Page 1 of 2
6.5x55 vir Vlakte/Berg/Ribbok Jag
Posted: Sun Dec 05, 2021 7:55 pm
by Apie
Naand Manne
Mellies se bergjag roer het my bietjie laat dink.
Ons skiet almal deesdae die swaarste vir kaliber met beste BC punte wat ons kan en gebruik ons rangefinders, app’s ens. Ons gewere neig swaarder en teleskope al hoe groter.(Ekself is ook in die bootjie)
Betrokke Scenario/geweer Tikka Hunter 6.5x55 met dun loop.(sluit ook die ander dunloop jagewere in 243/6mm, ander 6.5e, 7mm’s en dalk die 308’s hier in)
Watse punt sal julle skiet en hoekom vir daai vinniger mik en druk skote op kleiner wild(maks koedoe koei)
Skoot afstande sal wissel tussen 150-450meter met dalk 1 kans om gou die naaste klip of bos met jou RX650(nie Terrapin/Gunwerks/Leica2800 etc) of soortgelyk. So as jy 15 of 20 meter uit is moet die trajek jou nie te veel in die steek laat nie.
Met die 22 duim loop lyk die 118Gr Peregrine @ 2950fps of ‘n 129 Accubond @ 2850 deur Rel 17 gedryf goed.
Wat sou jy uit jou vlakte stap en bergjag roer skiet en hoekom?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 6.5x55 vir Vlakte/Berg/Ribbok Jag
Posted: Sun Dec 05, 2021 8:08 pm
by tripodmvr
As ek 'n 6,5 gehad het sou ek 'n mono van 120gr orde skiet. Barnes TSX, TTSX. Hornady GMX. Frontier Spartan. Kriek 115/125gr.
Re: 6.5x55 vir Vlakte/Berg/Ribbok Jag
Posted: Sun Dec 05, 2021 10:31 pm
by Klein Karoo
Baie interesante draad, mag ek vrae watter teleskoop julle hier sal gebruik?
Re: 6.5x55 vir Vlakte/Berg/Ribbok Jag
Posted: Mon Dec 06, 2021 5:59 am
by Frederik
Ek is nog besig om alles aanmekaar te kry en verstellings te maak maar met 140gr S&B koeels en N560 kry ek pragtige spoed van 2745fps met hulle uit 'n 23" loop. Die bietjie toets lading wat ek getoets het het mooi groepe gegooi en op langer afstande op gonge en met die Mildot scope kon ek op 500 meter 8" groote gong kap met die tweede skoot. Beste van alles die wind het gewaai maar die wind het baie minder effek gehad as wat ek voorspel het.
Dit is Carl Gustav M96 sporterized roer met dun lopie meer as drie skote vir groepe gooi hy skoot 4 en 5 baie keer uit.
Scope op hom is Nikon Monarch 4-16 x 40 Mildot.
So as ek nou die geweer moet instel sonder die silencer op 200 meter het ek lekker ligte roer en kan die roer gebruik as my berg geweer. Volgende sessie by baan is die mildot leer waar hulle werk op verskillende afstande as ek hom op 200 meter instel.
Re: 6.5x55 vir Vlakte/Berg/Ribbok Jag
Posted: Mon Dec 06, 2021 6:35 am
by Gawie(13mm)
Ek skat so iets.
Screenshot_20211206-063425_Strelok Pro.jpg
Re: 6.5x55 vir Vlakte/Berg/Ribbok Jag
Posted: Mon Dec 06, 2021 7:53 am
by Supacow
Tikka hunter met plastic kolf. Dink hul roep hom dan tikka lite in 300 light aka 270 ai. Z5-25 bt in optiloks. Baie lig en hanteerbaar maar jys beperk tot so 550m so ver speel is uit. Om verder by te kom 20moa rail met vx3 6.5-20. Varmint reticle lekker vinnig vir jag maar die pakkie is bietjie swaarder. AB van Tonder knaldemper.
Re: 6.5x55 vir Vlakte/Berg/Ribbok Jag
Posted: Mon Dec 06, 2021 8:18 am
by Pvdw
Ek skiet meestal 156gr Norma Oryx omrede ek nie maklik vêrder as 250-300m jag nie. Toe ek so 3 jaar terug in Nam. gaan jag het het die 125gr Krieke perfek gewerk. Daar was meeste skote rondom 300m met so paar korter of langer. Vleisskade was egter opmerklik minder as verwag op springbok bladskote. Alhoewel die afstand nie veel langer as my normale Oryx resep was nie was tyd egter 'n groot faktor. As daai man die Cruiser se rem trap en afstand gee het jy enkele sekondes vir die skoot om te loop, geen tyd vir RF nie. Hier het die Krieke die Oryx ore aangesit.
Ek skiet die 125gr Krieke teen so net oor 2900ft/s uit die 22" Howa. Ek beplan volgende jaar 'n springbok voorsit jag as dinge reg uitwerk. Die 223 gaan saam vir kop en nek skote as die wind nie lol noe maar vir backup is die Kriek formule my 2de opsie.
Re: 6.5x55 vir Vlakte/Berg/Ribbok Jag
Posted: Mon Dec 06, 2021 8:56 am
by RabieL
Hierdie was nogal een van my worstelinge gewees. Was opsoek na n ligter kaliber wat ek kan gebruik om alles tot by Kudu te kan jag en die afstande in Oos Kaap is enige iets van naby tot ander kant 400 meter.
Nou wel nie n 6.5 Swede nie, maar het vir my n 6.5 Creed aangeskaf. Na baie balistiese tabelle, waar wind, energie en trajekte met mekaar vergelyk is, terwyl ek ook die Koeel se werk verrigting in ag moes neem, was die beste vir my in die hele som die 142 gr Nosler Accubond Long Range. Die koeel gee vir my aanvaarbare werk verrigting oo beide naby en ver afstande. Die ligter koeels het erge vleis skade nader en weer geen energie ver nie, mono's is baie goed en ek kraak niemand se produk af nie, maar dit voel vir my hulle laai nie altyd genoeg energie af nie, en verder afstande maak hulle nie altyd groot genoeg oop nie.
Die baie hoe BC van die 142 ABLR gee nogsteeds vir my 1500 ft.lbs op 400 meter uit my geweer uit agv die feit dat hy sy snelheid beter behou agv die 0.625 BC. Dit is die BC waarde waarteen Brian Litz hulle getoets het. Alhoewel ek nie n kortloop geweer het nie (24 duim), het ek die loop laat flute en is die geweer se gewig aanvaarbaar. Ek dink wel met Reloder17 sal mens selfs in n kortloop die koeel vinnig genoeg kan weg kry.
Volgens my huidige QL data is 2750 fps beslis haalbaar en sal gemak die verwagte reslutate lewer.
Re: 6.5x55 vir Vlakte/Berg/Ribbok Jag
Posted: Mon Dec 06, 2021 9:21 am
by Frederik
Gawie(13mm) wrote: Mon Dec 06, 2021 6:35 am
Ek skat so iets.

Screenshot_20211206-063425_Strelok Pro.jpg
Dit is baie naby ja ek skiet wel net so op 12x waarop die Mildot gestel.
Re: 6.5x55 vir Vlakte/Berg/Ribbok Jag
Posted: Mon Dec 06, 2021 9:23 am
by Capt. Yoda
Eks net hier vir die comments...
Re: 6.5x55 vir Vlakte/Berg/Ribbok Jag
Posted: Mon Dec 06, 2021 11:20 am
by Henna308
Apie
Ek skiet tans die 118gr Peregrine kombinasie op my Mauser 6.5x55 (met 560mm lang loop) teen baie dieselfde spoed. Ek het nog nie die geleentheid gehad om die kombinasie baie krities te toets nie maar kon 'n swartwildebees op 240m skiet. Resultate was meer as aanvaarbaar vir my. Ek het ook al 'n rooibok op baie kort sftand daarmee skiet . In beide gevalle was die koeëls weg en vleisskade min.
My doel was meer vir 'n vlakte kombinasie (tot op 400m) eerder as bergjag kombinasie. Ek moet byvoeg hier dat, in my ervaring, Peregrine se nuwe koeëls makliker/groter oopmaak as die eerstes wat hulle geproduseer het. Ek moet nog een herwin om dit te bevestig.
Groete
Re: 6.5x55 vir Vlakte/Berg/Ribbok Jag
Posted: Mon Dec 06, 2021 6:04 pm
by Mellies
In die 6.5 Sweed met n 22” pyp sou ek 120gr BTs laai voor RL17 vir 2940voete.
Goeie glas met n behoorlike FOV van n vervaardiger met uitstekende diens is vir my belangriker as vergroting.
Met n vleisie...
Re: 6.5x55 vir Vlakte/Berg/Ribbok Jag
Posted: Mon Dec 06, 2021 8:00 pm
by Malan123
Ek neig om saam Mellies te stem hier. My persoonlike opinie is dat optimale spoed vir kombinasie tussen bos en vlakte hier rondom 2900fps draai. Ek is ook baie lief vir die nosler Ballistic Tips. Ek neig om weg te bly van kaliber besprekings.
Op die ou einde hang dit ook baie van die skut se vermoe af. Liaan, jy kan skiet so daai nosler BTs loop baie mooi op kopskote en maak nie kwai gemors op agter die blad skote nie.
Scope hang af van budget...solank dit 'n Swaro is

Re: 6.5x55 vir Vlakte/Berg/Ribbok Jag
Posted: Thu Dec 09, 2021 5:32 am
by Apie
tripodmvr wrote:As ek 'n 6,5 gehad het sou ek 'n mono van 120gr orde skiet. Barnes TSX, TTSX. Hornady GMX. Frontier Spartan. Kriek 115/125gr.
Mono’s het verseker baie voordele maar ek is bietjie bekommerd vir ‘n langer skoot met die kleiner kalibers wanneer die mono al heelwat spoed verloor het, bv 350m plus.
Maar dan weer vir die toepassing soos hierbo behoort die bok gevolg kan word in oop terrein.
Waar ek skrikkerig sal wees is in die OosKaap met daai baie spekbome en digte bos.
Ek glo die Nosler BT sal goed kan doen daar.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 6.5x55 vir Vlakte/Berg/Ribbok Jag
Posted: Thu Dec 09, 2021 5:36 am
by Apie
tripodmvr wrote:As ek 'n 6,5 gehad het sou ek 'n mono van 120gr orde skiet. Barnes TSX, TTSX. Hornady GMX. Frontier Spartan. Kriek 115/125gr.
Mono’s het verseker baie voordele maar ek is bietjie bekommerd vir ‘n langer skoot met die kleiner kalibers wanneer die mono al heelwat spoed verloor het, bv 350m plus.
Maar dan weer vir die toepassing soos hierbo behoort die bok gevolg kan word in oop terrein.
Waar ek skrikkerig sal wees is in die OosKaap met daai baie spekbome en digte bos.
Ek glo die Nosler BT sal goed kan doen daar.
Of die Peregrine met die brass plunger wat hom makliker laat oopmaak.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 6.5x55 vir Vlakte/Berg/Ribbok Jag
Posted: Fri Dec 10, 2021 4:05 pm
by Capt. Yoda
Apie gooi daai Ballistic Tip
Re: 6.5x55 vir Vlakte/Berg/Ribbok Jag
Posted: Sun Dec 19, 2021 9:11 pm
by Apie
Dankie sovêr vir die menings/opinies manne!
Ek het nog nie hard gesoek nie maar lyk my 125gr BTips is bietjie skaars.
As iemand dalk iewers raakloop laat weet asseblief!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: 6.5x55 vir Vlakte/Berg/Ribbok Jag
Posted: Mon Dec 20, 2021 11:07 am
by Mellies
Met n vleisie...
Re: 6.5x55 vir Vlakte/Berg/Ribbok Jag
Posted: Mon Dec 20, 2021 11:27 am
by Smitstertjies
Ek sal kyk na n swaarder beter BC koel as die twistrate reg is. Trajek kan jy altyd vinnig bereken. Wind is jou vyand. Iets soos n 140gr Berger VLD Hunt of 142 Accubond Longrange
Re: 6.5x55 vir Vlakte/Berg/Ribbok Jag
Posted: Mon Dec 20, 2021 12:07 pm
by Frederik
As die weer more saam speel sal ek terugvoer gee oor my 140gr S&B koele tot op 500 meter en ingestel op 200 meter.
Mag dalk nie die hoogste BC besit nie maar om diere nie verder as 400 meter mee te skiet nie kan ek nie fout sien nie en soos laas genoem die wind was minder faktor laas op die baan. Steem saam met Martin hierbo wind is groot probleem veral in berge.
Re: 6.5x55 vir Vlakte/Berg/Ribbok Jag
Posted: Tue Dec 21, 2021 8:38 pm
by Frederik
Ons het lekker vandag gespeel wens net ons het ekstra tyd bygeboek maar na vandag op die 500 meter baan met my lading is ek vol vertroue om ribbok se kind te kan jag tot op 400 meter. Let wel dan net vir mooi dwars staan diere.
Gou die geweer in gezero op 200 meter met die klein gong van 4" by 4" en dan die gonge aangevat op 500 meter wat my verbaas het is dat ek weer gaan moet instel maar hierdie keer op 100 meter. Op 500 meter moet ek die 3rde mildot op die onderkant van die gong hou 6 uur om hom te skiet dit was op die 6" gong en dit was basies altyd in die middel. Ek vermoed as ek 100 meter zero met die kruishaar gaan die die 3rde kol dan middel van die gong moet wees op 500 en nie op 6uur nie.
Self die 4" x 4" gong ook raakgeskiet na die 2de skoot op 500m die gong het baie laag gehang met die onderkant wat basies op die grondlyn was. Dit was baie vreemd om in die grond onder die gong te mik om hom raak te skiet.
Terloops wind was lieflik vandag reg van agter af liggies gewaai.
Die wens op ekstra tyd was om te loer wat maak die mildot op 300 en 400 meter ook.
Maar my gevoel 140gr teen 2745fps vir my roer gaan goed van sy twaak kwyt.
204 Ruger ook mooi geloop op die baan jy moet net mooi luister vir raak want die gongs staan net still sien net so stofwolkie op die staal plaat.

Re: 6.5x55 vir Vlakte/Berg/Ribbok Jag
Posted: Wed Dec 22, 2021 3:12 am
by Vissie
In terme van loodkern koeëls is ‘n 120gr koeël omtrent die middeweg vir hierdie kaliber. Vir mono’s is dit aan die swaarder kant.
Vraag aan die manne wat hierdie gewig klas koeëls gebruik. Vergeleke die 130-143gr gewigsklas koeëls, verloor jy nie te veel in terme van BC as jy ‘n 120gr koeël skiet nie? Veral as daar gejag gaan word op langer afstande(300m+). Sou ‘n swaar vir kaliber, hoë BC koeël nie beter presteer nie? Ook in die geval van toestande wat dalk nie 100% ideal is nie.
Dit is maar hoofsaaklik die rede hoekom ek nog nie mono’s begin gebruik het nie.
Die ander rede is dat jy hierdie kaliber(.260 en 6.5Cr ingesluit), wat eintlik maar puik langafstand jag kalibers op klein en medium wild is, beperk met mono metaal koeëls wat nie oopmaak nie omdat impak snelhede afneem tot op ‘n punt waar die koeël nie genoeg vervorm nie.
As ‘n bosveld jagter vir my vertel hy gaan 120gr Barnes skiet maak dit vir my sin, veral as daar op wildbeeste of so gejag gaan word waar genoegsame penetrasie verkry moet word.
Ek luister graag.
Groetnis,
Vissie
Re: 6.5x55 vir Vlakte/Berg/Ribbok Jag
Posted: Wed Dec 22, 2021 6:18 am
by Danie01
Nou nie n 6.5 nie maar ek sou kyk na n .270 win of 7x64 Brenneke in Tikka hunter of light met n zeiss v4 teleskoop.
Ek sou in die 270 win 130gr koele skiet teen 2940 - 3000 fps
En in die 7x64 bren 139 / 140gr koele teen 2900 - 2950 fps
As jy meestal klein wil, blesbok en kleiner wil skiet sou ek n .243win / slr / ai skiet met 70 - 87gr koele.
As ek sonder n rangefinder moet skiet sal ek beslis nie stadiger as 2900fps wil skiet nie en eerder teen 3300fps of vinniger.
Groete
Re: 6.5x55 vir Vlakte/Berg/Ribbok Jag
Posted: Wed Dec 22, 2021 9:42 am
by Mellies
N 140gr AB @ 2750voete gaan bitttter min voordeel hê teenoor n 120gr BT @ 2900voete tot 400m met n 5m/s dwarswind. Indien die wind regtig onplesierig woel gaan jy inelkgeval nie jou roer kan stilhou om 400m skote te vat nie. Selfs op n windstildag is n ribbokkie maar klein op 400m. En op 400m sal ek graag wil sien hoe word dit gedoen vanuit enige skietposisie behalwe lê.
Indien die wind pla sal skote tot 200m beperk moet word dan beteken BC nie veel nie.
Gebruik die koeël wat jou roer die akkuraatste skiet en oefen vanuit alle skietposisies ook op dae wanneer die wind waai.
Fisiese voorbereiding om heeldag berge met rugsak en roer te klim gaan enige jagter veel meer baat as spesifieke koeël teen watter spoed ookal met n ‘lekker’ BC.
Met n vleisie...
Re: 6.5x55 vir Vlakte/Berg/Ribbok Jag
Posted: Thu Dec 23, 2021 1:05 pm
by Lategan1
Apie wrote: Sun Dec 05, 2021 7:55 pm
Naand Manne
Mellies se bergjag roer het my bietjie laat dink.
Ons skiet almal deesdae die swaarste vir kaliber met beste BC punte wat ons kan en gebruik ons rangefinders, app’s ens. Ons gewere neig swaarder en teleskope al hoe groter.(Ekself is ook in die bootjie)
Betrokke Scenario/geweer Tikka Hunter 6.5x55 met dun loop.(sluit ook die ander dunloop jagewere in 243/6mm, ander 6.5e, 7mm’s en dalk die 308’s hier in)
Watse punt sal julle skiet en hoekom vir daai vinniger mik en druk skote op kleiner wild(maks koedoe koei)
Skoot afstande sal wissel tussen 150-450meter met dalk 1 kans om gou die naaste klip of bos met jou RX650(nie Terrapin/Gunwerks/Leica2800 etc) of soortgelyk. So as jy 15 of 20 meter uit is moet die trajek jou nie te veel in die steek laat nie.
Met die 22 duim loop lyk die 118Gr Peregrine @ 2950fps of ‘n 129 Accubond @ 2850 deur Rel 17 gedryf goed.
Wat sou jy uit jou vlakte stap en bergjag roer skiet en hoekom?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Jy het redelike antwoorde gekry, maar ek vermoed ons hier weet jy is ervare, weet eintlik die antwoorde en is die insette daarvolgens, ‘n gelaaide vraag!!

(geen bybedoelings hier nie, net objektief) Jy klankbord met ander hierdie baie meer algemene voorkoms in die jagveld as wat mens soms dink, ‘n moeilike behoefte om suksesvol te hanteer, maar goeie vraag en ek sluit aan by dit reeds genoem. Hoeveel keer gebeur dit nie dat jy voel jy het verkeerde geweer veld toe gebring nie. Ek antwoord dus om ‘n invalshoek te gee wat eintlik vir my die werklike ondertoon van jou vraag is. My 2c is ook o.a. van die redes wat mens sou gebruik met vuurwapenaansoeke om dit te regverdig! Dit is ook so dat mens normaalweg baie meer kleiner wild skiet, dit is dus meer skote wat goed moet wees.
Wat vir my uitstaan soos jy dit beskryf, verg eintlik minimum twee gewere of dan twee ladings/ tipe koeëls.
> Ribbok, klein wild,
> berg, baie dwalende winde
> vlakte en berg stap, vinnig skiet
> mik en druk (hier verskil ek met jou, afstande dalk eerder min. 50m as 150m)
> naby skote
> ver skote tot by 450m!!
> ook Kudu!! (Koei)
Gegewe 6.5mm ligte Tikka, 22” loop en jy meld spesifiek Ribbok, kleiner wild en vinnig skiet, hiermee.
Ek sou die mees algemene en tipiese moontlikhede bepaal wat gaan voorkom of waarvoor ek dit tipies die meeste gaan gebruik, alvorens ek op die mees geskikte koeël besluit. Skote verder as ongeveer 300m en op Kudukoei sien ek eerder as die uitsondering in jou vraag, maar moet dit wel kan doen indien die geleentheid voorkom. Hier verwys ek na akurate afstand bepaling omrede jy bes moontlik tyd gaan hê om dit te doen sowel as baie goeie akurate skootplasing vir sekerheid. Indien ek onstabiel of onseker is oor die skoot, sal ek gemaklik die skoot verder as 350m op ‘n Kudukoei uitlos. Onthou, bo in ‘n berg jaag jou asem, so jy het elke geval tyd nodig om tot ruste te kom. Die kans is ook groot dat jy net een skiet kans op daai Kudu gaan kry, skoot moet dus reg wees.
1) Die 6.5x55 met verkeerde ligte grein @ 2900 vps+ skiet tonnels deur kleiner wild op nader afstande. Koeëlkonstruksie vir beperkte vleisskade dus sentraal, stywe tipe. (Ek skiet self ‘n Sweed, bergjag en Rooi Ribbok. Gebruik wel my .243 ook hiervoor, ‘n .223 nog beter) Enige iemand wat al Rooirib’s gejag het, weet dat met die uitdryf hulle doodstil bly lê totdat jy amper bo-op hulle is, opspring, wegspring terugwaarts of vorentoe, verg haelgeweer tipe skietvernuf om suksesvol raak te skiet.
2) Wind reeds genoem.
3) Die onbekende verhouding tussen die onderskeie tipes jag en omstandighede.
Synde ek nog nie met beide voorstelle 120gr BT en 129/130gr AB in my Sweed gejag het nie, maar hulle wel ken in my ander kalibers en jy ook met uitsondering ‘n Koedoekoei wil platgooi, sou die premium bonds my voorkeur wees, Accubond/Interbond tipes. Die 139/140/142 gaan goed werk, sal wel nie jou 2900vps gee nie. Probeer die 120gr BT Hunter soos voorgestel, evalueer net vleisskade. Die 125gr Partitions op naby skote laat tonnels, eie ervaring.
Ek moet wel meld dat die 87gr SP Interlock in my .243 @ 3070vps my nog net verbaas het op korter afstande.
Soos gesien uit my ervaring, mag dalk verskil met jou omstandighede en vertolking van kleiner wild vir die optimale koeël keuse.
Hoop dit help.
Beste.