Ken jou vyand
-
pieternel308
- Newbie

- Posts: 35
- Joined: Mon Feb 11, 2019 12:19 pm
Ken jou vyand
Ek sal graag my waarneming van die afgelope tyd wil deel. Ek het nou nie lank terug teen n resservaat gejag. Na 20min se roep was daar ten minste 6 jaks aan res se kant wat ek kon skiet as ek kon. Ongelukkig mag jy glad nie skiet daar en oral trail cams. Ek was 1km+- weg van jaks op my kant van draad, hulle het nie ingekom. Ek was onder hul wind, het xsight met ultra long range ir so kon seker maak hulle kom nie onder my wind. Dit het my getref, jakkalse wat op jag gemaak word het super skelm geraak en het lank terug n weerstand obtwikkel teen bakkie jag en roep metodes. Hulle het aangepas ek nie, slotsom ek sal moet aanpas om meer suksesvol te wees. Weti wat die antwoord is sal graag n opinnie of twee wil hoor? Meeste jaks wat ek skiet nou is niks nader as 250m+. Een ding weet ek, ek jag nou vir 10jr jakkals en het nog baie om te leer!
- pieter h
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm
Re: Ken jou vyand
Dalk dagroep probeer.Het al sukses gehad deur hul roetes te bepaal en op daardie pad voor te sit.
Sent from my LM-G910 using Tapatalk
Sent from my LM-G910 using Tapatalk
- naas222
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am
Re: Ken jou vyand
Wat van jy leer slagyster stel...dan pas jy ook aan
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
-
pieternel308
- Newbie

- Posts: 35
- Joined: Mon Feb 11, 2019 12:19 pm
Re: Ken jou vyand
Ja ysters stel al baie lank baie sukses. Nogi sukses met dagroep gehad. Ek dink aan baie meer veldwerk om kern gebied te bepaal. Goeie stnplekke te merk en meer strategies te werk met roep. Weg beweeg van paaie diep veld in. Dis rowwe wereld hier bakkie salli lank hou.
- naas222
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Thu Oct 19, 2017 7:59 am
Re: Ken jou vyand
as hulle op reservaat is soos jy noem dink jy nie kern gebiede is daar
222 Sako
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
3006 Ben Musgrave mod 83
12 Smith Wesson pomp aksie
-
pieternel308
- Newbie

- Posts: 35
- Joined: Mon Feb 11, 2019 12:19 pm
Re: Ken jou vyand
Nee daar was jakkalse aan my kant, ek was so 1 km+_ van hulle af. Ek het maar net besef dis hoe jakkalse moet inkom. Daar word nie gejag op resrft se grond. Mens sal seker maar meer ysters moet stel ek haat gif!
-
OosKaapJagter
- Hero Member

- Posts: 956
- Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm
Re: Ken jou vyand
My familie in die Oos-Kaap het 'n eenvoudige resep vir jakkalse. Hulle het vir die plaasvolk slagysters gekoop en sit 'n losprys van R500 op elke jakkals se kop.
Dit is ongelooflik hoe vindingryk die plaasvolk raak om jakkalse te vang vir ekstra drinkgeld. Indien in ag geneem word watse skade gely word as 'n jakkals 'n paar lammers vang, is dit 'n wedersyds winsgewende transaksie.
Dit is ongelooflik hoe vindingryk die plaasvolk raak om jakkalse te vang vir ekstra drinkgeld. Indien in ag geneem word watse skade gely word as 'n jakkals 'n paar lammers vang, is dit 'n wedersyds winsgewende transaksie.
-
pieternel308
- Newbie

- Posts: 35
- Joined: Mon Feb 11, 2019 12:19 pm
Re: Ken jou vyand
Verseker sien ook dat dit werk. Hier het ons ook baie goeie jagter maar soms oorweldig die ongedietes hom. Ek het stoel vir 4 weeler jag gebou glo dit kan help met dag roep. Mens kan sommer ysters ook stel in die proses. Ek hou van die veld en lekker on hulle in n ystr te vang. Sou net graag wou meer sukses met bakki jag en roep wou he. Weti waar die goed so geleerd geraak het nie. Ek altyd baie versigtig met onder my wind inkom, dooie grond jou wind af is fataal, hy sal dit gebruik en jou wind af kom sonder dat jy dit weet.
-
HeinM
- Sr. Member

- Posts: 497
- Joined: Sun Feb 07, 2021 4:54 pm
Re: Ken jou vyand
Dit werk baie goed verseker, maar ongelukkig vang hulle dan ook feitlik alle ander wilde diere in die veld ook. In gebiede waar die plaasvolk operate met slagysers sien jy nie meer 'n steenbok of duiker hier nie...OosKaapJagter wrote: Fri May 07, 2021 7:45 pm My familie in die Oos-Kaap het 'n eenvoudige resep vir jakkalse. Hulle het vir die plaasvolk slagysters gekoop en sit 'n losprys van R500 op elke jakkals se kop.
Dit is ongelooflik hoe vindingryk die plaasvolk raak om jakkalse te vang vir ekstra drinkgeld. Indien in ag geneem word watse skade gely word as 'n jakkals 'n paar lammers vang, is dit 'n wedersyds winsgewende transaksie.
Groetnis!
-
pieternel308
- Newbie

- Posts: 35
- Joined: Mon Feb 11, 2019 12:19 pm
Re: Ken jou vyand
Ja dis ongelukkig waar, as jy volgens Peter Schneeklith se metodes stel beperk jy die vang van onskuldige diere uiters doeltreffend. Ingelukkig is dit ongelooflik hoe hierdie metodes aangepas word en dan bly onskuldige diere in die slag. Dit gaan maar oor verantwoordelikheid, soms lyk dit of hulle wil n steenbok vang. Dis mos vleis!
