Page 1 of 1

Hawke Frontier 5x25x56 ffp milpro

Posted: Sat May 15, 2021 10:11 am
by Swanna
Dagse manne . Is daar dalk iemand wat skiet met n Hawke Frontier 5x25x56 ffp milpro teleskoop . Will graag hoor van so iemand . Asook Athlon midas tac aprs3 5x25x56?

Re: Hawke Frontier 5x25x56 ffp milpro

Posted: Sat May 15, 2021 11:27 am
by tripodmvr

Re: Hawke Frontier 5x25x56 ffp milpro

Posted: Sat May 15, 2021 2:11 pm
by Swanna
Dankie maater. Ja ek hou baie van die Athlon maar daar is ook n amper R7000.00 verskil in prys . Tyd sal my seker leer om die regte beskuit te neem . Groete .

Re: Hawke Frontier 5x25x56 ffp milpro

Posted: Sat May 15, 2021 2:25 pm
by tripodmvr
Hawke se teleskope was grootliks op die windbuks/PCP mark gerig. Ek weet nie of dit verander het in die huidige taktiese teleskoopresies nie. Athlon se stelwydte in die vertikale vlak dui op hul toerusting se toepassingsvlak. Hulle dus meer gerig op lang afstand skiet as Hawke. Vir ver skiet het jy betroubare en genoeg verstelling nodig, sowel as goeie brille wat daar doer kan sien. Athlon sal dit bied. Luister na wat Jan Kraay, Eugene, Captain en die ander manne vir jou voorstel. As die gogga jou byt wil jy netnou verder as 1000m skiet.

Re: Hawke Frontier 5x25x56 ffp milpro

Posted: Sat May 15, 2021 3:08 pm
by Swanna
Ja ja ..daai gogga maak so en hy is besig met my . Uithaal en wys bly maar die antwoord op die regte antwoord . Dankie Tripodmvr . Ek sou jou graag n link of 2 wou stuur oor Hawke maar ek weet nie hoe nie . Hulle is windbuks manne maar het groot uitgebry en het baie goeie langafstand reticles . Hulle elevation range op die 5x25x56 Frontier is net 19 waar Athlon 32 is . Dit pla my . Groete

Re: Hawke Frontier 5x25x56 ffp milpro

Posted: Sat May 15, 2021 4:11 pm
by tripodmvr
Ek het 3 Hawke's op my gewere. Die enigstes wat kwalifiseer vir lang afstande is my 223 en veral die Ruger RPR in 243. Ek het so effens gespeel met die 243 en met Jan Kraay se hulp met die teleskoop stel, kon ek darem die ghong op 600m laat raas. Jan, Cappie en Eugene neem ernstig deel aan langafstandskiet en is lede van ALRHA. Daarom my beroep om na hul raad te luister.

Kyk na die video hieronder.

https://youtu.be/q3Fqyx73BQM

Re: Hawke Frontier 5x25x56 ffp milpro

Posted: Sat May 15, 2021 5:03 pm
by Swanna
Ek het 2 Hawkes . 3x9x40 en 4x16x50 . Motivering is al wat kort gekom het . Groete