Page 1 of 2

Watter teleskoop

Posted: Sun Sep 05, 2021 3:51 pm
by 6.5/284Norma
Hallo almal,

Ek het vir my 'n 6 Creedmoor met 'n 1:7.5 "twist" loop gekoop.
Glo ek sal 105 to 115 greiners oor lang afstande kan gooi en ook oor korter afstande kan gongs skiet en jag.

Watter teleskoop sal julle aanbeveel?

Ek oorweeg die:

Zeis V6 5-30
Leupold MK5HD 5-25
Element Nexus 5-20
Delta Stryker 5-30
BURRIS XTR II 5-25X50 SCR

Enige raad word waardeer.

Dankie

Re: Watter teleskoop

Posted: Sun Sep 05, 2021 4:38 pm
by Malan123
Swarovski X5...

Re: Watter teleskoop

Posted: Sun Sep 05, 2021 4:44 pm
by 6.5/284Norma
Malan123 wrote: Sun Sep 05, 2021 4:38 pm Swarovski X5...
I am not Rockefeller, I am the other feller!

Re: Watter teleskoop

Posted: Sun Sep 05, 2021 5:06 pm
by BeesBreet
Ek het die naweek bietjie deur n Element Nexus gekyk. Ek is baie beindruk…


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Watter teleskoop

Posted: Sun Sep 05, 2021 7:14 pm
by Ranger
I have 2 of the Delta Stryker’s in 4.5-30x56 and I’m more than happy with them. I doubt you’ll be sorry.

Re: Watter teleskoop

Posted: Sun Sep 05, 2021 7:38 pm
by Mellies
Leupold.

Kliphard, goeie glas, uitstekende diens!!

Met n vleisie...

Re: Watter teleskoop

Posted: Sun Sep 05, 2021 8:14 pm
by Arnold
As jy wil vêr skiet sou die Leupold en die Delta my kortlys gemaak het.

Die Leupold het meer interne verstelling en is ligter. Ek het n Delta en is baie gelukkig met hom so ek sou die Leupold probeer om te sien hoe hy vergelyk ;)

Sent from my SM-G955F using Tapatalk


Re: Watter teleskoop

Posted: Sun Sep 05, 2021 8:47 pm
by Dumbluck
Ek kan nie meer gelukkig wees met die MK5HD op my 6Creed nie

Baie lekker turret en nie so swaar soos van die ander scopes in die klas nie.

Ek sal môre my PMII ruil vir nog een.

Image
Image




Re: Watter teleskoop

Posted: Sun Sep 05, 2021 10:44 pm
by Fanie Nel
Leopold
Groete

Re: Watter teleskoop

Posted: Mon Sep 06, 2021 7:31 am
by Capt. Yoda
Soos Arnold se die Delta of Leupold

Re: Watter teleskoop

Posted: Mon Sep 06, 2021 7:51 am
by Drenalinjunkie
Op daai lys sal ek die Leupold vat as dit my persoonlike keuse was. Kyk net dat hy reguit track. Ek weet van n paar wat skeef track.

Re: Watter teleskoop

Posted: Mon Sep 06, 2021 7:56 am
by Malan123
Ek het sommer Johan se been getrek met die Swartwors. My opinie vir jag en gonge, Element, Leupold of Delta. Dink dit gaan meer oor persoonlike voorkeur tussen daai 3 as werksverrigting

Re: Watter teleskoop

Posted: Mon Sep 06, 2021 7:47 pm
by 3kus
Uit daardie lys, die Leupold Mk5. Het hom op my 308, lekker lig en glas goed.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Watter teleskoop

Posted: Mon Sep 06, 2021 8:17 pm
by joe rocket
Delta boks hoog vir sy prys.

Re: Watter teleskoop

Posted: Mon Sep 06, 2021 10:09 pm
by 6.5/284Norma
Baie dankie vir die opinies almal!

Ek is half verbaas dat niemand iets reken oor die Zeiss nie, is nogal baie hoog op my lys...

Re: Watter teleskoop

Posted: Tue Sep 07, 2021 6:22 am
by Danie01
Ek het so Zeiss v6 en is ook baie tevrede, veral as jy wil jag ook met die teleskoop. Sy glas is helder, verstel positief en die teleskoop is ook lekker lig.

Die enigste negatief vir skietbaan is dat die kruishaar dalk te dik mag wees, maar dit is weer baie lekker vir jag.

Ek het al saam met die bisley manme geskiet met daai teleskoop op 900m en ek het eintlik heel maklik daar geskiet.

Die groot en swaer taktiese teleskope is nie vir my altyd prakties op n jaggeweer nie.

Groete


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Watter teleskoop

Posted: Tue Sep 07, 2021 7:52 am
by Capt. Yoda
As jy net staal wil skiet en nou en dan bq van n bakkie af jag waar jy op al 2 elk geval n RF saam jou dra kan jy basies enige scope koop wat ordentlik stel met n reticle wat vir jou reg lyk en wat natuurlik ook genoeg interne verstelling het vir jou doel, jy sal self weet of jy met jou reticle in die wind in hou en of jy eder sal wil stel vir wind en of jy FFP of SFP verkies, as jy van Zeiss hou en hy pas jou sak koop hom. Dit is maar moeilik om ander ouens te vra om vir jou n scope te kies want 8 uit 10 gaan die een kies wat hulle het en tevrede is en die ander 2 gaan die een kies wat hulle op die meeste ouens se gewere op die baan sien en ook graag wil he.

As jy nou erenstig papier op verder afstand wil skiet (self naby ook) of iets soos PRS wil skiet raak die reticles n bq belangrikker

Daar is nie n slegte scope in daai lys van jou nie, enige een sal werk jy moet maar net besluit watse een se prys lyk vir jou die mooiste en watse een se funksies en kruis hou jy van

Re: Watter teleskoop

Posted: Tue Sep 07, 2021 11:50 am
by 6.5/284Norma
Dankie almal,

Trek die sneller op die Leupold.

Re: Watter teleskoop

Posted: Tue Sep 07, 2021 1:00 pm
by OU VOORSLAG
n Dom vraag hier van n ander hoek af, jammer as dit bietjie hijack is. Hoekom noem niemand n Vortex PST gen 2 nie, is hy so ver onder die wat genoem word?
Vra vir interesantheid, ekt een en skiet lekker met hom op my .284 tot 900m.

Re: Watter teleskoop

Posted: Tue Sep 07, 2021 1:46 pm
by joe rocket
OU VOORSLAG wrote: Tue Sep 07, 2021 1:00 pm n Dom vraag hier van n ander hoek af, jammer as dit bietjie hijack is. Hoekom noem niemand n Vortex PST gen 2 nie, is hy so ver onder die wat genoem word?
Vra vir interesantheid, ekt een en skiet lekker met hom op my .284 tot 900m.


Dit is nie op 6.5 284 se lys op sy eerste post nie. Die glas van die scopes wathy noem is beter as die pst se glas.

Re: Watter teleskoop

Posted: Tue Sep 07, 2021 2:35 pm
by Capt. Yoda
Eks nie heeltemal seker of ek sal se die PST se glas is swakker as die XTR sin nie

Re: Watter teleskoop

Posted: Tue Sep 07, 2021 4:59 pm
by Smith223
OU VOORSLAG wrote: Tue Sep 07, 2021 1:00 pm n Dom vraag hier van n ander hoek af, jammer as dit bietjie hijack is. Hoekom noem niemand n Vortex PST gen 2 nie, is hy so ver onder die wat genoem word?
Vra vir interesantheid, ekt een en skiet lekker met hom op my .284 tot 900m.
Ek het van ‘n PST gen2 na Delta stryker opgradeer en die verskil was baie duidelik sigbaar in terme van glas kwaliteit. Met die PST het ek gesukkel om die impak kolle op gongs te sien verder as 800m. Met die Delta sien ek maklik tot op 1km my impakte. Die Delta is net vir my helderder en resolusie baie beter. Self op 1.6km wat 22Mrad vereis is die glas kwaliteit baie goed. Ek het ook opgemerk dat ek met die Delta mirage makliker kan sien as ek terugkom op my paralaks se fokus afstand. Ek was mal oor die EBR7C reticle in die PST maar is nie een oomblik spyt nie. My gevoel is as ek van die Delta af wil opgradeer sal ek ‘n aansienlike klomp geld moet uithaal want die Delta boks beslis in ‘n ander prysklas as waarvoor hy verkoop word.

Net my 2c. Kry ‘n Delta ek twyfel of jy sal spyt wees.

Re: Watter teleskoop

Posted: Tue Sep 07, 2021 6:34 pm
by Ranger
OU VOORSLAG wrote: Tue Sep 07, 2021 1:00 pm n Dom vraag hier van n ander hoek af, jammer as dit bietjie hijack is. Hoekom noem niemand n Vortex PST gen 2 nie, is hy so ver onder die wat genoem word?
Vra vir interesantheid, ekt een en skiet lekker met hom op my .284 tot 900m.

Just when I thought there was finally going to be a thread about decent scopes without the “V-word”...

Vortex are great marketers.

Re: Watter teleskoop

Posted: Tue Sep 07, 2021 7:50 pm
by 6.5/284Norma
Capt. Oblivious wrote: Tue Sep 07, 2021 2:35 pm Eks nie heeltemal seker of ek sal se die PST se glas is swakker as die XTR sin nie
Ek wou nie in die "beter as" sfeer beland nie maar die XTR glas is defnitief beter. Seker een van die grootste geheime onder teleskope.

Re: Watter teleskoop

Posted: Tue Sep 07, 2021 9:12 pm
by Ajviljoen260rem
Capt. Oblivious wrote: Tue Sep 07, 2021 2:35 pm Eks nie heeltemal seker of ek sal se die PST se glas is swakker as die XTR sin nie
Capt, dan is ek def blind samet jou😬