Page 1 of 1

40 of 50 mm objective

Posted: Wed Mar 23, 2022 2:07 pm
by Swede
Watter wesenlike voordeel het n 50mm oor n 40 in 'n jag scope van dieselfde model. Dit word nie vir nagskiet gebruik nie.

Sent from my SM-N970F using Tapatalk


Re: 40 of 50 mm objective

Posted: Wed Mar 23, 2022 2:22 pm
by Gian_dP
50mm behoort meer lig deur te laat en behoort effens groter "field of view" te hê. Tensy jy in digte bos/laat skemer jag, behoort daar geen praktiese verskil te wees tussen 40 en 50mm objektiewe lens nie. 50mm sal klein bietjie swaarder wees.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk



Re: 40 of 50 mm objective

Posted: Wed Mar 23, 2022 2:26 pm
by Swede
Ek verstaan die meer lig aspek maar is dit regtig so maklik om die verskil te beoordeel, is die ekstra geld die moeite werd.

Sent from my SM-N970F using Tapatalk


Re: 40 of 50 mm objective

Posted: Wed Mar 23, 2022 2:36 pm
by Vissie
Neewat, op my bos- en stapjag gewere, kan jy my maar eerder ‘n 40mm objektiewe lens gee. Hulle vat heelwat minder houe in die veld as die groter teleskope en dra meer aangenaam.

My oë is te swak om die verskil te kan sien i.t.v hoeveel lig deurgelaat word. Die enigste voordeel vir my is die “Field-of-View” op hoër vergrotings.

Re: 40 of 50 mm objective

Posted: Wed Mar 23, 2022 4:20 pm
by dennisinpe
Net nadele.

Re: 40 of 50 mm objective

Posted: Wed Mar 23, 2022 5:25 pm
by Sako75
Mens sien nie die verskil 12h00 die middag nie. Maar wel 07h00 die oggend of wanneer ‘n bok in die skaduwee van ‘n krans of boom staan.
Mens moet dit maar self kyk en kyk of die “trade-off” werk vir jou of nie. Dalk in die veld deur paar verskillende scopes kyk. Ek het aan altwee punte van die spektrum. Ek hou van ‘n groter objektief vir hoe en waar ek jag.

Re: 40 of 50 mm objective

Posted: Wed Mar 23, 2022 8:34 pm
by Pvdw
Hoe oud is jou oë?? Myne begin lol as die son Wes begin gaan of as dit erg bewolk is. Ek sien dan virseker die verslik op die Nikon 4-16x42(Ek dink) op my seun se 308 en die 4-16x50 op my 6.5. Jong oë soos syne sien dit nie raak nie.

Re: 40 of 50 mm objective

Posted: Wed Mar 23, 2022 9:28 pm
by Nico Harris
In die dag- geen verskil.

Re: 40 of 50 mm objective

Posted: Wed Mar 23, 2022 9:57 pm
by tripodmvr
Die groter objektief se deugde word gewoonlik besing vir laatmiddag skiet. In baie gevalle word skote na 5nm verbied weens die gevaar van kwes en dan geen lig om op te volg nie.

Re: 40 of 50 mm objective

Posted: Wed Mar 23, 2022 11:10 pm
by Arnold
Watse voordele het 'n 40mm lens bo 'n 50mm lens?

As mens bv. die Leupold 4.5-14 vergelyk met die 1" tube sien mens daar is omtremt n 50 gram gewigsverskil en 'n radius verskil van 6mm op die buitemaat van die objective verder is die specs taamlik eenders behalwe dat die 40mm so $100 goedkoper is.

Om 'n 40mm scope laer te monteer is moontlik maar hoeveel mense doen dit regtig? Instede sou hulle 'n 50mm scope met dieselfde ringe gemaklik kon monteer.

Persoonlik dink ek 50mm scopes met 30mm buise lyk meer in proporsie soos 'n 40mm scope met n 1" buis lyk.

Vir volle lig benutting (7mm exit pupil), deur jou oog in die nag, kan jy met n 50mm scope op 7.14x vergroting skiet en met n 40mm scope op 5.71x vergroting. (Dit is dan hoekom daai 8x56 scope so mooi in die nag werk)

As jy dus dieselfde scopes vergelyk en slegs die objective verskil kan jy die punte in ag neem om jou besluit te maak.

Sent from my SM-G955F using Tapatalk


Re: 40 of 50 mm objective

Posted: Thu Mar 24, 2022 7:18 am
by Swede
Dit is juis daai twee Leupold scopes waarna ek kyk. My jag bly maar beperk op hierdie stadium in die laeveld en glo ek die 40mm sal goed doen. Dat dit ook minder weeg is ook n voordeel aangesien my geweer nie die ligste is nie.

Sent from my SM-N970F using Tapatalk


Re: 40 of 50 mm objective

Posted: Thu Mar 24, 2022 7:41 am
by Lategan1
Inset onlangs op ander draad deur Wouter hieroor, blyk jy dit gemis. Beskou dit as jou fondasie, enige ander behoefte regverdig jy hiervandaan. Lees dit.

Soos Arnold noem, vir my lyk ‘n 50mm op 25mm buis soos ‘n “want to be”. Vir die rede is die 42 of 44mm op ‘n 25mm buis ‘n estetiese wenner. :police: :laugh: :laugh:

“Wouter Roets
Re: Jag scope raad
Report Quote
Post Wed Feb 23, 2022 11:15 am

DD

Daai klink na n goeie plan. Ek se net weer, in SA het ons niks groter as n 40-42mm objektiewe lens nodig vir ons jagomstandighede nie. Daar is ook geen rede vir n 30mm buis nie. n Groter konsidirasie moet eerder gegee word aan n effektiewe kruishaar met afmikstrepies vir jou afstande. Iets soos SA jagters se kruishaar in Lynx teleskope of iets soos Leupold se Boonne&Crockett. n Lekker ligte teleskoop wat die houe kan vat met goeie lense en jy is gesort. Persoonlik soek ek ook nie eers paralaks op so n teleskoop nie.

Groetnis
Wouter”

Beste.

Re: 40 of 50 mm objective

Posted: Thu Mar 24, 2022 8:26 am
by Capt. Yoda
Jy kort net lekker groot turrets om te draai

Re: 40 of 50 mm objective

Posted: Thu Mar 24, 2022 1:10 pm
by Swede
Lategan1 wrote:Inset onlangs op ander draad deur Wouter hieroor, blyk jy dit gemis. Beskou dit as jou fondasie, enige ander behoefte regverdig jy hiervandaan. Lees dit.

Soos Arnold noem, vir my lyk ‘n 50mm op 25mm buis soos ‘n “want to be”. Vir die rede is die 42 of 44mm op ‘n 25mm buis ‘n estetiese wenner. :police: Image Image

“Wouter Roets
Re: Jag scope raad
Report Quote
Post Wed Feb 23, 2022 11:15 am

DD

Daai klink na n goeie plan. Ek se net weer, in SA het ons niks groter as n 40-42mm objektiewe lens nodig vir ons jagomstandighede nie. Daar is ook geen rede vir n 30mm buis nie. n Groter konsidirasie moet eerder gegee word aan n effektiewe kruishaar met afmikstrepies vir jou afstande. Iets soos SA jagters se kruishaar in Lynx teleskope of iets soos Leupold se Boonne&Crockett. n Lekker ligte teleskoop wat die houe kan vat met goeie lense en jy is gesort. Persoonlik soek ek ook nie eers paralaks op so n teleskoop nie.

Groetnis
Wouter”

Beste.
Ek stem saam oor die paralaks, die Leupold met CDS turret en ZL blyk die antwoord vir my te wees

Sent from my SM-N970F using Tapatalk