Page 1 of 1
Gemiddelde jag groep grootte
Posted: Sun Mar 27, 2022 7:41 am
by Eduard Venter
More julle.
Ek wil graag hoor hoeveel manne/vrouens/kinders is gemiddeld deel van jou jaarlikse jag groep. Sê sommer ook hoeveel jagters/nie-jagters asb.
Dit is maar net inligting om my en die ander manne wat jag aanbied bietjie te help en seker te maak ons bied nog die tipe dinge aan wat in aanvraag is.
Groetnis en 'n geseënde Sondag vir julle
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Gemiddelde jag groep grootte
Posted: Sun Mar 27, 2022 8:40 am
by ruaanb
4 jagters
4 vrouens
3 kinders
Re: Gemiddelde jag groep grootte
Posted: Sun Mar 27, 2022 11:25 am
by tripodmvr
Tien is 'n goeie gemiddeld om te gebruik. Om ekstra slaapplek te moet oprig kos baie geld en in die noordelike warmer dele kan tente as tydelike maatreëls gebruik word.
Re: Gemiddelde jag groep grootte
Posted: Sun Mar 27, 2022 1:38 pm
by PWV
In my 65 jaar van jag moet ek sê ons moet onderskei tussen verskillend metodes van jag, bv. kamp in die veld met voorsit, kamp in die veld met bakkiejag, kamp in die veld met jag-en-bekruip, kamp en jag te perd, akkommodasie in luukse verblyf, ens. Daar is baie opsies. Nie een van hulle is dieselfde nie.
Toe ek nog vir Jan Wilkins in die stoeikryt kon uitdaag en die erd net-net wou afspring, was veldkamp en jag-en-bekruip die "ultimate".
Nou moet ek maar terugval op diesel-"stalk" om vleis bymekaar te maak.
In al die bogenoemde, waarvan ek ondervinding het, het ek gevind dat 'n jaggeselskap nie te groot moet wees nie en die belangrikste is dat die maters mekaar moet ken. Vier pelle wat deur die vuur vir mekaar sal loop, is die beste groep wat ek sou kies. Hoe meer asems, hoe meer uiteenlopende idees en ... moeilikheid!
Die meeste probleme op jagtogte was met voorsit waar daar tien tot twaalf ouens gewere beman het. Let op, ek sê nie, jagters nie. Baie van hulle het net geweet hoe om 'n patroon in die loop te kry en waar jy moet trek om die skoot te laat loop. "Nee, nee, daai bok met die pensskoot en twee skote op die boude, is nie myne nie!" Het julle dit al gehoor? Dan het ek baie gewonder of 'n jagongeluk om sulke ouens te uit die jagveld te kry, nie 'n uitkoms sou wees nie!
Gelukkig het ek my nie aan die duiweltjie op my skouer gesteur nie. Deesdae ry ek en my vriend 'n paar draaie deur die veld en ek kry my koedoe of twee en ek skiet vir hom en sy vriende ook 'n paar. Geen stres meer nie. Die tyd is egter min.

Re: Gemiddelde jag groep grootte
Posted: Sun Mar 27, 2022 1:55 pm
by Swys14
Ek het voorheen die groot groep ding gedoen maar dit werk nie vir my nie. As ek wil social braai ek by die huis met vriende en familie.
Ek doen een groot jag per jaar saam met 'n vriend wat net so passievol is soos ek oor die veld, jag, herlaai en gewere. Gewoonlik vir 'n week.
Re: Gemiddelde jag groep grootte
Posted: Sun Mar 27, 2022 3:56 pm
by Willem Grobler
Vroeër jare het ek ook die “groot” jagding gedoen maar nie meer nie (ek wil amper die woord “nooit” hier ingooi). 4 goeie vriende of 2 pa’s met seuns is my ideale grootte (4 jagters).
Re: Gemiddelde jag groep grootte
Posted: Sun Mar 27, 2022 4:03 pm
by Eduard Venter
Dankie julle. Ek sien die antwoorde is taamlik uiteenlopend. Wat deurlopend dieselfde is, is dat kwaliteit beter is as kwantiteit.
Sal interessant wees om die res van die antwoorde dop te hou.
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Gemiddelde jag groep grootte
Posted: Mon Mar 28, 2022 8:30 am
by Capt. Yoda
Vat jul die vrouens saam om die kamp skoon te maak? Het die plase nie mense vir dit nie
So 4 manne op n jag is vir my genoeg
Re: Gemiddelde jag groep grootte
Posted: Mon Mar 28, 2022 8:56 am
by Jaco vdW
Ons jag nou die afgelope 5 jaar naby Aberdeen in die Karoo. Die spesifieke boer vra vir groepe van 6-8 jagters. Op die wyse maak dit vir hom finansieël sin, en bly sy fooie bekostigbaar. Sy jaghuis is gerieflik, en reg ingerig vir 8 mense. Dis n konstante groep ouens, so ons ken mekaar, en dit werk goed. Die jagte is gewoonlik so 3 jagdae. Tipiese voorsit jag, so met minder as 6 dek jy ook nie nie kampe nie.
Indien dit n loop en bekruip jag is, werk n kleiner groep baie beter vir my. So was van my beste jagte waar ons net 2 manne was, alleen op die plaas.
Re: Gemiddelde jag groep grootte
Posted: Mon Mar 28, 2022 9:25 am
by saswart
As dit net manne jag is, is dit 4/5 jagters, maar meestal is dit familie jagte, dan is dit 4 jagters, 4 nie jagters en 6-10 kinders. Ek hou daarvan om vrou en kinders saam te vat. Dit is vir hul ook net soveel van 'n vakansie en wegbreek as vir my. Dit is lekker om die kinders van baie jonks af te leer en in die veld te bring.
Re: Gemiddelde jag groep grootte
Posted: Mon Mar 28, 2022 11:48 am
by dawiec
ons groepie wat nou al paar jaar saam jag is dit 3 pa's met 4 seuns. Die groter jag groeppe waaraan ek al blootgestel was met net manne, loop net uit op 'n kuiery en kopseer in die oggend. Eers genoemde bly vir my die kwaliteit tyd saam met jou seun en "memories" bou
Re: Gemiddelde jag groep grootte
Posted: Mon Mar 28, 2022 12:05 pm
by Boomstomp
Ons is so 6-8 jagters in Karoo vir voorsitjagte.
Vir ander jagte is groepe soms kleiner, soms groter, en soms gaan familie saam.
Re: Gemiddelde jag groep grootte
Posted: Mon Mar 28, 2022 8:40 pm
by Gideonviljoen
Bakkie 4
Voorsit 7
Stap 3
Re: Gemiddelde jag groep grootte
Posted: Mon Mar 28, 2022 9:45 pm
by J.A.N
Op die plaas waar ons gejag het tot 2019 het groep gewissel van 3 tot 8. Die uitsondering was een jaar waar ons 16 manne was en dit was gladnie aangenaam gewees nie. Van laasjaar af jag ek saam met ñ nuwe groep waarvan my Neef al ñ paar jaar deel is en my Pa al twee jaar deel is. Groep bestaan meestal uit Oom's, Neefs, Pa's en seuns en goeie Vriende. Wat verblyf aan betref. Vir Bosveld jag ñ buitelug kombuis, donkie vir warm water en Tente vir slaap plek is piekfyn. Vir jag in die Philippolis omgewing ñ huis met oordentelike warm water, want dit is bietjie koud vir tente.