Page 1 of 1

Jaracal kreet?

Posted: Mon Dec 14, 2009 5:15 pm
by Dawie
Hallo Julle

Ons het nou die logo vir die forum nou kort ons nog 'n kreet/groet vir wanneer ons mekaar iewers raakloop.  

Wat van 'n Whah!-Whah! met 'n dro?, ligte senuagtige ondertoon soos op die DVD's?

Hmmm?

D

Re: Jaracal kreet?

Posted: Mon Dec 14, 2009 7:05 pm
by LMB
Dawie

Daai senuagtige onderste toon sou my bietjie pla!!!

Lukas

Re: Jaracal kreet?

Posted: Mon Dec 14, 2009 9:28 pm
by Louis102
Dawie

Dit is seker nie snaaks nie en iets waaroor ek veronderstel is om my te bekommer, maar my laaitie is nou so 2 en 'n half jaar oud.  Hy het van vroeg af die jakkalsroep DVD's saam met my gekyk as ek hom moes oppas.  Van sy eerste "sinnetjies" wat hy kon praat het min of meer so geklink: "Jakkals, Wha Wha Dwha!"  Ek moet seker daaraan begin dink dat sy opvoeding verder as jakkalsjag moet strek!

Groetnis
Louis

Re: Jaracal kreet?

Posted: Mon Dec 14, 2009 9:57 pm
by Ambessa
Hallo Louis102
Louis102 wrote:...laaitie is nou so 2 en 'n half jaar oud...  ...Van sy eerste "sinnetjies" wat hy kon praat het min of meer so geklink: "Jakkals, Wha Wha Dwha!"  Ek moet seker daaraan begin dink dat sy opvoeding verder as jakkalsjag moet strek!...
Korrek, maak maar vroeg-vroeg 'n goeie belegging in opvoeding - veral in veeltaligheid... ;)

Ambessa

Re: Jaracal kreet?

Posted: Mon Dec 14, 2009 10:21 pm
by Louis102
Ambessa
Ambessa wrote: ... maak maar vroeg-vroeg 'n goeie belegging in opvoeding - veral in veeltaligheid... ;)
Ja nee my Oom, sy Pa sukkel maar met die tale.  Weet blykbaar nie eers wat 'n "fly-by-night" is nie.  Kry 'n mens so 'n begrip en help bietjie met die betekenis asb.

Louis

Re: Jaracal kreet?

Posted: Mon Dec 14, 2009 10:25 pm
by Louis102
Ambessa wrote: Korrek, maak maar vroeg-vroeg 'n goeie belegging in opvoeding - veral in veeltaligheid... ;)
O ja, en dink die Oom nie dit is 'n bietjie vroeg om die laaitie op Tewis se jakkalstaal kursus te sit nie?

Re: Jaracal kreet?

Posted: Mon Dec 14, 2009 10:28 pm
by Ambessa
Hallo Louis102
Louis102 wrote:
Ambessa wrote:... maak maar vroeg-vroeg 'n goeie belegging in opvoeding - veral in veeltaligheid... ;)
...sy Pa sukkel maar met die tale.  Weet blykbaar nie eers wat 'n "fly-by-night" is nie.
...moet darem meer as net jakkietaal kan praat... ;)

Ambessa

Re: Jaracal kreet?

Posted: Tue Dec 15, 2009 10:36 am
by Dawie
Louis ;D ;)

Re: Jaracal kreet?

Posted: Tue Dec 15, 2009 11:07 am
by JACQUES BOTHA
AM:
WAAR KAN EK JOU PLAKKERTJIES AFLAAI OF MOET EK SOMMER HULLE PLAK OP JOU NUWE BENZ ?
oF HET HULLE NOF NIE DIE NUWE BENZ AFGELAAI NIE?
gROETNIS
JB

Re: Jaracal kreet?

Posted: Tue Dec 15, 2009 8:29 pm
by Ponkie
Hallo almal

Ek is nog nie lank op die forum nie, en is maar nog eintlik 'n laaitie, maar ek stel baie belang en 'n paar Ooms het my na die forum verwys vir hulp.
Ek sien die " wha wha " van Oom Heinrich op hierdie post en nou het ek net 'n vragie rondom dit...

Die naweek was Ek en die Oom saam wie ek jag uitgeroep na 'n plaas waar daar dringed gehelp moet word, want die Jakkies het alreeds meer as 70% van die lammer-oes in 'n spesifieke kamp weggevat! Ons is direk na die probleem-area en het die nes raakgery... Ons het sommer met die kiss of death die 5 jong opgeskote jakkalse ingeroep en geskiet, maar die teef was 'n perd van 'n ander kleur! Sy het wel windaf ingekom, maar die oom kon haar vir niks in die wereld Stop nie! Hy het 'n paar keer Oom Heinrich se "wha wha" probeer, maar sy is steeds op vrye voet! ??? Het iemand dalk vir my raad rakende hierdie saak? Dalk 'n alternatief of iets? 

Re: Jaracal kreet?

Posted: Tue Dec 15, 2009 8:34 pm
by tafjak
Ponkie

Gaan sou gou moontlik terug en roep van ander plek(500-900 weg). Jakkals baklei4 gekombineer met haas en kleinjakkie distress kan sukses bring.

Re: Jaracal kreet?

Posted: Tue Dec 15, 2009 8:43 pm
by Ponkie
Baie dankie Oom! Ek dink ek en Buurman moet bietjie daardie "wha wha" oefen terwyl ons sit en gesels oor die vleispryse so op Sondae middae! Daar is mos nie eitlik veel wat ons kan doen hier in die Willowmore distrik nie...! haha! Ek dink vir eers moet ons daardie skelm teef uitlos, ons wil haar nie nog meer skelm maak nie! Daar is darm nou 5 minder bekke wat eet! Elke bietjie help se hulle...

Re: Jaracal kreet?

Posted: Wed Dec 16, 2009 11:48 am
by Dawie
Hallo Ponkie

Ou moet maar versigtig wees met geluide van die bakkie af as jy met versigtige (agterdogtige) jakkalse te doen het,  dis partykeer beter om bek te hou en te wag dat hy self stop.  Bv. Wanneer die roeper 'n ent weg van die bakkie is en jy probeer jak nader na die bakkie toe trek met "the kiss" skrik party jakkalse vir die klank wat nou uit 'n ander rigting kom,  dit gebeur ook met die "Whah" as jy hom probeer stop.  Ander kere weer as jy "kiss" gooi skop hulle turbo's is na die bakkie toe,  maar jy is nie altyd seker hoe oulik daai jakkie is waarmee jy nou te doen het nie.

Het dit nou al paar keer gesien gebeur.  Dit maak natuurlik die jagtery nog meer senutergend ;)

My 2c uit bietjie ondervinding
Cheers

Dawie

Re: Jaracal kreet?

Posted: Thu Dec 17, 2009 10:30 pm
by Ja3
Jaracal, Jaracal, is die span.
As Jaracal nie kan nie, wie kan dan?!

Re: Jaracal kreet?

Posted: Fri Dec 18, 2009 7:42 am
by Cois
Ponkie

Jy kan maar luister wat Taffie vir jou se. As jy te lank wag sal jy nie so lekker met haar instink kan smokkel nie en dan die hele oefening op n ander plan moet benader.

Cois

Re: Jaracal kreet?

Posted: Fri Dec 18, 2009 7:43 am
by KSV
Halooooo! Daaaa! ?