Page 1 of 1
Gevaarlike wild - wat dra jy?
Posted: Wed Apr 13, 2022 3:34 pm
by Eduard Venter
Dagsê...
Kom vertel bietjie wat dra jy alles op jou en wat hou jy byderhand in die bakkie wanneer jy gevaarlike wild jag of gids (en hoekom natuurlik).
Ek is seker hier is 'n paar manne wat groot dinge beplan vir die seisoen wat voorlê so die gesprek kan interessant raak.
Groetnis
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Gevaarlike wild - wat dra jy?
Posted: Wed Apr 13, 2022 3:43 pm
by DWB
My 404 vir die dier, en my 9mm vir die ou wat vinniger as ek kan hardloop se knie

Re: Gevaarlike wild - wat dra jy?
Posted: Wed Apr 13, 2022 5:57 pm
by Frederik
458 lott
Jagmes
Bladder met 1.5 liter water
Ammo belt met ekstra 5 softs en 4 solids
Verkyker met harnas
Breeband hoed
Gators/Kamutse
Skietstokke
Foon vir kommunikasie en fotos
9mm Pistool ook
Re: Gevaarlike wild - wat dra jy?
Posted: Thu Apr 14, 2022 6:48 am
by DWB
Ek is nou nie die mees ervare grootwild jagter nie, maar het darem al die voorreg gehad om op verskeie jagte saam te gaan en darem al 'n ding of twee te skiet.
Wat ek wel geleer het is:
Dra 'n geweer wat jy al getoets het en se foute van uitgesort is. My 404 Jeffery en 450 Rigby is nou op die punt waar ek altwee vertrou.
Weet hoe om vinnig jou magasyn vol te maak van die belt af.
Ek het 'n lekker paar culling belde, maar dis dalk net oor ek te dik is, plaas hulle ekstra druk op jou bo-bene, so nou is ek op 'n 5 rondte (dalk 2) ammo slide op my gewone (en ordentlike) belt. En daar is altyd 'n klompie spaar rondtes in ordentlike houers in my rugsak.
Ek dra nie altyd my pistool nie, maar ek dra altyd 'n ordentlike mes, al weet ek ek gaan nie 'n buffel of 'n leeu dood steek nie.
Dan het ek ook altyd 'n trauma bandage of twee in #5 byderhand.
En dan vloeistof! Dra die maksimum hoeveelheid wat jy gemaklik kan dra, ek het baie amper my gat gesien eendag agv daarvan in onbekende terrein.
Ek hou van my ashbag en goeie kamaste
En dan 'n stel skietstokke waarmee jy gemaklik is!
When in big game country, carry a big gun!
My stewels se sole het eenkeer op 'n PAC jag begin los kom, so van daar af dra ek sommer 'n rol insulation tape en cable ties ook in my rugsak.
Re: Gevaarlike wild - wat dra jy?
Posted: Thu Apr 14, 2022 8:53 am
by Bushwack
Frederik wrote: Wed Apr 13, 2022 5:57 pm
458 lott
Jagmes
Bladder met 1.5 liter water
Ammo belt met ekstra 5 softs en 4 solids
Verkyker met harnas
Breeband hoed
Gators/Kamutse
Skietstokke
Foon vir kommunikasie en fotos
9mm Pistool ook
Frederik, jy klink soos a PH
Die buitelander dra in elke geval te veel goed saam...dan het jy net so 4 of 5 goeders nodig op jou lysie

Re: Gevaarlike wild - wat dra jy?
Posted: Thu Apr 14, 2022 11:36 am
by Thunderhead
In groot areas waar ek ver gaan loop dra ek aan my:
klein GPS
water bladder
Flits/koplamp
Sunscreen
Verkyker
Super C sweets
Hoed met buff
Mes
kamaste
Cycling shorts sodat ek nie rash kry nie.
Ek hou van n golf hemp harde hemde my nipple rash.
As in SA is sal ek my pistool dra met eerste skoot snakeshot.
Ammo pouch met 7 of 9 patrone meestal solids. Ek is bygelowig sal nie ewe getalle dra nie.
As botteljie
lighter
Toilet papier
My spoorsnyer dra my rugsak met water,kapmes, leatherman,klein first aid,radio, nog toilet papier, energy bars,paracord, stuk duct tape. As die rugsak te lig is sal ek n klip of twee nog insit sodat hy stadiger stap

Re: Gevaarlike wild - wat dra jy?
Posted: Thu Apr 14, 2022 12:19 pm
by Toxxyc
Vir gevaarlike wild sal ek my bruinste onderbroek dra.
Re: Gevaarlike wild - wat dra jy?
Posted: Thu Apr 14, 2022 1:24 pm
by Capt. Yoda
Ek het vanogend gou n Buffel gejag saam n Amerikaner. Ekt ma n koppie koffie, bq biltong, my vape, foon en die TV se remote by ny gehad. 9mm was langs my sou da iets storem wat die kat by my voete nie kon stop nie
Re: Gevaarlike wild - wat dra jy?
Posted: Tue Jun 07, 2022 10:51 am
by Drenalinjunkie
Behalwe vir wat die manne hier bo noem - twee dinge wat ek deesdae saam met my dra in die veld is n torniquet, chest seal en bloodclot. Dis baie klein, weeg byna niks maar kan n persoon se lewe red veral op gevaarlike wild jagte.
So paar jaar terug was n vriend van ons oorlede in n boogjag ongeluk. In daai geval sou niks eintlik kon help nie maar as die wond net so bietjie anderste was sou n torniquet en bloodclot sy lewe gered het.
Re: Gevaarlike wild - wat dra jy?
Posted: Tue Jun 07, 2022 12:49 pm
by ZKK
Ek wil nou nie heeltemal die draad Hi-jack nie, maar ek is ook opsoek na n goeie first aid kit.
Het een keer n slegte visvang ongeluk gehad, wat my ook na die tyd laat dink het.
So het iemand miskien n link van n goeie FAK wat hulle kan aanbeveel.
Groete
Re: Gevaarlike wild - wat dra jy?
Posted: Tue Jun 07, 2022 12:54 pm
by Capt. Yoda
Re: Gevaarlike wild - wat dra jy?
Posted: Wed Jun 08, 2022 7:24 am
by Gerhardu
ZKK wrote: Tue Jun 07, 2022 12:49 pm
Ek wil nou nie heeltemal die draad Hi-jack nie, maar ek is ook opsoek na n goeie first aid kit.
Het een keer n slegte visvang ongeluk gehad, wat my ook na die tyd laat dink het.
So het iemand miskien n link van n goeie FAK wat hulle kan aanbeveel.
Groete
Taakmag.co.za
Re: Gevaarlike wild - wat dra jy?
Posted: Wed Jun 08, 2022 9:16 am
by Lourens Potgieter
Re: Gevaarlike wild - wat dra jy?
Posted: Wed Jun 08, 2022 3:31 pm
by ZKK
Thanks baie Lourens, sal bietjie daar loer
Re: Gevaarlike wild - wat dra jy?
Posted: Sat Jun 11, 2022 7:45 am
by Eduard Venter
Hier is wat ek dra:
375 met 8 ekstra rondtes op kolf
8 ekstra rondtes op belt
9mm met ekstra magasyn
Verkyker
Rangefinder
Leatherman
Knipmes
Stokke (ek of spoorsnyer dra dit)
Goeie stewels en kamaste
Klein flits wat in broeksak pas
Selfoon (GPS, kamera en kommunikasie)
Spoorsnyer dra ekstra water vir die kliënte
Dis maar wat ek op die oomblik dra op buffel jagte, maar wil beslis 'n paar van die items opgradeer met tyd soos mens geld beskikbaar het.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk