Page 1 of 1

Kan iemand dalk virduidelik wat hier gebeur.

Posted: Thu Oct 14, 2021 5:53 pm
by SmitH
Middag. Vandag na die video gekyk waar die scope getoets is om te kyk of hy zero hou en of hy true trek. Daar was 3 skote geskiet en toes die turrets 10 klieks op en 10 klieks regs gestel en een skoot geskiet toe weer 10 klieks op en 10 regs en weer een geskiet turrets is toe weer terug gestel na zero wat foto no een sal wys, maar foto 2 wys dat die turrets nie dieselfde lesing het as foto een nie.
Groete SmitH

Re: Kan iemand dalk virduidelik wat hier gebeur.

Posted: Thu Oct 14, 2021 5:59 pm
by Gideon@1
Moet seker ‘n Tik Tok video wees.

Re: Kan iemand dalk virduidelik wat hier gebeur.

Posted: Thu Oct 14, 2021 7:27 pm
by SmitH
Die video is gemaak lank voor tik tok daar was

Re: Kan iemand dalk virduidelik wat hier gebeur.

Posted: Fri Oct 15, 2021 8:50 am
by Gawie(13mm)
Wat sê die byskrifte by die foto's?

Re: Kan iemand dalk virduidelik wat hier gebeur.

Posted: Fri Oct 15, 2021 9:15 am
by SmitH
Gaan kyk na die video miskien mis ek iets
https://youtu.be/_khjACrwkG4

Re: Kan iemand dalk virduidelik wat hier gebeur.

Posted: Fri Oct 15, 2021 9:36 am
by Capt. Yoda
hahaha nee ek verstaan ook nie lekker wat daar aan gaan nie

Re: Kan iemand dalk virduidelik wat hier gebeur.

Posted: Sun Oct 17, 2021 1:58 pm
by Alwin
'n Mooi demonstrasie van hoekom jy nie die media kan glo nie.
Die meerderheid sal nooit kan sien wat hier fout is nie.

Re: Kan iemand dalk virduidelik wat hier gebeur.

Posted: Sun Oct 17, 2021 3:23 pm
by OosKaapJagter
Redigering.

Die opname was dalk uit fokus of het swak beligting gehad en sekere dele is waarskynlik later oorgedoen. Selfs Hollywood met multi miljoen begrotings het wat hulle noem "goofs" in bykans elke film.

Hulle het waarskynlik nooit kon voorsien dat iemand die video so intensief sou bestudeer nie.

Re: Kan iemand dalk virduidelik wat hier gebeur.

Posted: Wed Nov 24, 2021 11:00 pm
by Vlakvark Soldaat
Blameer maar daai ringe vir enige en alle foute...dat daai goed nog op die mark is, kan ek nie verstaan nie!