Page 1 of 1

Vanghok ontwerp

Posted: Thu Jan 19, 2012 9:53 am
by Shindzela (Pierre)
More manne

Ek wil net graag weet of iemand my kan help met diagramme en grootes vir die bou van n vanghok vir rooikatte?
Ek het Sondag aand 3 in die pad gesien en my rooibok lammers verwyn een vir een. Skiet is buite die kwessie agv die digdheid van die veld hier by ons, en ek het die goed nog nooit ingeroep nie (het elk geval nie roep toerusting nie).

As ieman dalk kan help PM my assebleif.

Groete
Pierre

Re: Vanghok ontwerp

Posted: Thu Jan 19, 2012 7:50 pm
by Ian
Beste Pierre

Vanghokke kan enige mate he vanaf 600 *600 * 1 meter. My hokke bou ek self met twee valdeure. Die hokke is 800 * 800 by 1.6 meter. My trapplaat se sneller sit buite die hok en die plaat is veerbelaai 1.6 kg. Ek sluit 'n foto in en jy is welkom om my te kontak indien jy nog inligting wil he.

Groete Ian

Re: Vanghok ontwerp

Posted: Thu Jan 19, 2012 9:50 pm
by Bok
Pierre

600*600 is oor groot genoeg maak net seker met die lengte van die hok, dat die kat nie by die aas agter ini hok kan bykom sonder om op die plaat te trap ni. En as die kat op die plaat dat die hok se deur nie op sy rug val nie.

groete

Re: Vanghok ontwerp

Posted: Thu Jul 17, 2014 8:27 pm
by adolfxxx
Het enigeen asb vir my sketsplanne vir vanghok vir ystervarke.Dit sal waardeer word!

Re: Vanghok ontwerp

Posted: Fri Jul 18, 2014 12:01 pm
by johans
adolfxxx wrote:Het enigeen asb vir my sketsplanne vir vanghok vir ystervarke.Dit sal waardeer word!
hulle gaan sommer in n gewone rooikat vanghok,ek vang hordes

Re: Vanghok ontwerp

Posted: Fri Jul 18, 2014 1:05 pm
by Wayne
Adolfxxx, make a funnel using jackal proof netting and put it at the hole in the fence, where they are going through, works like a bomb for us.