Page 1 of 1

Klong se eerste bok

Posted: Tue Apr 27, 2021 3:45 pm
by vossie1
Ons was vir my jongste se 7de verjaardsdag bietjie Hoedspruit toe op die famielie plaas en hy het n kaans gekry om sy eerste bok te skiet. Ek is maar n ongeduldige man maar het hom toegelaat om als self te doen en te besluit of hy reg is vir die skoot of nie.Die man het my baie beindruk met n perfekte skoot en hy het regtig so mooi geluister en sy eie ding perfek gedoen. Sako .222rem met lott 007 pmp fabrieks ammo,ek het so 50 boksies by my neef oorgekoop wat sy pa klomp jare terug gekoop het.

Groete
Vossie

Re: Klong se eerste bok

Posted: Tue Apr 27, 2021 3:53 pm
by ruaanb
Baie geluk aan die jong man!

Re: Klong se eerste bok

Posted: Tue Apr 27, 2021 3:57 pm
by tripodmvr
Iemand gaan drome droom en sy maats mal maak oor sy eerste bok. Baie geluk aan hom en pa wat sy seun mooi geleer het.

Re: Klong se eerste bok

Posted: Tue Apr 27, 2021 4:21 pm
by Sako75
.222 is ‘n tier!

Re: Klong se eerste bok

Posted: Tue Apr 27, 2021 5:41 pm
by PWV
Vossie, geluk man, en dra dit ook oor aan die dapper klong!!!

Re: Klong se eerste bok

Posted: Tue Apr 27, 2021 6:47 pm
by Nico de Jager
Sommer n móói ram daarby!! Baie geluk aan die grootman!

Re: Klong se eerste bok

Posted: Tue Apr 27, 2021 6:49 pm
by DWB
Baie geluk jongman! Dis ñ bul van ñ ram!

Re: Klong se eerste bok

Posted: Tue Apr 27, 2021 7:11 pm
by JPS
Baie geluk aan die jong man, prag bok ook wat hy neergetrek het.

Re: Klong se eerste bok

Posted: Wed Apr 28, 2021 6:11 am
by Ben Remington
Baie geluk...dit is ñ baie mooi bok.

Re: Klong se eerste bok

Posted: Wed Apr 28, 2021 7:31 am
by vossie1
Baie dankie almal,ja dit is n besonderse eerste bok. Dit het nou al n maand terug gebeur maar die hele prentjie speel nog voor my af hoe perfek die man hom van sy taak gekwyt het. Hy het leterlik soos n verandwoordelikke jagter als perfek gedoen,hel dit was beslis n trotse oomblik. Dit is snaaks hoe n mens selfs jou eie kinders verskillend hanteer! met sy broer Eric ook toe 7 jaar oud was ek gladnie bekommerd om hom sy eerste dier (vlakvark) te laat skiet nie want hy is Mnr hoofseun, doen altyd die regte ding, Ben is nou weer die die wille wragtig, nog voor hy twee was het hy al steke x2 arm gebreuk 4x operasies op die arm ens gehad,die man maak van pyn n joke. Ek was bang dat hy te confident (windgat) gaan wees en net skiet omdat skiet,skiet is. Hy het my verkeerd bewys en dit in homself is vir my n moerse wen.

Re: Klong se eerste bok

Posted: Wed Apr 28, 2021 8:34 am
by saswart
Baie geluk aan seun en pa! Dit lyk op foto of beide ewe trots is!

Re: Klong se eerste bok

Posted: Wed Apr 28, 2021 9:08 am
by Methos
Baie geluk!

Re: Klong se eerste bok

Posted: Wed Apr 28, 2021 10:39 am
by kudu375
Baie geluk aan die jagter en die pa.
voorwaar 'n trotse eerste oomblik.

Baie dankie vir die deel.

Re: Klong se eerste bok

Posted: Wed Apr 28, 2021 11:26 am
by Frederik
Geluk netjies gedoen !!!!

Re: Klong se eerste bok

Posted: Wed Apr 28, 2021 12:07 pm
by Toyrsi
Baie geluk

Re: Klong se eerste bok

Posted: Wed Apr 28, 2021 4:57 pm
by alecjohnson
Jis dis voorwaar 'n prag Ram! Geluk alby pa en seun!

Re: Klong se eerste bok

Posted: Thu Apr 29, 2021 9:24 am
by Wouter Roets
Vosman

Baie geluk aan beide van julle. Dit is verseker lekker as dinge mooi loop veral soos jy se dat jy maar redelik skepties was oor die uitkoms. Lekker as jou bloedtjies jou so verras, n mens se bors swel amper na die grote toe jy hulle vir die eerste keer in jou arms kon toevou. Hierdie is verseker iets wat n mens sal koester tot in lengte van dae.

Groetnis
Wout

Re: Klong se eerste bok

Posted: Thu Apr 29, 2021 9:11 pm
by joe rocket
Ag lekker Vossie, geluk aan die jong man. Ek onthou my klong se eerste bok soos gister. Geniet hierdie oomblikke hulle raak vinnig groot. My dogter het maandag haar eerste rooibok geskiet ek was eger nie saam gewees nie, maar sy gaan verseker Augustus saam my jag. Sy wil graag n springbok, koedoe, eland, bloubees en enige iets wat verby kom skiet. Ons het maar berus op n springbok.

Re: Klong se eerste bok

Posted: Fri Apr 30, 2021 1:45 pm
by Johan L
Baie geluk Vossie.

Ek hoop die man het n peer gekry, maar met n pa soos jy is ek seker die mannetjie is bietjie afgestof. :laugh:

Mooi bok man. Leer die man om tog vas te hou as hy agterop n bakkie staan ook... :-[

Groete by die huis.

Re: Klong se eerste bok

Posted: Mon May 03, 2021 7:26 am
by vossie1
Dankie vir die gelukwense almal, Johan ek glo mos nie in daai bloedsmeer pere vretery nie.

Re: Klong se eerste bok

Posted: Mon May 03, 2021 7:57 am
by Johan L
More,

ja nee wat. Ek grap net. Ek self ook nie n groot peer eter nie... Ons het vir Hannes ook net n paar strepe oor die gesig getrek. Mens wil hulle mos nie afsit van jag op daardie ouderdom al nie. Maar geluk. Dit maak n pa darem trots as dinge so mooi verloop het. Mens weet mos wat alles verkeerd kan loop op so n uitstappie. Pa is mos meer gestres as die jagter met so n eerste ondervinding.

Re: Klong se eerste bok

Posted: Mon May 03, 2021 3:12 pm
by vossie1
Ja dis baie waar, stres maar op elke bok nog