Page 1 of 1
Spinnekopbyte
Posted: Thu Dec 23, 2021 4:53 pm
by tripodmvr
Wie van julle het nou onlangs soiets ervaar. My vrou is al drie keer die' somer en ek eenmaal gebyt. Een van ons familielede is op haar ken gebyt en het lelike blase. Sy kry nou daagliks antibiotika binneaars. Bytplek lyk regtig naar.
Re: Spinnekopbyte
Posted: Sun Dec 26, 2021 3:29 pm
by Sako308
Hi Tripodmvr,
Baie jare gelede her Dr De Bruto Meyer in Lichtenburg ons geleer dat spinnekop en skerpioenbyte effektief behandel kan word deur so gou moontlik na 'n byt/steek so 'n warm as moontlik nat lap op die bytplek te plaas. Die gif is 'n protein en die warm water breek die chemiese struktuur af. Ongelukkig maak die byte letsels wanneer dit te ver heen is.
Baie sterkte met die familielid.
Re: Spinnekopbyte
Posted: Sun Dec 26, 2021 4:52 pm
by Capt. Yoda
Om daai Protein af te breek gaan jy efektief jou hand/gesig in kookwater moet druk of n waslap heeltyd kookwarm hou, hoe warmer jy dit maak hoe meer gaan die bloed ook vloei so die gif verspry weer vinniger
Re: Spinnekopbyte
Posted: Sun Dec 26, 2021 6:55 pm
by Ds J
Maak n flou mengsel van (voedselgraad) peroksied, gewoonlik een deel peroksied op drie tot ses dele water, afhangende van die konsentraat van die peroksied.
Smeer die mengsel gereeld oor die bytplek of wond. Om een of ander rede verlig dit die brand/jeuk, en dit vreet ook die dooie weefsel.
Re: Spinnekopbyte
Posted: Sun Dec 26, 2021 7:11 pm
by Diesel Dog
Familie lid wat in die Ooskaap woon is sou paar jaar terug gebyt na maande se behandeling het hulle haar vingers en tone geamputeer.
DD
Re: Spinnekopbyte
Posted: Mon Dec 27, 2021 7:22 am
by Dawid S
Plaas 'n stuk tamatie op die by plek en draai met 'n verband vas. vervang gereeld. dit het vir my seun gehelp.