Page 1 of 1

Raad en opinies

Posted: Sun Aug 08, 2021 11:54 am
by Lapua
Dagsê mede lede,

Ek soek bietjie advies. Ek os in die mark vir n budget Tactical scope met locking turrets en as moontlik n Zero stop. Iets onder R15000.00 . Ek soek graag die locking turrets want die scope sal op my seuntjie se geweer gaan en ek wil nie hê iets moet skuif as hy die roer dra nie. Watse voorstelle het julle?

Baie dankie,
Lapua

Re: Raad en opinies

Posted: Sun Aug 08, 2021 1:08 pm
by tripodmvr
As dit vir jag is, moet nie 16X vergroting oorskry nie. Selfs 40mm objektief is goed genoeg vir ligtoestande in Afrika. Dit maak ook dat die teleskoop ligter behoort te wees.

Lynx, Vortex, Vector ens moet jy maar liefs gaan loer op Youtube en by die groter plekke wat teleskope verkoop.

https://www.google.com/url?sa=t&rct=j&q ... YYMfweJha_

Re: Raad en opinies

Posted: Sun Aug 08, 2021 3:44 pm
by Smith223
Lapua wrote: Sun Aug 08, 2021 11:54 am Dagsê mede lede,

Ek soek bietjie advies. Ek os in die mark vir n budget Tactical scope met locking turrets en as moontlik n Zero stop. Iets onder R15000.00 . Ek soek graag die locking turrets want die scope sal op my seuntjie se geweer gaan en ek wil nie hê iets moet skuif as hy die roer dra nie. Watse voorstelle het julle?

Baie dankie,
Lapua
Ek sou kyk na ‘n tweedehandse Vortex Strike Eagle. Glas is nie iets besonders om oor huis toe te skryf nie, maar sal lekker werk vir gonge en la jag.

Re: Raad en opinies

Posted: Sun Aug 08, 2021 4:03 pm
by Lapua
Rudolph opinies? Ek moet vra.🙄

Re: Raad en opinies

Posted: Sun Aug 08, 2021 6:36 pm
by JCR
Lapua

Ek sou kyk na die Element Optics Helix, lyk na baie goeie waarde vir geld.
Karoo Outdoor het laasweek nog van hulle op `n spesiale prys gehad.

Groete
JC

Re: Raad en opinies

Posted: Mon Aug 09, 2021 8:37 am
by Mellies
Leupold Mark 3 HD.

Met `n vleisie...

Re: Raad en opinies

Posted: Tue Aug 10, 2021 6:09 am
by Lapua
Dankie, ek sal na n paat van julle voorstelle gaan loer.

Re: Raad en opinies

Posted: Tue Aug 10, 2021 8:42 am
by Wouter Roets
Mellies wrote: Mon Aug 09, 2021 8:37 am Leupold Mark 3 HD.

Met `n vleisie...
Mellies

Jy bedoel seker VX3i HD?

Groetnis
Wouter

Re: Raad en opinies

Posted: Tue Aug 10, 2021 10:03 am
by Mellies
Wouter Roets wrote: Tue Aug 10, 2021 8:42 am
Mellies wrote: Mon Aug 09, 2021 8:37 am Leupold Mark 3 HD.

Met `n vleisie...
Mellies

Jy bedoel seker VX3i HD?

Groetnis
Wouter
More uncle.

Leupold het `n goedkoper tactical reeks, die Mark 3, met dieselfde glas as die nuwe VX-3HD.

https://www.leupold.com/shop/riflescope ... ifle-scope

Prys van die VX3-HD en die Mark 3 HD gaan baie dieselfde wees as ek reg verstaan.

Met `n vleisie...

Re: Raad en opinies

Posted: Tue Aug 10, 2021 10:20 am
by Wouter Roets
My maggies Mellies, daar gaan staan en leer ek ook nou iets! Dankie vir die lessie!

Re: Raad en opinies

Posted: Tue Aug 10, 2021 10:36 am
by Supacow
Mellies is n man wat in die groot tydskrifte gepubliseer word.
Die man is op hoogte ;) ;) ;)

Re: Raad en opinies

Posted: Tue Aug 10, 2021 11:41 am
by Wouter Roets
Supacow wrote: Tue Aug 10, 2021 10:36 am Mellies is n man wat in die groot tydskrifte gepubliseer word.
Die man is op hoogte ;) ;) ;)
Duidelik! ;D

Re: Raad en opinies

Posted: Tue Aug 10, 2021 6:46 pm
by Mellies
Wouter Roets wrote: Tue Aug 10, 2021 10:20 am My maggies Mellies, daar gaan staan en leer ek ook nou iets! Dankie vir die lessie!
Plesier. ++>:

Ek leer ook nog daagliks...

Hopelik kan iemand vir ons kom terugvoering gee oor die Mark 3.

Met n vleisie...

Re: Raad en opinies

Posted: Wed Aug 11, 2021 7:50 am
by Lapua
Ek het so bietjie gesoek op die internet en dit lyk nie of iemand in SA die Mark3 aanhou nie. Of het ek half gesoek?

Re: Raad en opinies

Posted: Wed Aug 11, 2021 8:36 am
by Mellies
Lapua wrote: Wed Aug 11, 2021 7:50 am Ek het so bietjie gesoek op die internet en dit lyk nie of iemand in SA die Mark3 aanhou nie. Of het ek half gesoek?
Guns en Ammo Delmas het nou die Mark3 HD 8-24x50 op special @ R14500. Ek dink die add is op vleisboek wat ek nie het nie. Net terloops gesien.

Met `n vleisie...

Re: Raad en opinies

Posted: Wed Aug 11, 2021 9:11 am
by Lapua
Dankie. Sal hulle bel.

Re: Raad en opinies

Posted: Fri Sep 10, 2021 10:29 am
by Lapua
Dag almal,

Gedink ek gee net bietjie terugvoer. Ek het toe n kans gevat en n Element Helix gekoop en maggies is ek impressed met hoeveel scope ek vir die geld gekry het. Rerig tevrede. Ek sal die scope vir enige iemand voorstel wat in die mark is vir n budget tactical tiepe scope. Clicks is crisp en hards en die scope het mooi getrack.
Dankie vir almal se voorstelle.
Groete