Page 1 of 1

Geweer buite die kluis

Posted: Sun Jan 22, 2012 11:16 am
by Cobus(Cobb)
Manne.

Wat s? die wet tov 'n geweer (nie pistool), wat uit jou kar gesteel word of saam met jou kar gesteel word as jy by 'n garage/toilet stop oppad of terug van jou jagweek of skietbaan?

Pistool dra jy saam,so hy is by jou, ..., maar jy kannie in die Wimpy rondhang met jy geweer oor jou skouer nie.
Hijack is 'n ander storie, praat nie daarvan nie.

Ek luister graag

Cheers

Re: Geweer buite die kluis

Posted: Sun Jan 22, 2012 11:29 am
by Dawie D
Cobb

Een voordeel van die geweer oor jou skouer by Wimpy, Die kos gaan verniet wees.

Nee ek spot sommer net. Dis nogal n groot probleem daai.

Re: Geweer buite die kluis

Posted: Sun Jan 22, 2012 11:44 am
by james 303
Hys aan jou of in jou kluis "NO OTHER WAY"dit val onder nalatigheid jy moet maar knyp of gaan aflaai..

Re: Geweer buite die kluis

Posted: Sun Jan 22, 2012 12:55 pm
by Jagtersdok
Cobus

Om die scenario te voorkom staan iemand maar altyd by die voertuig.
As jy gehi-jack word ander storie, nie nalatigheid nie.

Wat nou nalatig en onbevoeg betref, die SAP maak so saak oop, maar die omstandighede bepaal of jy skuldig bevind sal word.
3 Voorbeelde

2011 Vrou se huishulp het haar kluis sleutel uit haar handsak gesteel, kluis oop gemaak en 38 special gesteel saam met juwele. Sys nie as nalatig of onbevoeg skuldig bevind nie.

2009 Man oppad na jag geleendheid. Jaggeweer is in die kattebak toe gesluit. Gestop by die petrolstasie. In gegaan om badkamer te gebruik. Teken by die ingang dat geen wapens toegelaat word nie. Motor gesteel, nie skuldig bevind nie.

2010 Man oppad na jagtrip. Stop by dorp om oor te slaap, kuier in die kroeg. Voertuig oop gebreek en geweer gesteel. skuldig bevind aan nalatigheid

Die is 3 gevalle waarvan ek persoonlik weet.

Re: Geweer buite die kluis

Posted: Sun Jan 22, 2012 1:21 pm
by Jagtersdok
Piet-Skiet wrote: Ons noem dit I artiekel 102 ondersoek. Ek wil net byse die hof verklaar jou onbevoeg voor jy jou oe uitvee. Elke liewe saak wat ek hanteer het al waar iemand skuldig befind was is hulle semier onbevoeg verklaar,self strafbaare manslagting en winkel diefstal!
Ek hoor jou Piet
Maar die twee gevalle wat jy nou genoem het is mense met kriminele record dan.
Diefstal met die intensie om kriminele oortreding te begaan
Strafbare manslag is daar lewe geneem en in beide gevalle is die persoon skuldig bevind.

Wat ek se is as jy skuldig bevind word aan nalatigheid gaan jy onbevoeg verklaar word.
Maar die omstandighede, jou verdediging en die landros gaan bepaal of jy wel skuldig bevind gaan word aan nalatigheid en of jy dan agv daardie bevinding onbevoeg verklaar gaan word

Re: Geweer buite die kluis

Posted: Sun Jan 22, 2012 1:51 pm
by james 303
Piet ek stem 100 persent saam met jou.Soos hulle se moenie krap waar dit nie jeuk nie

Re: Geweer buite die kluis

Posted: Sun Jan 22, 2012 1:53 pm
by Jagtersdok
Pieta

lees my eerste sin.

Om die probleem te voorkom bly staan maar altyd iemand by die voertuig.
Soos jy s? Rather safe than sorry