Nuwe Ruger American rifle!!

Post Reply
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Nuwe Ruger American rifle!!

Post by Lourens »

More manne,

Het dit goedgedink om gou dievolgende te deel. Ruger het 'n nuwe wapen uitgebring vir 2012 en dit lyk nogal na 'n wenner. Dis 'n sogenamde tipies-amerikaanse geweer en is heeltemal van die grond af oor ontwerp. Ruger het 'n nuwe kolf en aksie gebruik en blykbaar skiet die geweer 'n barshou. Vir eers bring hulle hom uit in 243, 270, 308 en 30-06. Ek glo as die geweer 'n sukses is sal hulle hom volgende jaar in meer kalibers uitbring. Beste van als is sy prys, slegs $449! Hopelik sal hy prys-gewys kan kompeteer met ander wapens soos die Howa 1500 en Remington SPS DM. Kliek gerus op die onderstaande links na Ruger se webtuiste asook 'n review wat gedoen is deur Gunblast. Die geweer lyk rerig indrukwekkend vir sy prys. Die persoon wat die review by Gunblast geskryf het reken dat die geweer skitterend groepeer uit die boks uit en dat hy nie gesukkel het om heeldag sub-moa groepe met standaard fabrieksammunisie (nie premium) te skiet nie.

http://www.ruger.com/products/americanRifle/models.html

http://gunblast.com/Ruger-American.htm

So lyk die outjie....

[img width=560 height=96]http://dl.dropbox.com/u/49744679/6904.jpg[/img]

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3649
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Nuwe Ruger American rifle!!

Post by JPS »

Lourens.,
lyk goed.

groete
Jp
Swys14
Hero Member
Hero Member
Posts: 1045
Joined: Fri May 27, 2011 5:26 pm

Re: Nuwe Ruger American rifle!!

Post by Swys14 »

ek wonder wat die American sal prys...hopelik naby die Howa 1500
CZ 537 - 7x57mm Mauser
Nosler 48 - 243 Win
Savage 12 VLP DBM - 300 WSM
Tikka T3 Lite - 22-250 Rem
Glock 19
"Niks wat die moeite werd is gebeur vinnig of maklik nie"
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Nuwe Ruger American rifle!!

Post by Lourens »

Swys,

Ek hoop ook naby die Howa (R5500 - R6500), maar ek dink so tussen R7500 en R8500 is 'n meer akuraate voorspelling. Daar sal natuurlik ook die narre wees wat hom naby R10 000 sal prys.... Daar is verseker een van daai op my lysie as hulle hier land!

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
immelmanw

Re: Nuwe Ruger American rifle!!

Post by immelmanw »

Naand Manne

Ek het nou op die Shot Show na hulle gekyk. Dit was die tweede populerste item op die skou na n Sig Sauer pistool. (survey na die tyd)
Om eerlik te wees, die geweer lyk beter op n foto as wat dit voel, baie plastiek en voel maar "cheap" selfde as die Remington 770, Mosberg en ander goedkoop gewere.
Wie weet, miskien skiet hy n koek hou!

Cheers

Willem
Post Reply