Page 1 of 2
So paar op die vlieg
Posted: Wed Dec 08, 2021 8:59 am
by Trompie
Re: So paar op die vlieg
Posted: Wed Dec 08, 2021 1:35 pm
by Pvdw
Paar vris karpe daar!!
Re: So paar op die vlieg
Posted: Wed Dec 08, 2021 2:48 pm
by Frederik
Netjies mooi gedoen.
Re: So paar op die vlieg
Posted: Wed Dec 08, 2021 3:41 pm
by Capt. Yoda
Netjies Trompster, daai Kooi wat jy gehad het is nogals iets om op trots te wees. Daai dam word kliphard gevis en almal is agter daai 3 aan
Re: So paar op die vlieg
Posted: Wed Dec 08, 2021 3:48 pm
by Bigfoot
Baie mooi gedoen.
Re: So paar op die vlieg
Posted: Thu Dec 09, 2021 7:53 am
by Trompie
Dankie julle
Sent from my LM-G810 using Tapatalk
Re: So paar op die vlieg
Posted: Thu Dec 09, 2021 7:56 am
by Trompie
Capt. Oblivious wrote:Netjies Trompster, daai Kooi wat jy gehad het is nogals iets om op trots te wees. Daai dam word kliphard gevis en almal is agter daai 3 aan
Het die week weer een opgetel daar maar hyt los gekom in die gras. Daar is ñ groot donker oranje een daar wat baie tippet shy is. Selfs noudat die water vuil is weier hy om ñ vlieg te vat
Sent from my LM-G810 using Tapatalk
Re: So paar op die vlieg
Posted: Thu Dec 09, 2021 8:42 am
by Geno
Baie nice! As jy nie 1000km wil ry en jouself bankrot betaal in dagfooie agter proper geelvis aan nie, gesels met my. Ek het 'n pel wat guide op die Oranjerivier onder Gariepdam en selfs op die dam self. Hy is 'n baie ervare flyfisher en kan jou op klein- en grootbek geelvis, karp, baber en dik muddies sit. Ek was Vrydag by hom en het 'n awesome tyd gehad. Tussen n klompie smallies en muddies deur het ek 6x grootbek geelvisse gevang. Nie op vlieg nie, maar wel op kunsaas. Die flyfishers wat saam was het ook 'n klompie vis gekry.
Maar al is die 'n uur en half van my huis af, ry ek steeds moreaand 1100km Vioolsdrif toe agter die monster vis van die woestyn aan

Re: So paar op die vlieg
Posted: Thu Dec 09, 2021 1:29 pm
by kudu375
Goed gedoen Trompie!
vlieg hengel is maar net iets anders
Mooi ry Geno, en kom deel asb ook jou storie en fotos
Re: So paar op die vlieg
Posted: Fri Dec 10, 2021 9:28 pm
by Trompie
Geno wrote:Baie nice! As jy nie 1000km wil ry en jouself bankrot betaal in dagfooie agter proper geelvis aan nie, gesels met my. Ek het 'n pel wat guide op die Oranjerivier onder Gariepdam en selfs op die dam self. Hy is 'n baie ervare flyfisher en kan jou op klein- en grootbek geelvis, karp, baber en dik muddies sit. Ek was Vrydag by hom en het 'n awesome tyd gehad. Tussen n klompie smallies en muddies deur het ek 6x grootbek geelvisse gevang. Nie op vlieg nie, maar wel op kunsaas. Die flyfishers wat saam was het ook 'n klompie vis gekry.
Maar al is die 'n uur en half van my huis af, ry ek steeds moreaand 1100km Vioolsdrif toe agter die monster vis van die woestyn aan

Daai is beslis op my bucket list!!! Daai oranje rivier geles spook al lank by my
Sent from my LM-G810 using Tapatalk
Re: So paar op die vlieg
Posted: Sun Dec 12, 2021 7:15 am
by airhunter
Mooi gedaan.
Verlang ek nou na Bothaville se stuk Vaalrivier.
Ons het dit sommer staatsgronde genoem.
Karp, kleinbekgeelvis, grootbekgeelvis, baber en van die grootste onderbekke als op vlieg.
Re: So paar op die vlieg
Posted: Tue Dec 28, 2021 6:53 pm
by Trompie
Re: So paar op die vlieg
Posted: Wed Dec 29, 2021 11:14 am
by Methos
Lekker man Trompie!
Gebruik jy die Carp Fritz van Sean Mills? Ek het al hordes karpe met hom uitgesleep!
Re: So paar op die vlieg
Posted: Thu Dec 30, 2021 6:06 pm
by Trompie
Methos wrote:Lekker man Trompie!
Gebruik jy die Carp Fritz van Sean Mills? Ek het al hordes karpe met hom uitgesleep!
Hey Methos. Hierdie is my eie design maar hys based op Woolie bugger maar met bead eyes.
Het vanoggend nog ñ mooi groot karp gekry. Terwyl ek besig is om die karp te pose vir Foto toe tel nog ñ groot karp die vlieg op. Kan op die foto die stok sien buig. Ek kon hom nie land nie want hoek het oopgebuig.
5 minute later antwoord ek my foon en sit stok neer op my skoot en toe tel nog iets daai vlieg op en ruk stok in die water. Ekt agter die stok probeer induik maar stok is weg. Hopelik as ek terug gaan kan ek die vlieglyn iewers sien dryf in daai area.
Sent from my LG-H870 using Tapatalk
Re: So paar op die vlieg
Posted: Sun Feb 13, 2022 8:15 am
by Trompie
Re: So paar op die vlieg
Posted: Mon Feb 14, 2022 3:03 pm
by Apie
Lekker man!!
Gooi so paar kiekies van jou kayak en setup!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: So paar op die vlieg
Posted: Wed Feb 16, 2022 11:35 am
by Trompie
Apie wrote: Mon Feb 14, 2022 3:03 pm
Lekker man!!
Gooi so paar kiekies van jou kayak en setup!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Apie
Ek vis maar 99% van die tyd op my Snowbee Float tube. Alhoewel ek 'n Hobie Cat Kickboat en klein rubberduck met trolling motor het, verkies ek die Snowbee om Karp te vang in die damme waar ek meestal vis.
Elkeen van daai het maar voordele en nadele. Ek verkies net die snowbee omdat hy onder andere kleiner en meer maneuverable is.
Ek kom visse in spots by, wat ek nooit met die Kickboat of Boot sou kon bykom nie. Buiten dit is my Kickboat se Pontoons Fibreglass en is dit noisy as golwe teen hom slaan of jy stok teen hom stamp. En sodra jy die karp se aandag op jou gevestig het deur geraas of beweging dan is jou kans bitter min om hom te kry om daai vlieg te vat.
Een nadeel van die Snowbee is dat ek baie laer in die water sit so ek sien baie van die vis eers laat en naby my, maar omdat hy so sag in die water is maak dit nie so baie saak nie en boonop pla die wind my nie so erg soos op die kickboat en Boot nie juis omdat mens laer is. Die wind waai die laaste jaar omtrent elke keer wat ek by die waters is.
Die snowbee is baie stadiger in die water as die ander 2 so ek cover minder ground maar karp op vlieg is 'n stealth game so dis ook nie 'n nadeel nie.
Die grootste voordeel van die Snowbee is dat ek hom ten volle opgeblaas agter op die bakkie het met my skepnet en flippers in die "V" gedeelte en my vrou my by enige dam net vinnig kan aflaai en ek launch letterlik binne 5 minute. Die damme wat ek vis is nie altyd so veilig langs die kant nie.
Ek gebruik 'n 8 weight Echo Base Vliegstok en Greys GTS500 katrol. Ek het baie backing op daai katrol, alhoewel mens nie so baie backing op float tube nodig het nie omdat jy agter die vis kan aan beweeg, was ek al menigte kere met karp se initial run tot in die backing gevat.
Die setup is swaar maar meeste van my vis kry ek teen die riete of selfs in die riete en daai eerste 4 of 5 sekondes besef "meeste" karps nog nie hulle is gehaak nie en dan kan ek hulle uit die riete force met die 8 weight waar my 5 of 6 weight nie daai capability het nie. Ek het babers ook al so uit die riete uit, letterlik getrek. Ek gebruik 9ft 0x of 1x tapered leaders ook vir daai rede. (Dit het ook weer voordele en nadele maar dit werk vir hoe ek vis)
Dis nou nie aparte fotos van my setup nie maar gee jou darem 'n idee.
Re: So paar op die vlieg
Posted: Sat Jul 02, 2022 11:14 am
by Trompie
Re: So paar op die vlieg
Posted: Sat Sep 17, 2022 8:28 pm
by Trompie
Vanoggend gou ñ sessie ingesit en 2 mooi karpe gekry op vlieg.
Grootste een was 12.9kg. Ander een het ek nie geweeg nie maar was nie te ver van daai gewig af ook nie.
Altwee op bubbles gevis want water was te vuil om om hulle te sight fish.
20220917_091401.jpg
20220917_081728.jpg
20220917_081558.jpg
Sent from my LM-G850 using Tapatalk
Re: So paar op die vlieg
Posted: Fri Sep 30, 2022 12:13 pm
by Trompie
Nog so enetjie
20220929_132048.jpg
Sent from my LM-G850 using Tapatalk
Re: So paar op die vlieg
Posted: Fri Sep 30, 2022 12:20 pm
by OupaZA
Welldone... mooi visse!!
Re: So paar op die vlieg
Posted: Fri Sep 30, 2022 2:06 pm
by Capt. Yoda
Tanks wat jy daar uit haal mater
Re: So paar op die vlieg
Posted: Sat Oct 01, 2022 12:46 pm
by Trompie
OupaZA wrote:Welldone... mooi visse!!
Dankie
Sent from my LM-G850 using Tapatalk
Re: So paar op die vlieg
Posted: Sat Oct 01, 2022 12:47 pm
by Trompie
Capt. Oblivious wrote:Tanks wat jy daar uit haal mater
Vanoggend nog 2 gekry maar nie so groot nie
20221001_091804.jpg
20221001_073511.jpg
Sent from my LM-G850 using Tapatalk
Re: So paar op die vlieg
Posted: Sat Nov 05, 2022 4:19 pm
by Trompie
Nog 2 gekry vanoggend. Was baie moeilike dag op die water gewees
20221105_072525_HDR.jpg
20221105_111807.jpg
Sent from my LM-G850 using Tapatalk