Page 1 of 1

Help met Zero van 'n windbuks scope

Posted: Tue May 18, 2021 1:21 pm
by 264 Win Mag
Ek het 'n Diana 56 Target hunter in 177 cal. Ek het 'n nuwe Vector optics teleskoop op die geweer gemonteer op Hawke meduim ringe. Maar my elevasie vir die teleskoop het opgeraak en ek skiet 3 duim laag op 10 meter en omternt dieselfde afstand laag op 20 meter. Ek vermoed daar is fout met die scope want hy het dowwe kolle aan die buitenste rant van die lens as mens deur die scope kyk en ek kry nie die parralax lekker gestel nie. Maar ek is baie onnosel wat windbukse aanbetref so miskien doen ek iets verkeerd, sal hoer ringe help? Die geweer skiet ongelooflik en het 5 skote op 10 meter amper deur een gat geskiet met min moeite en ek is 'n gemiddelde skut. Julle manne wat air rifles ken help asb!!!

Re: Help met Zero van 'n windbuks scope

Posted: Tue May 18, 2021 1:56 pm
by alecjohnson
Ek het selfde oorgekom Ek het tans shims in op my windbuks teleskoop, die probleem is die afstande waarop gezero word is baie kort of dis wat aan my verduidelik is.

Re: Help met Zero van 'n windbuks scope

Posted: Tue May 18, 2021 3:43 pm
by 264 Win Mag
Dankie Alec

Re: Help met Zero van 'n windbuks scope

Posted: Tue May 18, 2021 3:49 pm
by Supacow
Ek zero op 50 en mik laag nader

Re: Help met Zero van 'n windbuks scope

Posted: Tue May 18, 2021 8:16 pm
by Klein Chris
Soos Alec genoem het sit n shim in. Springers is hard op n teleskoop, breek dit baie vinnig. As die windbuks sub 12 voet/pond maw 8.44gr stadiger as 800vps skiet behoort die teleskoop langer te hou. Kyk na Hawke se Airmax reeks. Kry n teleskoop met n lekker groot vergroting

In my beskeie opinie is die .177 n 50 meter geweer. Zero die geweer op 25m. Gebruik n program so chairgun om jou teleskoop se klieks uit te werk vir verskillende afstande van 9 tot 50 meter

My .177 PCP hardloop n 8.44gr JSB teen 760vps. Zero is 25m. Afstande tussen 20 en 29 meter stel ek niks nie. Teleskoop stel in 1/8. Op 50m is stel ek 46 klieks en op 9m 60 klieks