Page 1 of 1
Chillie wors en droe wors
Posted: Sun Aug 01, 2021 8:10 am
by Kolhasie
Manne help asb met so resep
Ek hou van n chillie worsie en droe worsie.
ek wil graag self maak.
groete kH
Re: Chillie wors en droe wors
Posted: Sun Aug 01, 2021 10:53 am
by J le Roux
Droë wors kan jy maar gerus Crown Safari drywors gebruik, 20% Brisket/bodyfat.
Re: Chillie wors en droe wors
Posted: Sun Aug 01, 2021 11:19 am
by Kolhasie
J le Roux wrote: Sun Aug 01, 2021 10:53 am
Droë wors kan jy maar gerus Crown Safari drywors gebruik, 20% Brisket/bodyfat.
Ek doen al n hele paar jaar. wil net graag n bikie byt bysit
Re: Chillie wors en droe wors
Posted: Mon Aug 02, 2021 11:12 am
by hennief
Ek gooi sommer bietjie chillibite spice by Safari se biltong en droëwors spices.
Freddy Hirsch se chillibite spices is nogal lekker...
Re: Chillie wors en droe wors
Posted: Mon Aug 02, 2021 11:58 am
by Gian_dP
Ander opsie is om klaar gedroogde droeewors in 1cm stukke te kerf, gooi bietjie olyfolie, bruinsuiker en chiili bite spice bo-oor. Sit so bietjie byt by, kan so gevries word ook in sakkies of "vacuum packed".
Re: Chillie wors en droe wors
Posted: Tue Aug 03, 2021 6:11 pm
by Pappabeer
Die manne hier werk op n kg groen en rooi chillies op 20kg vleis. Kap fyn en saam deur meul. Werk hom met FH Kameelhout spice of Crown safari droeewors. Maar dis Zululand. Ons kan n Durban bunnychow hanteer
Re: Chillie wors en droe wors
Posted: Tue Aug 03, 2021 6:27 pm
by Carlc
N kg chillies op 20kg vleis. Nee kyk, die toilet papier gaan in die vrieskas gehou moet word.
Re: Chillie wors en droe wors
Posted: Sat Aug 07, 2021 6:50 am
by Kolhasie
Baie dankie manne. Ek gaan eers 500gram chillies probeer
Groete KH