Page 1 of 1

Help! Tydelike lisensie motivering!!

Posted: Wed Jan 11, 2012 12:07 pm
by Hugo
Manne, help my asb, ek soek na n motivering vir n tydelike aansoek by saps. Kan iemand my dalk uithelp? Dis vir n 30.06.

Jy kan dit vir my email ook by hugof99@gmail.com dankie!

Re: Help! Tydelike lisensie motivering!!

Posted: Wed Jan 11, 2012 12:16 pm
by Gerhard
Dit is presies die selfde aansoek as die normale aansoek vir die lisensie.

Jy kan eers aansoek doen vir die lisensie as jou oorspronklike aansoek op die stelsel gerigstreer is.

Dit kos dan ook n ekstra R140 vir die tydelike aansoek.

My aansoeke wou ek ook die tydelike aansoeke doen maar dit het so vinnig gegaan nadat die aansoeke by SAPS hoof kantoor geland het dat dit nie nodig was nie.

Hoop dit help.

Re: Help! Tydelike lisensie motivering!!

Posted: Wed Jan 11, 2012 12:23 pm
by Hugo
Ok, maar het jy nie spesiale of ander motivering nodig vir tydelike aansoek nie?

Re: Help! Tydelike lisensie motivering!!

Posted: Wed Jan 11, 2012 12:42 pm
by Gerhard
nope

Re: Help! Tydelike lisensie motivering!!

Posted: Wed Jan 11, 2012 12:58 pm
by JPS
Hi Gerhard / Hugo,

Dit help om te spesifiseer in die tydelike aansoek hoekom jy die tydelike aansoek insit en die lisensie nodig het dringend met stawende Feite. Soos bv. Kompetiese wat opkom vir wat jy die wapen will gebruik of brief van plaasboer waar jy 'n booking het as bewyse andersins kan hulle baie maklik vir jou tydelike aansoek net afkeur.

Bogenoemde is addisioneel op jou gewone motivering.

Groete
JAn

Re: Help! Tydelike lisensie motivering!!

Posted: Wed Jan 11, 2012 1:15 pm
by Lourens
Hugo,

Ek het in die laaste paar maande vir 2 van my wapens tydelike lisensies gekry. Dis dieselfde motivering as jou gewone aansoek behalwe vir die feit dat jy addisioneel moet kan bewys hoekom jy die wapen nou dadelik nodig het soos JPS ook hierbo gese het. Die beste is om jaguitnodigings briewe te gebruik wat baie spesifiek is rakende die kaliber waarvoor jy aansoek doen. Bv as jy vir 'n 375 aansoek doen, sit 'n brief by dat jy kameelperd, buffel ens gaan jag op uitnodiging. As daai goed in plek is sal jy hom kry, as dit nie is nie keur hulle hom baie maklik af. Die belangrikste is die bewys dat jy hom NOU nodig het.

Groete,
Lourens

Re: Help! Tydelike lisensie motivering!!

Posted: Wed Jan 11, 2012 2:51 pm
by Hugo
Het iemand n voorbeeld van n brief wat jou werk vir mens skryf wat mens kan aanheg?

Re: Help! Tydelike lisensie motivering!!

Posted: Thu Jan 12, 2012 10:54 am
by Penkop
Hugo,

Wat ek gedoen het is om die voorsitter by my jagtersvereeniging te vra om 'n een paragraaf brief te skryf op papier met die vereeniging se briefhoof waarin hy my uitnooi om bv die Bosveld tabel te kom saam skiet en dan die skiet datums vir die volgende 3 maande te lys.

Daarby het ek in kort verduidelik dat dit die rede is hoekom ek hierdie spesifieke kaliber aangeskaf het want dit voldoen aan die Bosveld tabel se vereistes en dan heg jy net die beskrywing en re?ls van die Bosveld tabel (wat jy van SAJAG se webwerf aftrek) daarby.

En daar gaat jy!

Sterkte!