Page 1 of 2

My eerste Koedoebul

Posted: Mon May 10, 2021 10:47 am
by Trompie
Wou graag dié deel....sal probeer so kort as moontlik hou.

Ek het al kans in my lewe gehad om Koedoes te skiet maar vir een of ander rede was die geleentheid nooit "reg" nie en het ek altyd gese dat my Koedoe jag wil ek eendag spesiaal maak.

So gebeur dit dat ek 3-4 jaar terug begin beplan om my Koedoe te gaan skiet in die Noordkaap....en elke jaar van toe af, het iets voorgeval. Laas jaar het lockdown my weereens gestop letterlik ñ week voor die jag.

Uiteindelik het die dag aangebreek en is 2 weke terug oppad jagveld toe net so duskant Hotazel in die huidige "groen kalahari".
Ek wou ñ mooi bul skiet! Ek is nie gepla oor horinglengte nie. Solank my bul net uniek is.

Daar aangekom is kamp opgeslaan in ñ droeë rivierbed en onder ñ doringboom het ons die kombuis gemaak. 2 of 3 skote met die gewere sommer so in die rivierbed af het bevestig dat daar gejag kan word as die geleentheid homself bied.

Die Kalahari is dié jaar heeltemal anders as wat ek ooit sou kon dink en die gras is lank en nog groen. Plek plek sien mens die rooi duine uitsteek tussen die gras. Bome is vol blare en ruig en daar is hier en daar panne wat nog water in het.

Die boer wou weet of ons ñ draai wou gaan ry en sommer net die plaas bietjie gaan sien. Wie weet, dalk is ons gelukkig.

Dis groot wereld daar en ons het vêr gery voor ons die eerste bul laat middag teen die voet van ñ berg sien staan het. (Die oorvloed water en weiding die jaar hou baie van die wild maar in die koppe en berge) Toe ons stop toe besluit hy om so teen ñ draf stap maar aan te beweeg. Die boer het gese dis ñ mooi bul en as ek wil kan ons maar agter hom aan gaan maar dis my besluit.

Ek en Ben Remington het van die bakkie af geklim en vir hulle gese om maar aan te ry.
Ons het die bul gesien teen die berg op loop en eventueel terug loop in die rigting van waar ons hom die eerste keer gesien het.

Hyt gaan staan so ent teen die berg op by ñ groot groen bos en dis daar wat ek sy kenmerkende swart nek vir die eerste keer mooi gesien het, en besef het die oomblik is uiteindelik hier. Na 30 jaar vandat ek my eerste bok geskiet het, gaan ek dalk nou ñ geleentheid kry om die sneller trek op die Grey Ghost.

Ben wou weet hoe ver ek gemaklik was om te skiet want ons was nog ñ hele ent verby 300m van hom af. Ek wou nie fout maak nie so het gese ons moet nog nader gaan.
Eventueel het ons by ñ boom gekom 242m van die bul af waar ek gemaklik kon staan en aanle.

Bul het quartering to gestaan en ek wou hom nie voor op die been inskiet met die 300 Weatherby met ñ 180gr Vital Shock van Federal nie. Ek moes die skoot agter die voorbeen probeer insit om longe te tref. Geweet hy sal nie dadelik val met daai skoot nie maar hy sal nie ver gaan nie.

Adrenalien was hoog en ek kon my hart sien klop in die scope! Bullet drop moes 18cm wees volgens strelok so ekt effe hoër gemik....maar ekt getref waar ek gemik het...hoog! Dis skoot het vitals getref maar bok het teen die berg begin uitloop en Ben het gese as hy oor daai koppie gaan, gaan ons sukkel vandag.

Die bul het gedraai by ñ bos en weer quartering to gaan staan en ekt besluit om die skouer tog maar te skiet. Ek is op die linker skouer voor in en die koeël het ek agter teen die boud onder die vel uitgehaal later. (Skade was nogal baie het ek met die slag gesien.
Bloedvleis tot op die rug agter)

Mens kon duidelik die skoot hoor tref op daai been voor. My bul was plat.

Die berg is geklim en toe ek by die bul kom was dit ñ emosionele oomblik vir my.
Ek was bly en verlig maar tog hartseer. Ñ leeftyd se wag is verby in paar sekondes. En my bul was besonder!

Ons moes die bul uit die berg uit sleep om mooi fotos onder te gaan neem. Dit het lank gevat en was bloed sweet maar was die moeite werd.

Dis ñ baie spesiale bul met sy swart nek en ñ unieke jag gewees. Ek sou hom op geen ander manier wou jag nie.

Dankie Ben.

Ek sit so paar fotos op van die jag en my bul. Hyt 190kg uitgeslag.
20210422_172903_HDR~2.jpg
IMG-20210425-WA0135.jpg
IMG-20210425-WA0154.jpg
ImageImageImageImageImageImageImageImageImageImage

Sent from my LM-G810 using Tapatalk


Re: My eerste Koedoebul

Posted: Mon May 10, 2021 10:57 am
by Supacow
Beautiful!

Re: My eerste Koedoebul

Posted: Mon May 10, 2021 10:57 am
by Mellies
Well done!!

Dis `n pragbul.

Dankie ook vir die klompie kiekies.

Met `n vleisie....

Re: My eerste Koedoebul

Posted: Mon May 10, 2021 11:04 am
by saswart
Baie geluk! Die bul en area waar jy gejag het lyk besonders!

Re: My eerste Koedoebul

Posted: Mon May 10, 2021 11:28 am
by Trompie
Dankie julle.

Daar is koeel. Het hom nie geweeg nieImage

Sent from my LM-G810 using Tapatalk


Re: My eerste Koedoebul

Posted: Mon May 10, 2021 11:36 am
by Capt. Yoda
Lekker Trompie, dis n dik bul daai en sal verseker n bitter mooi trofee maak maar jy gaan seker nie weer sonder n Mono met daai roer jag nie ;)

Re: My eerste Koedoebul

Posted: Mon May 10, 2021 11:39 am
by naas222
baie geluk met jou mooi ervaring...
ek wil amper sê.. dis hoe n mens gaan jag..slaap in veld en kom met die minste reg. maar nou ja daai geleenthede is min.. als is vandag fancy en komersieel.

Re: My eerste Koedoebul

Posted: Mon May 10, 2021 11:41 am
by DWB
Prag bul! Baie geluk!!!!!

Re: My eerste Koedoebul

Posted: Mon May 10, 2021 11:53 am
by tripodmvr
Baie geluk. Groot bul in gewig. Pragtige trofee.

Dankie ook vir die fotos van die omgewing.

Re: My eerste Koedoebul

Posted: Mon May 10, 2021 11:56 am
by PWV
Trompie, dit is nou werklik 'n mooi bok!!! Die sweet was gladnie verniet nie. Net ware jagters (soos baie hier op Jaracal), sal weet watter gevoel deur jou spoel vandat jy die bok in die skope het totdat hy voor jou voete lê.
Geluk!

Re: My eerste Koedoebul

Posted: Mon May 10, 2021 12:00 pm
by sako 30-06
Baie geluk, dis voorwaar n besonderse bul en die omgewing maak dit soveel meer spesiaal.
Daai nek is sommer pikswart en die horings lyk ook of dit mooi diep krul.

Sal verseker n baie mooi trofee maak.
Ek hoop jy doen n shoulder mount?

Re: My eerste Koedoebul

Posted: Mon May 10, 2021 12:17 pm
by Wouter Roets
Baie geluk Trompie met n werklike mooi koedoe bul! Voorwaar n dier wat waardig is om jou eerste een van hopelik nog vele meer te wees. Lyk na n great trip in een van die mooiste gedeeltes van ons land. Jy kon nie vir beter gevra het nie.

Groetnis
Wouter

Re: My eerste Koedoebul

Posted: Mon May 10, 2021 12:22 pm
by Frederik
Baie mooi bul geluk.

Re: My eerste Koedoebul

Posted: Mon May 10, 2021 12:49 pm
by Methos
Baie mooi en baie geluk! Die Kalahari lyk mooi! Het self op Aroab gebly vir 'n paar jaar. Min dat jy die wereld so sien!

Re: My eerste Koedoebul

Posted: Mon May 10, 2021 12:54 pm
by THOMAST
Pragtige Kudu, veels geluk!
Is dit Ruger op die een foto agter die bakkie?

Re: My eerste Koedoebul

Posted: Mon May 10, 2021 2:07 pm
by JohanvB
Baie baie baie geluk met daai prag dier met 'n DROM van' n nek!!!

Re: My eerste Koedoebul

Posted: Mon May 10, 2021 2:15 pm
by ruaanb
Baie geluk met die pragtige bul.

Re: My eerste Koedoebul

Posted: Mon May 10, 2021 2:39 pm
by Chevvy SS
Geluk, pragtige bul!

Re: My eerste Koedoebul

Posted: Mon May 10, 2021 2:46 pm
by Trompie
Dankie almal.

Sent from my LM-G810 using Tapatalk


Re: My eerste Koedoebul

Posted: Mon May 10, 2021 2:47 pm
by Trompie
THOMAST wrote:Pragtige Kudu, veels geluk!
Is dit Ruger op die een foto agter die bakkie?
Hi Thomas, ja dis Ruger daai.

Sent from my LM-G810 using Tapatalk


Re: My eerste Koedoebul

Posted: Mon May 10, 2021 3:02 pm
by Toxxyc
Sjoe, pragtig. Eendag as ek groot is...

Re: My eerste Koedoebul

Posted: Mon May 10, 2021 3:08 pm
by wynis
Baie geluk! Daardie eerste Koedoe bul sal jy nooit vergeet nie. Die bul is in puik kondisie en die simetriese horings sal pragtige trofee maak. Geniet die herhinderinge van so ‘n jag!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: My eerste Koedoebul

Posted: Mon May 10, 2021 6:19 pm
by Jan Dissel
Dankie vir die deel Trompie. Dit het nou lekker gelees.
Sien self uit om vanjaar my eerste koedoe te skiet.

Re: My eerste Koedoebul

Posted: Mon May 10, 2021 6:23 pm
by Lategan1
Geluk, dit is nou ‘n meneer!

Beste.

Re: My eerste Koedoebul

Posted: Tue May 11, 2021 9:18 am
by dawiec
mooi storie en 'n pragbul!!