Page 1 of 1

Maksimum dopkapasiteit met die gebruik van QL.

Posted: Wed Mar 09, 2022 11:32 am
by Bennie Bester
More al die QL gebruikers,
As julle rondspeel met QL en na verskillende kruite kyk vir n spesifieke kaliber,wat sal die maksimum dopkapasiteit wees waarna julle kyk in persentasie? 100%, 105%, 110% ? Met ander woorde n "compressed" lading.
Ek luister.
Groetnis
Bennie Bester

Re: Maksimum dopkapasiteit met die gebruik van QL.

Posted: Wed Mar 09, 2022 11:55 am
by Gawie(13mm)
Met balkruit vat ek 99%.
Met stafie kruit, is 106 % my maksimum

Re: Maksimum dopkapasiteit met die gebruik van QL.

Posted: Wed Mar 09, 2022 3:04 pm
by Wouter Roets
Hallo Bennie

Gawie se aanbeveling is 100% in die kol. Ek moet wel noem dat daar basies nie n lemiet is op die persentasie stafiepoeier vulling nie. Wat jy kan inkry in jou dop sonder dat die koeel weer uitgedruk word is die praktiese limiet. In my 458 Lott hardloop ek 110%, maar het dit wel vermag met n paar truuks, soos n lang droptube en vibreer en krimp van die koeel. Die rede dat n mens nie meer as 100% gaan op balpoeiers nie is dat die tipe kruit n geneigdheid toon om klompe te maak soos wat in die 458 Win Mag gebeur het met fabrieks amminusie. Dit was wel heavily compressed loads soos genoem in die litteratuur. Persoonlik dink ek n mens sal nog prakties kan wegkom met n ligte compressed load >102% maar n mens vat heel moontlik n onnodige kans. Hierdie is sommer so stukkie nuttelose inligting en prakties moet n mens hou by Gawie se aanbeveling.

Groetnis
Wouter

Re: Maksimum dopkapasiteit met die gebruik van QL.

Posted: Wed Mar 09, 2022 3:36 pm
by Bennie Bester
Baie dankie vir die terugvoer. Ek laai op die oomblik geen balkruit nie, slegs stafie kruit. Die vraag het by my opgekom, omdat as daar nie meer dopvolume is nie, moet n mens aanbeweeg na n ander kruit wat beter dopvolume sal gee.
Groetnis
Bennie Bester
Groetnis

Re: Maksimum dopkapasiteit met die gebruik van QL.

Posted: Wed Mar 09, 2022 8:59 pm
by jdpretorius
Die hoeveelheid kruit wat in n gegewe dop pas is (vir my) minder ooglopend/eenvoudig as wat dit klink, en veral so met iets soos stafie kruit, omdat n ou met 'n "bulking factor" moet werk....die medium het dus klein gapings tussen die korrels oor die kruit se vorm. Dit het my soms al laat wonder hoe akuraat QL is t.o.v. die "bulking factor" persentasie, veral as QL bv. sê die dop is 108% vol en dit lyk of daar nog meer as genoeg spasie in n dop is.
Ns. persoonlik hou nie van baie karing verby 107% fill op stafie kruit nie.

Sent from my SM-A515F using Tapatalk


Re: Maksimum dopkapasiteit met die gebruik van QL.

Posted: Thu Mar 10, 2022 10:03 am
by Wouter Roets
Hallo Boetta

QL het die Propellant Solid Density(gr/cm2) van elke poeier, maar soos jy se is hierdie syfer nie altyd korrek nie. QL werk gewoonlik op die vervaardigers se data en soos ons almal weet kan dit baie verskil van die realiteit.

Bennie hierdie bly n interessante gesprek as n mens oor die einskappe van poeiers praat. Jy kan n poeier kry wat se brandtempo absoluut perfek is vir die rondte/koeel kombinasie maar sy PSD is te hoog vir die beskikbare kapasiteit. Toe ons net Somchem tot ons beskikking gehad het was al opsie om na die ekwalente balpoeier oor te gaan in brandspoed terme oordat balpoeier se PSD hoer is as stafie kruit. Met ons toegang tot internationale poeiers kan ons nou gaan loer na poeiers wat dieselfde brand maar wat se PSD waardes verskil. Ek weet nie of jy al my skrywes oor QL deurgelees het nie maar daar word dit nogal breedvoerig bespreek.

Groetnis
Wouter

Re: Maksimum dopkapasiteit met die gebruik van QL.

Posted: Thu Mar 10, 2022 12:12 pm
by tripodmvr
Ek het tot sover my dopkapasiteit beperk tot 105%, maar soos Wouter noem het ek al gevind dat doppe leër was as wat bereken is.

Re: Maksimum dopkapasiteit met die gebruik van QL.

Posted: Thu Mar 10, 2022 12:39 pm
by jdpretorius
Boeta Wout ek vermoed hulle skat dalk die gr/cm2 bietjies ruim om aan die veiliger kant te bly (vir pattat koppe natuurlik) ....bietjie bewe help verseker as daar spasie kort om nog n klein bietjie van die punt in te pas



Sent from my SM-A515F using Tapatalk


Re: Maksimum dopkapasiteit met die gebruik van QL.

Posted: Thu Mar 10, 2022 1:03 pm
by Capt. Yoda
Klomp patatta koppe

Re: Maksimum dopkapasiteit met die gebruik van QL.

Posted: Thu Mar 10, 2022 6:26 pm
by jdpretorius
Capt. Oblivious wrote:Klomp patatta koppe
ImageImageImage

Sent from my SM-A515F using Tapatalk