Page 1 of 1
koel kamer
Posted: Sun Jan 15, 2012 9:10 am
by Francois Briedenhann
More manne
Ek is n jong man met baie planne!!Ek het gewonder of mens die TCL Aircon vir n koeler kan gebruik om jou vleis te hang en in te werk.Die TCL kan tot op 16 grade stel en dit is nogals lekker koel.Wat dink julle kan mens so iets doen?
Groete FB
Re: koel kamer
Posted: Sun Jan 15, 2012 9:59 am
by tripodmvr
Koelkamer se temperatuur moet 3 of 4 grade C wees om vleis te bewaar. Jou vleisies gaan groen marinade kry teen 16 grade.
Re: koel kamer
Posted: Wed Feb 29, 2012 9:00 pm
by basie
Francois
Hier by ons in die distrik is 'n paar manne wat sommer gewone ou aircon eenhede gebruik vir daai doel wat jy wil. Ek weet nie op watter temperature hulle werk nie.
Mooiloop
Basie
Re: koel kamer
Posted: Thu Mar 01, 2012 7:35 am
by HCVWYK
n Koelkamer is omtrent 4-5 grade C en jy kan n slagding vir n week of dalk bietjie langer hang.
Die AC eenheid teen 16 grade C sal werk maar moenie die slagding langer as 2-3 dae daar hang nie.
Re: koel kamer
Posted: Thu Mar 01, 2012 4:16 pm
by Hugo
Soos ek verstaan gaan die hoeveelheid vog wat die AC uitgee ook jou vleis affekteer.
Re: koel kamer
Posted: Wed Mar 14, 2012 11:00 am
by HCVWYK
Tydens verkoeling vind kondensasie by die binne eenheid van die AC plaas en sal dit die lug binne uitdroog. Tydens verhitting vind dit by die buite eenheid plaas en dit is hoekom dit in die winter by die buite eenheid nat is. Dus gaan jy vog verlies op die karkas he as gevolg van die kondensasie, maar die vog verlies gaan die selfde wees met die 4-5 C verkoelings eenheid.
As jy n verdamp verkoeler(evap cooler) gebruik sal jy meer vog in die lug plaas. Dit is ook hoekom die ou steenkool met water oor koelkamers wat die ou mense gebruik het so bedompig en votig was. Jy sal in elk geval nie 16 C met n verdamp verkoeler haal nie. Selfs in die droer dele van die land.
Re: koel kamer
Posted: Wed Mar 14, 2012 7:15 pm
by Jassie
HC
Ek dink by my is dit nou so droog dat ek moontlik -(min)4 grade sal haal
Groete
JAS
Re: koel kamer
Posted: Thu Mar 15, 2012 7:28 am
by HCVWYK
Hehe Jassie, nie daai tiepe droog nie.
Droe lug, n verdamp verkoeler se effektiewiteit is afhanklik van verdamping en verdamping vind makliker plaas in droe lug. Dus is dit minder efektief naby die see. Die sleg kom by n donderweer dag waar dit warm is en die ding nie wil koud maak nie.