Page 1 of 1
Jag Pakkette vir 2022 by Big Water Safaris Philippolis
Posted: Wed Feb 02, 2022 9:15 am
by jaracal
Ons sit weer 'n aantal pakkette uit vir die jaar:
Loop en jag, geen skiet van voertuig en geen kopskote.
4 x Jagters maksimum - R9000-00 (jy mag 2 pakkette koop indien jou groep uit 8 jagters bestaan) (Arriveer Donderdag middag vir inskiet ens, jag Vrydag en Saterdag, ry weer Sondag.
3 x Nagte en 2 x jagdae, ingesluit PH of gids, Voertuig, koelkamer geriewe, skinners en BTW - selfsorg vir kos.
Karkasse word @R30-00 per KG verkoop, vel aan, pote, kop en binnegoed (hartslag ook) uit.
1 x Gemsbok/Waterbok (100kg), 1 x Blou Wildebees(120kg). 1 x Eland (180kg), 1 x Kudu (100kg ) en 4 x springbokke(18kg elk).
Op gemiddelde gewigte werk dit ongeveer R17160-00 vir die karkasse uit.
Min of meer R26160-00 per pakket. Jy kan altyd meer skiet of langer bly @ dieselfde koste.
Nie jagters of "observers" R300-00 per nag extra
R5000-00 deposito vir bespreking:
Datums: 23-27 Maart, 6-10 April, 10-14 May en 1-5 Junie.
WhatsApp my op 0824944060
Groete
Heinrich
Re: Jag Pakkette vir 2022 by Big Water Safaris Philippolis
Posted: Wed Feb 02, 2022 10:27 am
by JohanvB
Bitter Billik, jammer die Kaap is sovêr!!!
Re: Jag Pakkette vir 2022 by Big Water Safaris Philippolis
Posted: Wed Feb 02, 2022 12:42 pm
by PWV
JohanvB wrote: Wed Feb 02, 2022 10:27 am
Bitter Billik, jammer die Kaap is sovêr!!!
Johan, 800 kilometer vir jou Toyota is net om die draai. Laai 'n paar ouens op en deel die brandstof. As Heinrich nou nie so anti-bakkiejag was nie, het ek gegaan. Verder laat hy nie kopskote, waaraan ek gewoond is, toe nie

Re: Jag Pakkette vir 2022 by Big Water Safaris Philippolis
Posted: Wed Feb 02, 2022 1:05 pm
by Diesel Dog
Heinrich kan jy die 6-10 April vir my vasmaak asb.
DD
Re: Jag Pakkette vir 2022 by Big Water Safaris Philippolis
Posted: Wed Feb 02, 2022 1:15 pm
by saswart
Ek bel jou oor Mei / Junie
Re: Jag Pakkette vir 2022 by Big Water Safaris Philippolis
Posted: Wed Feb 02, 2022 1:21 pm
by JohanvB
Dink julle manne moet vir Heinrich whatsap
Re: Jag Pakkette vir 2022 by Big Water Safaris Philippolis
Posted: Wed Feb 02, 2022 2:54 pm
by jaracal
JohanvB wrote: Wed Feb 02, 2022 1:21 pm
Dink julle manne moet vir Heinrich whatsap
Dankie Johan, dit is die beste om my te whatsapp nie altyd by my rekenaar of foon het nie altyd sein op plaas nie.
Jou datums is geboek Diesel Dog
Groete
Heinrich
Re: Jag Pakkette vir 2022 by Big Water Safaris Philippolis
Posted: Wed Feb 02, 2022 2:58 pm
by jaracal
PWV wrote: Wed Feb 02, 2022 12:42 pm
Johan, 800 kilometer vir jou Toyota is net om die draai. Laai 'n paar ouens op en deel die brandstof. As Heinrich nou nie so anti-bakkiejag was nie, het ek gegaan. Verder laat hy nie kopskote, waaraan ek gewoond is, toe nie
Ek moet jou maar laat voorsit Pieter, jy sal tog nie 'n koedoe op 15 tree van die bakkie wil skiet nie.
Diere baie gewoond aan voertuie maar sodra jy loop weet hulle jy jag.
Mooiloop
Re: Jag Pakkette vir 2022 by Big Water Safaris Philippolis
Posted: Wed Feb 02, 2022 3:11 pm
by jaracal
jaracal wrote: Wed Feb 02, 2022 9:15 am
Ons sit weer 'n aantal pakkette uit vir die jaar:
Loop en jag, geen skiet van voertuig en geen kopskote.
4 x Jagters maksimum - R9000-00 (jy mag 2 pakkette koop indien jou groep uit 8 jagters bestaan) (Arriveer Donderdag middag vir inskiet ens, jag Vrydag en Saterdag, ry weer Sondag.
3 x Nagte en 2 x jagdae, ingesluit PH of gids, Voertuig, koelkamer geriewe, skinners en BTW - selfsorg vir kos.
Karkasse word @R30-00 per KG verkoop, vel aan, pote, kop en binnegoed (hartslag ook) uit.
1 x Gemsbok/Waterbok (100kg), 1 x Blou Wildebees(120kg). 1 x Eland (180kg), 1 x Kudu (100kg ) en 4 x springbokke(18kg elk).
Op gemiddelde gewigte werk dit ongeveer R17160-00 vir die karkasse uit.
Min of meer R26160-00 per pakket. Jy kan altyd meer skiet of langer bly @ dieselfde koste.
Koste per jagter per dag is dus R750-00 en karkas gewig is R30/kg indien jy langer wil bly en meer wil skiet.
Nie jagters of "observers" R300-00 per nag extra
R5000-00 deposito vir bespreking:
Datums: 23-27 Maart, 6-10 April, 10-14 May en 1-5 Junie.
WhatsApp my op 0824944060
Groete
Heinrich
Re: Jag Pakkette vir 2022 by Big Water Safaris Philippolis
Posted: Wed Feb 02, 2022 5:59 pm
by PWV
jaracal wrote: Wed Feb 02, 2022 2:58 pm
PWV wrote: Wed Feb 02, 2022 12:42 pm
Johan, 800 kilometer vir jou Toyota is net om die draai. Laai 'n paar ouens op en deel die brandstof. As Heinrich nou nie so anti-bakkiejag was nie, het ek gegaan. Verder laat hy nie kopskote, waaraan ek gewoond is, toe nie
Ek moet jou maar laat voorsit Pieter, jy sal tog nie 'n koedoe op 15 tree van die bakkie wil skiet nie.
Diere baie gewoond aan voertuie maar sodra jy loop weet hulle jy jag.
Mooiloop
Jy kan mos maar bietjie "reverse" as ons te naby aan die koedoe is!

Re: Jag Pakkette vir 2022 by Big Water Safaris Philippolis
Posted: Wed Feb 02, 2022 6:06 pm
by jaracal
PWV
Dieselstalk/cruiser bekruip backwards. Moontlik het jy nou op 'n ding afgekom wat die bakkie jagters kan help. Reverse na die bokke toe dan dink hulle jy ry weg.

Re: Jag Pakkette vir 2022 by Big Water Safaris Philippolis
Posted: Wed Feb 02, 2022 7:39 pm
by Diesel Dog
"Jou datums is geboek Diesel Dog"
Dankie.
Hoe kry jy 8 manne om binne tien minute vir n jag trip aan te meld?Noem net toevallig dat daar met die Ranch se toer bus gery word.
DD
Re: Jag Pakkette vir 2022 by Big Water Safaris Philippolis
Posted: Fri Feb 04, 2022 8:13 am
by ruaanb
Re: Jag Pakkette vir 2022 by Big Water Safaris Philippolis
Posted: Fri Feb 04, 2022 8:28 am
by PWV
jaracal wrote: Wed Feb 02, 2022 6:06 pm
PWV
Dieselstalk/cruiser bekruip backwards. Moontlik het jy nou op 'n ding afgekom wat die bakkie jagters kan help. Reverse na die bokke toe dan dink hulle jy ry weg.
Mens word nooit te oud om te leer nie!