeagermeister
Ai Cobb,

Nou klaar toegemaak..

Gaan Google maar Images vir daai pistool, hy sal iewers opduik. Was ook nie vir daai Presiese pistooltjie gewees nie, maar vir die Browning dink ek waarvan hy 'n copy is..

Sorry ek kan nie verder help nie..

JM

Re: "missfire"

Posted: Mon Jan 30, 2012 3:32 pm
by Cobus(Cobb)
Sal gaan kyk, dankie

Cheers

Re: "missfire"

Posted: Sat Feb 11, 2012 3:17 pm
by Fanie
Jy behoort op die slagdoppie te kan sien of die rondte moes vuur of nie.  Gaan skiet eers nuwe ammo en kyk of jy dieselfde probleem kry.  Ek het al misfires op ou ammo gekry.  As die slagdoppie reg wys maar nie geskiet het nie dan moet jy die ammo wegmaak, trek die punt (keneties), gooi die ou kryt weg en skiet die lee doppie verskeie kere om seker te maak die slagdoppie is 'dood' voor jy hom probeer uitdruk anders verongeluk jy jouself.  Jy moet die regte beskerming gebruik.  As jy enige twyfel het kry iemand wat die toerusting en kennis het.

Re: "missfire"

Posted: Fri Jun 01, 2012 12:49 am
by Gerard
Die soort slagpen word 'n striker genoem.  Die verskil is dat 'n firing pin deur 'n hamer geslaan word, terwyl 'n striker oorgehaal word wanneer die wapen span en dan vrygelaat word wanneer die sneller getrek word.

Met 'n firing pin druk die veer die firing pin terug na dit die slagdoppie geklink het en met 'n striker druk die veer die striker vorentoe wanneer dit vrygestel word deur die sneller meganisme.  Firing pins is meer betroubaar as strikers.

Streng gesproke het gewere ook strikers en nie firing pins nie.