Page 1 of 1

Vortex viper pst gen ii vs bushnell forge 4.5-27x50 FFP

Posted: Thu May 13, 2021 10:05 pm
by Luhansiebrits
Hi almal. Ek Wil graag julle opinie hoor oor die bushnell forge 4.5-27x50 FFP. Oorweeg om die bushnell te koop maar vermoed die vortex se Glas is beter. Wil dit op n 6.5creedmoor sit en tot so 800meter kan skiet en ook gebruik vir jag. Sal julle se spandeer eerder die ekstra en kry die vortex of is die bushnell n goeie koop?

Groete
Luhan

Re: Vortex viper pst gen ii vs bushnell forge 4.5-27x50 FFP

Posted: Thu May 13, 2021 10:22 pm
by Smith223
Ek het ‘n PST ii op my 6.5 , maar sal beslis nie teen die huidige prys weer een koop as ek in die mark was nie. Ek is baie tevrede met die teleskoop maar R25k kan jou baie beter glas kry met presies dieselfde funksies. Vir bietjie meer as daai geld sou ek begin kyk na Element Nexus, Delta Stryker of tweedehandse Kahles 624