Page 1 of 1
Motivering vir Herlisensiëring
Posted: Mon Jan 17, 2022 12:33 pm
by obasch
Het iemand dalk 'n verkortte motivering vir herlisensiëring van 'n haelgeweer vir jagdoeleindes?
My DFO vereis dit nie maar ek wil maar iets insit.
Nulagttwee viervyfses drievyfsesvyf
Re: Motivering vir Herlisensiëring
Posted: Mon Jan 17, 2022 12:36 pm
by alecjohnson
Ek is nou juis besig met myne, ek motiveer dit eenvoudig met als wat ek die afgelope paar jaar gedoen het, waar ek wapen benodig het. Ek het ook endosemente verkry, dit help ook.
Re: Motivering vir Herlisensiëring
Posted: Mon Jan 17, 2022 2:00 pm
by tripodmvr
Ek het bloot 'n bewys ingesit dat ek nog toegewyde status het. Op die vorm het ek net genoem dat ek die vuurwapen vir die doel gebruik waarvoor ek hom aangekoop het. Ek voel nie daar is verder iets nodig nie.
Re: Motivering vir Herlisensiëring
Posted: Mon Jan 17, 2022 2:17 pm
by Lategan1
Ek stem saam met Tripod, tog logies as mens daaroor dink. Hernuwing van bestaande en voortgesette gebruik soos motiveer en waarvoor aanvanklik goedgekeur....
maar onse DFO wou met rewolwer hernuwing bietjie meer as dit hê vir selfverdediging. Dit sluit in onlangse voorvalle waar jy beweeg of bly, enige ONLANGSE statistiek of ONLANGSE media berigte wat berig oor iets soos “ die derde moord die afgelope 3 maande” ens. MAW ‘n motivering wat nuwer info en statistiek weergee as 5 of 10 jaar gelede. Die hernuwing hoef wel nie so omvattend motiveer te word soos tydens die aansoek nie.
Beste.
Re: Motivering vir Herlisensiëring
Posted: Mon Jan 17, 2022 2:37 pm
by obasch
Dankie, ek het reggekom.
Re: Motivering vir Herlisensiëring
Posted: Mon Jan 17, 2022 3:49 pm
by Pvdw
tripodmvr wrote: Mon Jan 17, 2022 2:00 pm
Ek het bloot 'n bewys ingesit dat ek nog toegewyde status het. Op die vorm het ek net genoem dat ek die vuurwapen vir die doel gebruik waarvoor ek hom aangekoop het. Ek voel nie daar is verder iets nodig nie.
Oom Marius se tegniek werk vir my en almal wat ek al gehelp het maar kort motivering wat in lyn staan met die oorspronklikke 1 sal virseker nie skade doen nie. Ek reken alecjohnson se plan gaan ook mooi werk.