Page 1 of 1

Springfontein, Graaff-Reinet 2021

Posted: Mon Jul 12, 2021 5:43 pm
by Gian_dP
Ons jaarlikse Pa-en-kind jag het die afgelope naweek op Springfontein plaasgevind. 4 pa's en 10 kinders het die pad uit Kaapstad vroeg Woensdagoggend aangepak. Pad was stil en ons het baie lekker gery. Net voor 14h00 op die plaas aangekom.

Flippie Loock boer al van 1996 op Springfontein met beeste, bokke, skape en wild. Vinnig gegroet en afgepak sodat ons op die alietbaan kon kom. Flippie en sy twee assistente, Jonathan en AJ, het ons mooi dopgehou om seker te maak ons kan almal darem iets raak skiet. Soos ons klaar ingeskiet het, is ons in groepe veld toe. Drie kinders kon al die eerste middag bokke gejag kry.

Image

Image

Die tweede oggend is ons uitgeplaas vir 'n voorsit jag. Wind het rustig begin, maar by amper 40km/h geëindig. Ten spyte hiervan kon meeste vannkns iets geskiet kry. Slegs een kwesbok wat later doodgeskiet was. Die middag verser voorgesit in kamp met ribbokke en swart wildebeeste.

Image
Image

Image

Image

Image

Elke aand heerlik om eetkamer tafel gekuier en later buite om die vuur.

Image

Image

Image

Eerste bok vir een van die kinders.

Image

Tweede dag is meeste van ons in die donker na 'n ander plaas net anderkant Middelburg. Hier is vir lank nooit gejag nie en die kamp het baie lechwes in wat moet af. Meestal voorsit en bakkiejag. Na die vorige dag se wind, was ons gelukkig om perfekte jagweer te hê-redelik koud, maar windstil.

Image

Image

Image

Image

Die res wat agtergebly het, het bietjie gestap agter hartebees en rooibokke aan.

Image

Image

Image

Saterdag het paar van ons nog laaste bietjie jag ingekry.

Image

Image

Image

Cherry op die koek was my eerste vlakvark! Ons was eintlik al klaar gejag toe Flippie vra of ons dalk 'n draai wil ry op sy pa se plaas om te kyk vir vlakvarke. Daar was nooit vlakvarke in daardie area nie, maar het laaste 5 jaar of so al hoe meer begin opduik.

Image

Saterdagaand het ons vir oulaas om die vuur gekuier. Was 'n ongelooflike paar dae gewees. Flippie, Liesl en hulle span het vreeslik baie moeite gedoen om seker te maak dat ons die jagtrip terdeë geniet het. Ons het daar aangekom as vreemdelinge, maar weggekry as ou vriende.

Image

Sent from my SM-G973F using Tapatalk



Re: Springfontein, Graaff-Reinet 2021

Posted: Mon Jul 12, 2021 6:00 pm
by J le Roux
Lekker Gian!

Dis mooi om die meisies ook in die veld te sien. Myne is nou 17 en jag nog elke jaar lekker saam met haar boetie en die my vriende se seuns.

In al die 6 jare het sy nog nie een foutjie op n bok gemaak nie.
Geluk met al die mooi bokke.

Re: Springfontein, Graaff-Reinet 2021

Posted: Mon Jul 12, 2021 8:06 pm
by WicusdP
Ongelooflike voorreg gewees!!

Re: Springfontein, Graaff-Reinet 2021

Posted: Tue Jul 13, 2021 5:40 am
by knipmes
Ek is seker julle het die jag (en tyd) saam baie geniet. Geluk met die mooi klomp bokke.

Re: Springfontein, Graaff-Reinet 2021

Posted: Tue Jul 13, 2021 7:01 am
by toelie
Netjies Gian

Re: Springfontein, Graaff-Reinet 2021

Posted: Tue Jul 13, 2021 7:02 am
by Diesel Dog
Wow! Dit moet lekker wees.

DD

Re: Springfontein, Graaff-Reinet 2021

Posted: Tue Jul 13, 2021 7:12 am
by Pvdw
Daai is nou klomp memories wat geen Shopping Mall ooit vir julle kan gee nie. Dis die tipe dinge wat al daai mense oor jare nog oor sal gesles en lag.

Re: Springfontein, Graaff-Reinet 2021

Posted: Tue Jul 13, 2021 7:25 am
by Toyrsi
Baie geluk.
Mooi bokke.

Re: Springfontein, Graaff-Reinet 2021

Posted: Tue Jul 13, 2021 8:22 am
by JGZ
Flippie is die man. As daar een ding is waarna ek uitsien in die jaar is dit die Springfontein jag. Bly julle het dit geniet! Fantastiese plek.

Re: Springfontein, Graaff-Reinet 2021

Posted: Tue Jul 13, 2021 8:35 am
by sako 30-06
Ai, dit lyk nou lekker. Bly julle kon die tyd in die veld saam met die familie geniet en dan het het julle nog n klompie mooi bokke ook geskiet.
Baie geluk.

Re: Springfontein, Graaff-Reinet 2021

Posted: Tue Jul 13, 2021 11:14 am
by Gian_dP
Dit was sekerlik een van die lekkerste jagnaweke ooit.

Hulle het gisteraand bietjie ekstra koue bygekry!

Image

Sent from my SM-G973F using Tapatalk


Re: Springfontein, Graaff-Reinet 2021

Posted: Tue Jul 13, 2021 12:37 pm
by Kloukat
Lekker jaloers op julle groep. Mooi gejag en geniet

Re: Springfontein, Graaff-Reinet 2021

Posted: Tue Jul 13, 2021 2:55 pm
by Chevvy SS
Wonderlike memories!

Re: Springfontein, Graaff-Reinet 2021

Posted: Wed Jul 14, 2021 7:55 pm
by honda2
Pragtig. Julle het mooi geskiet ook.

Sent from my SM-A530F using Tapatalk


Re: Springfontein, Graaff-Reinet 2021

Posted: Wed Jul 14, 2021 8:11 pm
by WihandV
Een van daai kosbare oomblikke in mens se kort tydjie hier op aarde gewees! Flippie, Liesl en die res van span Loock het ons baie bederf!

Re: Springfontein, Graaff-Reinet 2021

Posted: Thu Jul 15, 2021 7:34 am
by PWV
Pragtig, Gian. Lechwes het van die lekkerste wildsvleis at ek nog ge-eet het!!

Re: Springfontein, Graaff-Reinet 2021

Posted: Thu Jul 15, 2021 8:25 am
by Basie2
Mooi memories. Mooi mense
Dankie aan ouers wat dit saam met kinders doen.


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Springfontein, Graaff-Reinet 2021

Posted: Thu Jul 15, 2021 8:54 am
by Geno
Dit lyk soos 'n verskriklike lekker trip!

Re: Springfontein, Graaff-Reinet 2021

Posted: Thu Jul 15, 2021 10:34 am
by alecjohnson
Jis dit lyk na vet pret dankie!

Re: Springfontein, Graaff-Reinet 2021

Posted: Mon Jul 26, 2021 7:08 pm
by Mellies
Daarsy!! Mooi gemaak. Lyk soos n bitter lekker trip.

Met n vleisie...

Re: Springfontein, Graaff-Reinet 2021

Posted: Tue Oct 19, 2021 5:40 am
by Ben Remington
Dit lyk besonders lekker.

Re: Springfontein, Graaff-Reinet 2021

Posted: Fri Mar 04, 2022 10:20 am
by dawiec
Gian dit lyk of jul lekker gejag het en wild volop is. Baie mooi memories daar gebou!
Kan jy die eienaar se nommer vir my aanstuur asb?

Re: Springfontein, Graaff-Reinet 2021

Posted: Fri Mar 04, 2022 10:34 am
by Pierre1
dawiec wrote: Fri Mar 04, 2022 10:20 am Gian dit lyk of jul lekker gejag het en wild volop is. Baie mooi memories daar gebou!
Kan jy die eienaar se nommer vir my aanstuur asb?
More,

Ek sal ook graag sy kontakbesonderhede wil bekom indien moontlik?

Baie dankie en mooi loop,