Page 1 of 1
Fooi om vuurwapen te her-blou
Posted: Mon Apr 26, 2021 2:23 pm
by Killzone
Nie seker dit is die toepaslike plek nie, maar ek vra maar nogsteeds.
Ek het onlangs n kwotasie gekry vir die herblou van 'n kombinasie geweer, en n pistool. Prys was R2200 en R1800 onderskeidelik. Dit is vir my nie die moeite werd nie.
Ek het n paar jaar terug... Seker so 7/8 jaar terug R650 betaal om my pistool te her blou.
Is dit maar die prys deesdae?
Re: Fooi om vuurwapen te her-blou
Posted: Mon Apr 26, 2021 2:36 pm
by tripodmvr
Loer op Google oor ander maniere van staal "blou". Cyclops op Youtube het al sulke demos gedoen.
Re: Fooi om vuurwapen te her-blou
Posted: Mon Apr 26, 2021 2:40 pm
by tripodmvr
Re: Fooi om vuurwapen te her-blou
Posted: Mon Apr 26, 2021 3:38 pm
by Killzone
Dankie Oom T
Re: Fooi om vuurwapen te her-blou
Posted: Mon Apr 26, 2021 4:52 pm
by alecjohnson
Ek het ook uitgevind wat dit kos om te her blou, ek het daarteen besluit en my gewere laat ceracote. (ek het net my cz75 en onlangs my 243 se aksie profesioneel laat doen) res het ek self gedoen met dink Wheeler cerami cote spuit blik en die roere naby warm vuur "gebak" en dit hou nou al seker 8 jaar mooi. het my daai tyd R590 gekos vir die doen van 3 gewere(aksie loop en mag) net my 375 sin begin afkom op loop, maar dis oor ek nie daai roer jammer kry nie sy moet werk en kry maar stampe(dis hoe my nuutste telleskoop op haar gegroet het).
Re: Fooi om vuurwapen te her-blou
Posted: Mon Apr 26, 2021 7:05 pm
by Killzone
Dankie AJ.
Ek sien dit is ook plaaslik beskikbaar.
Re: Fooi om vuurwapen te her-blou
Posted: Mon Apr 26, 2021 7:23 pm
by DWB
Maklik tot R4000 vir ñ slotaksie geweer deesdae...
Re: Fooi om vuurwapen te her-blou
Posted: Mon Apr 26, 2021 8:46 pm
by Alwin
Goeie blouwerk kos geld. As iemand dit goedkoper kan doen, is daar 'n rede hoekom dit goedkoop is. Oorweeg die tuis-blou metodes. Dis gewoonlik die koste van behoorlike toerusting wat mense keer om dit self te doen.
Vir naby aan dieselfde prys kan jy 'n Cerakote afwerking kry. Dit is baie meer duursaam en beskerm ook beter teen roes, maar of dit in jou smaak sal val is 'n ander vraag. Cerakote het 'n "gun blue" afwerking beskikbaar. Onthou net dat dit 'n dowwe ("matt") afwerking gaan wees. Cerakote kan ook tuis gedoen word, maar gaan steeds nie goedkoop wees nie.
Afhangende van die wapen, kan mens ook Gunkote oorweeg. Dis goedkoper as blou en Cerakote, maar nie naastenby so duursaam soos Cerakote nie.
Re: Fooi om vuurwapen te her-blou
Posted: Tue Apr 27, 2021 8:38 am
by Killzone
Dankie vir die terugvoer Deon en Alwin. Soos ek genoem het was een van my ouer pistole al twee keer her-blou. Omdat die pistool gedra was, het hy gereeld 'Holster-rash' gekry. Ceracote was n opsie, maar dit was duur daardie tyd. As ek maar net van die begin af dit gedoen het. Maar ek het toe die derde keer eerder Hydrodip probeer. Dit het baie langer gehou en die pistool is toe so verkoop ook.
Ek wil graag 'n. 22/410 geweer mooi maak vir die seun. Dit is n baie ou geweer met min waarde. So ek wil nie te veel spandeer nie.
Ek kyk nou baie sterk na die roete wat Alec gevolg het. Vir R1000 kan ek twee, dalk 3 wapens n nuwe baadjie gee. Ek sal wel nog kyk na ander opsies en kwotasies kry.
Baie dankie vir almal se insigewende bydraes.
Re: Fooi om vuurwapen te her-blou
Posted: Tue Apr 27, 2021 7:49 pm
by Alwin
Killzone wrote: Tue Apr 27, 2021 8:38 am
Dankie vir die terugvoer Deon en Alwin. Soos ek genoem het was een van my ouer pistole al twee keer her-blou. Omdat die pistool gedra was, het hy gereeld 'Holster-rash' gekry. Ceracote was n opsie, maar dit was duur daardie tyd. As ek maar net van die begin af dit gedoen het. Maar ek het toe die derde keer eerder Hydrodip probeer. Dit het baie langer gehou en die pistool is toe so verkoop ook.
Ek wil graag 'n. 22/410 geweer mooi maak vir die seun. Dit is n baie ou geweer met min waarde. So ek wil nie te veel spandeer nie.
Ek kyk nou baie sterk na die roete wat Alec gevolg het. Vir R1000 kan ek twee, dalk 3 wapens n nuwe baadjie gee. Ek sal wel nog kyk na ander opsies en kwotasies kry.
Baie dankie vir almal se insigewende bydraes.
Oorweeg ook 'n "cold blue" opknapping. Mens koop die pasta of vloeistof by die wapenhandelaars. Ek gebruik dit gereeld om blink kolle weer blou te kry. Dit is heelwat minder duursaam as 'n behoorlike herblou, maar kos ook bitter min. Maklike proses ook en min toerusting benodig. Wend maar 'n paar lae aan vir 'n mooi egalige donker blou. Sodra die afwerking dan weer verweer het, kan dit net so maklik weer opgeknap word. Dit behoort dan te hou tot die jongman die geweertjie ontgroei het.
Met meerloop-gewere soos 'n dubbelloop of kombinasie, is die lope soms aanmekaar gesoldeer. Die gewone warm blou proses vreet en smelt die soldeersel, wat die geweer dan totaal ruineer. Ek sou die kombinasie geweertjie dus glad nie warm blou nie.
Re: Fooi om vuurwapen te her-blou
Posted: Tue Apr 27, 2021 8:47 pm
by Killzone
Dankie Alwin.
Ek het al Permablue in die verlede gebruik. Dit het mooi gewerk op my 303 Brt. Maar hierdie kombinasie sal meer liefde nodig hê. As 'n foto dit maar net kan wys soos wat dit regtig lyk.
Re: Fooi om vuurwapen te her-blou
Posted: Wed Apr 28, 2021 8:05 am
by Capt. Yoda
Ek het ook al die perma blue kit gebruik op ouer windgewere en dit werk nogals goed.

Re: Fooi om vuurwapen te her-blou
Posted: Wed Apr 28, 2021 11:44 am
by HeinM
Ek het ook my .22 se loop en Hornet se magasyn self goedkoop gecoldblue. Dit het nogal heel goed uitgekom, tot my verbasing.
Maar professionele her-blou is baie duur. Het hierdie van Sabi Rifles se website geleen. Lyk my hulle doen 'n goeie job.
Gun Bluing:
Gun Bluing is a finish we get from a chemically controlled rust process. Originally it was done in a process we call rust bluing today. An acid formula is applied to the metal surface after which the rust process is accelerated is a sweat box and then after it is rusted completely red, the metal slowly turns gun metal blue when boiled in distilled water. By slowly we really mean slowly, which makes it a quite expensive process to do today.
Today we have bluing salts available which is a much quicker process and cheaper to run. Unfortunately the chemical boils at 130 degreed celsius which is close to the melting point of mostly lead based solders used to fit sights and to join double barrel guns, and the PH of the chemical also quite aggressively dissolves lead. this will cause your sights and double barrels to separate while trying to apply this type of bluing. Sights are refitted by fitting screws but unfortunately your double barrel gun will be ruined.
The originality and value of the firearm will determine which process is used.
Groetnis!