Kalwers vetmaak

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Kalwers vetmaak

Post by JOHANNIC »

Wat werk die beste, om kalwers gewig te gee,ek weet daar is baie verskilende mengsels ek gee op die oomblik melasse meel pitbaal en sb100 wat ek meng (en dan loop hul nog heeldag in groen weiding)
Sal graag hoor wat se ander mengsels die manne mee werk

Groete johan
Biebers
Need for speed >:D
Flip Fouche
Hero Member
Hero Member
Posts: 584
Joined: Mon Nov 29, 2010 5:26 pm

Re: Kalwers vetmaak

Post by Flip Fouche »

Johan

Loop die kalwers nog by die koeie?

Hoe swaar is die kalwers?

Wat is jou plan met die kalwers?

Groete

Flip
.22 K Hornet Anchuts
204 ruger
.243 AI Savge
.2506 Zastava
6.5 Creedmoor Howa
.308 Musgrave Mod 80
300wsm Savage
12 Boor Maverick Pump Action
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Kalwers vetmaak

Post by JOHANNIC »

Flip
Die kalwers wissel so tussen 3 en 6 maande,weg van koeie,skat so tussen 100 en 150

Die simentalertjies is heelwat swaarder het laasweek 3 saam geweeg 540 kg

Wil die spulletjie swaar kry tot op 220-240kg en verkoop(of opeet)

Danki vir die hulp
groete johan
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Kalwers vetmaak

Post by Yalair »

Jy kan dievolgende mengsel probeer op veld

200kg SB100 met 800kg mielies die mielies moet verkieslik gemaal word, maar kan aan jong bees heel gegee word @ 3% van ligaams gewig, maak hulle stelselmatig gewoond aan die voer om suurpens te vermy, bv dag een 0.5% van gewig en pas so aan oor 5 dae tot 3% verkry word. Jy kan ook ralgro oorinplantaat insit wat groei bevorder. doseer ook ordentlik bv. covexin+ecomectin+vit A. As die kallers nog saam met koeie loop sal jy kruiphokke moet maak sodat net die kallers by die voer uitkom.

Hoop dit help.

Groete
Ben
Last edited by Yalair on Mon Jan 30, 2012 6:40 pm, edited 1 time in total.
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Kalwers vetmaak

Post by JOHANNIC »

Dankie Ben
Hoeveel Ralgro op die mengsel moet jy insit?

Dankie vir die raad
Groete johan
Biebers
Need for speed >:D
Flip Fouche
Hero Member
Hero Member
Posts: 584
Joined: Mon Nov 29, 2010 5:26 pm

Re: Kalwers vetmaak

Post by Flip Fouche »

Johan

Ralgro is n groei stemulant wat agter die oor ingeplant word.

Yalair

Baie goeie aanbeveling!!

Groete

Flip
.22 K Hornet Anchuts
204 ruger
.243 AI Savge
.2506 Zastava
6.5 Creedmoor Howa
.308 Musgrave Mod 80
300wsm Savage
12 Boor Maverick Pump Action
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Kalwers vetmaak

Post by Dawid »

Nou spuit julle manne nie lam en sponssiek en gee braaikuiken reste (Mis) nie?

As dit mooi skoon is, is dit darem jam vir n bees.
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Kalwers vetmaak

Post by JOHANNIC »

Flip
Dankie daar leer ek ook iets

Jy dalk n idee wat dit kos per kalf??? en kan ek dit self insit of moet ek die veearts gebruik.
Julle manne moet nog raad gooi julle sien mos ek het nog baie nodig...

Hier val nou darem n lekke bui reen AMEN

Groete johan

Dawid
My pa het altyd kuiken mis gegee maar hier waar ek bly is nou nie juis kuiken wereld nie tensy iemand vir my kan se waar in die suidkaap ek kan kry???
Last edited by JOHANNIC on Wed Feb 01, 2012 6:22 am, edited 1 time in total.
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Kalwers vetmaak

Post by Christo »

Ek sal ook graag wil weet wat kos die inplant, en kan ek dit self doen.

Ben, en lees nou jou onderskrif. Tipes Bloem daai. My pa het ons baie dae daarmee getroef.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Kalwers vetmaak

Post by Dawid »

Christo ek het dit ook nognie self gedoen nie maar n ou wat dit wel doen,doen dit self....dis blykbaar n "gun" waarmee hulle die stimulant net agter die oor "inskiet"

Die manne wat vee aankoop weet ek ontwurm eers, skiet die stimulant in en gee dan ab lib voer.

Ja Ben het n uitstekende onderskrif  ;D ;D
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
User avatar
FrancoisN
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 275
Joined: Wed Feb 02, 2011 6:51 am

Re: Kalwers vetmaak

Post by FrancoisN »

Dagse Manne

Ja jy kan die ralgro self insit.  Daar waar jy die ralgro koop sal jy die gun ook te koop kry. Hy lyk amper soos n glue gun maar sy magasyn vat die pille. Sy voorkant het n groot naald wat jy onder die dier se oorvel indruk en dan die pil inskiet. Is in die begin nogals moelik totdat jy sy trick agter gekom het. Vir kalwers sal jy daai kop goed moet vashou want hulle spartel maar.

Groete
Katvis
“The only time to eat diet food is while you're waiting for the steak to cook.”
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Kalwers vetmaak

Post by Yalair »

Inplaas van Ralgro kan jy Zeramec spuit, dis 'n groei stimulant en ontwurm ook dieselfde tyd, dis makliker veral as jy nie Ralgro gun het nie, as jy ralgro insit is dit beter om die bees te imobiliseer as die pil nie reg ingaan nie werk hy nie so lekker nie of 'n ordentlike nek klamp. Ralgro is so R20-30 per shot en die gun kos so R1200. Vir bees op die veld sal ek eerder Zeramec spuit, moet net nie aanteel diere met dit spuit nie.

Christo
Ja, my pa het dit redelik gereeld vir my gese as ek met my slim stories by hom gekom het.

Groete
Ben
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Kalwers vetmaak

Post by JOHANNIC »

Het vandag n paar brahman kalers gekry....8weke oud en hopeloos te naby aan die huis hulle soek al vir 6 ure lank hulle ma en dit sal seker nog n paar dae aanhou,en dit sous buite en ek gaan hulle nie nou geskuif kry nie...my vrou laai al die .22..hie...hie

Dink ek gaan die Zeramec probeer en Prozac vir mamma gee.....ai..ai so leer mens

Groete ek hoop julle kan slaap......
Biebers
Need for speed >:D
Post Reply