Page 1 of 1

Die Ferrari van worsstoppers

Posted: Fri Mar 11, 2022 4:14 pm
by Methos
Ek het weer so bietjie geld gewen met die poker en besluit toe dat dit tyd is om vir my 'n ordentlikke worsstopper aanteskaf. Ek het so paar jaar terug €60 vir een betaal maar hy het sommer na so paar keer se gebruik begin buig. Besluit toe om die beste wat ek ken te koop en trek toe die sneller op 'n Reber 6.8l. Was net 8 euro durder as die 5l een so hoekom nie! Prys, by die huis afgelewer was €184. Was veronderstel om eers volgende naweek te kom maar in die week laat Amazon my weet dat hy sal vandag afgelaai word. So uur terug lui my foon en dis die aflewerings man wat laat weet hy is hier.

Het ook 10kg brisket bestel wat nou gaan droewors word!!!

Re: Die Ferrari van worsstoppers

Posted: Fri Mar 11, 2022 4:16 pm
by Methos
My nuwe babaImageImageImageImage

Sent from my STK-LX1 using Tapatalk


Re: Die Ferrari van worsstoppers

Posted: Mon Mar 14, 2022 5:16 pm
by ThysDeBeer
Daai outjie stop sommer lekker vinnig.
Maak maklik skoon ook.
Geniet.

Re: Die Ferrari van worsstoppers

Posted: Mon Mar 14, 2022 5:55 pm
by tripodmvr
Net jammer ons is so vêr weg. So worsie moet mos getoets word.

Sukkel jy nie om derms te kry nie?

Re: Die Ferrari van worsstoppers

Posted: Tue Mar 15, 2022 10:14 am
by Methos
Derm is normaalweg vrek duur hierso - het een keer by die dorp se slagter 'n bossie bestel - hy klap my toe sommer €40 daarvoor.

Ek het toe vriende gemaak met die Spar se slagter - as ek wil wors maak gee hy sommer vir my 'n klompie verniet. Anderdag toe ek wil wors maak het hy nie gehad. Stop toe by die dorp waar ek die vleis gaan optel het se Supermark - vra vir die slagter of hulle nie dalk derms het nie. Verseker sê hy - in die yskas - daar is 3 soorte - groot vark derms vir salami en ander dik gedroogde word. Gewone vark derms soos wat ons gebruik vir boerewors en skaap derms soos vir droewors. Skaap derms is genoeg vir 5kg en kos €5 en vark derms is genoeg vir 18kg en kos ook €5. Eerste keer wat ek dit hier raakloop.

Het vrydag aand my 10kg wors gemaak - 5 kg normaal, 2.5kg met rooiwyn en knoffel en 2.5kg met gerookte paprika in vir so bietjie van 'n chorizo smakie. Het dit in my dehydrator gesit met net die fan aan Saterdag oggend en kon Maandag oggend begin knibbel. Heel skaflik!

Re: Die Ferrari van worsstoppers

Posted: Tue Mar 15, 2022 8:34 pm
by Viking
Methos wrote: Fri Mar 11, 2022 4:16 pm My nuwe babaImageImageImageImage

Ag NEE man Methos....dis dan die gewone Freddy Hirsch model (Trespade) en hier dog ek dis iets revolusionêr!

What a let down...it's like kissing your Mother!!
311006-E.jpg

Re: Die Ferrari van worsstoppers

Posted: Tue Mar 15, 2022 10:35 pm
by Methos
Dis die reber, gemaak in Italië. 'n Mazda en 'n Ferrari is mos nie dieselfde ding nie

Sent from my STK-LX1 using Tapatalk


Re: Die Ferrari van worsstoppers

Posted: Wed Mar 16, 2022 8:14 am
by Viking
Sorry om jou bubble te bars....Tre spade is Italiaanse produk!

This sausage filler machine comes from one of the world renowned Italian equipment manufactures, Tre Spade.

Re: Die Ferrari van worsstoppers

Posted: Wed Mar 16, 2022 3:13 pm
by J.A.N
Met die hulp van ñ wiper motor, transformer, fiets ratte en ñ paar skakelaars kan jy die stop proses heelwat bespoedig.