Page 1 of 1

Republiek Knipmes

Posted: Sat May 08, 2021 3:52 pm
by Dumbluck
Ek het die knipmes by my skoonpa gekry.

Ek het vinnig gegoogle en sien 'n paar foto's met verskillende variasies van presidente op ander messe.

Het iemand dalk meer geskiedenis oor die messe of kan julle my dalk in die regte ringting stuur om te gaan oplees?

Baie dankie
ImageImage

Sent from my SM-G973F using Tapatalk



Re: Republiek Knipmes

Posted: Sat May 08, 2021 5:21 pm
by Pappabeer
Henry Boker knipmes

Re: Republiek Knipmes

Posted: Sat May 08, 2021 11:25 pm
by Frikkie Coetzee
Pappabeer. Ek het effens ander model gehad wat gemaak was deur Solingen in Duitsland. Die wat ek gesien het was Presidente, die Groot Trek en dan ook die BoereOorlog Generaals. Ek weet egter nie veel meer nie.

Re: Republiek Knipmes

Posted: Sun May 09, 2021 7:22 am
by Andre308
My 2 seuns het elkeen ook n knipmes wat amper so lyk. Die het hulle by hulle oorlede oupa grootjie gekry.

Die een het beide Paul Kruger en De Wet op en die ander mes het vir Jan v Riebeek op.

Het self al meer inligting gesoek, maar die informasie op die internet is maar baie min.

Re: Republiek Knipmes

Posted: Sun May 09, 2021 12:25 pm
by Capt. Yoda
Ek het van hulle wat Joseph Rogers messe ook is.
Ek sal moet kyk maar eks seker dis daai selfde 4 Ooms op

Re: Republiek Knipmes

Posted: Sun May 09, 2021 1:00 pm
by OosKaapJagter
https://www.google.co.za/search?q=vinta ... AHoECAEQAA

Dit kan jou help met jou soektog. Carl Schlieper Solingen.

Re: Republiek Knipmes

Posted: Sun May 09, 2021 1:44 pm
by Silwer
Ek het ook 2 van hulle. Een sĂȘ Inox Solingen Germany en die ander Panda.Image

Sent from my SM-A015F using Tapatalk


Re: Republiek Knipmes

Posted: Sun May 09, 2021 2:37 pm
by Ds J
In die nadraai van die Tweede Vryheidsoorlog was daar enorme steun vanuit Europa, en die knipmesse het blykbaar daar ontstaan, net soos wat daar Genl de Wetstraat in baie Nederlandse dorpies is. Uiteraard het die knipmessies n goeie kopersmark in SA gevind, en baie van hulle is hierheen uitgevoer.

Re: Republiek Knipmes

Posted: Sun May 09, 2021 2:40 pm
by Ds J
Volgens hierdie bladsy gaan die geskiedenis nog verder terug:

https://www.catawiki.com/l/6343301-pock ... id=1&pid=1

Re: Republiek Knipmes

Posted: Sun May 09, 2021 9:02 pm
by Frikkie Coetzee
Ds J wrote: Sun May 09, 2021 2:40 pm Volgens hierdie bladsy gaan die geskiedenis nog verder terug:

https://www.catawiki.com/l/6343301-pock ... id=1&pid=1
Die inligting is nie reg nie.

Re: Republiek Knipmes

Posted: Sun May 09, 2021 9:34 pm
by Ds J
Dankie