Page 1 of 1
Oplossing vir muise/rotte wat hond vriendelik is
Posted: Wed Apr 21, 2021 7:35 am
by japievan
More almal
Ek sit met n taamlike plaag van rotte by my huis. Sou graag net gif wil uitsit, maar is bang my honde eet die dooie rotte en vrek daarvan.
Is daar enige raad wat iemand het van 'n produk of metode wat ek kan gebruik om van die rotte ontslae te raak?
Groete,
Re: Oplossing vir muise/rotte wat hond vriendelik is
Posted: Wed Apr 21, 2021 7:54 am
by alecjohnson
Emmer water met graan op water, het dit by lodge gebruik. hoe groter die houer hoe beter, gooi half vol of 3/2 (rant moet net hoog genoeg wees dat al bol hul op mekaar kan hul nie uit spring nie. hul versuip. Het ook al idees gesien met eenrigting hokke wat blykbaar goed werk, maar ek self het nog nie gebruik.
Rotvalle?
Oplossing vir muise/rotte wat hond vriendelik is
Posted: Wed Apr 21, 2021 8:29 am
by BeesBreet
Meeste rot gif wat op rakke vrylik beskikbaar is is nie sistemies en gaan jou Honde niks maak indien hul die dooie rot vreet nie...
Die gif Sal wel skade maak indien die hond dit vreet.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Oplossing vir muise/rotte wat hond vriendelik is
Posted: Wed Apr 21, 2021 8:44 am
by Eduard Venter
Ek het al 'n magdom muise gevang met sulke kontrepsies. Welding rod deur die kan en 'n bottel wat baie maklik draai daarop. Smeer grondboontjiebotter op die bottel en posisioneer 'n plankie sodat die muis/rot kan opklim. Sodra hy begin smul draai die bottel en hy val in die water en versuip. My meeste is 22 muise in een trap in 'n aand.
Sent from my Nokia C2 using Tapatalk
Re: Oplossing vir muise/rotte wat hond vriendelik is
Posted: Wed Apr 21, 2021 2:46 pm
by japievan
Baie dankie almal.
Die problem met valletjies is dat dit net een per slag gaan vang en teen daai tempo gaan ek nie wen nie. Sal bietjie die ander twee probeer.
Re: Oplossing vir muise/rotte wat hond vriendelik is
Posted: Wed Apr 21, 2021 4:54 pm
by Ds J
Supa-kill by die koöperasie. Dit werk regtig stadig en roei na enkele weke die hele kolonie uit.
Die enkele een wat die hond vang maak blykbaar nie skade nie.
Plaas die gif in n bakkie langs n pyp of balk waar hulle gereeld beweeg.
Ander moontlikheid is soetwyn, maar dan sal jy moet karkasse optel. Wyn in m bakkie vir twee of vier aande, en dan n skoot vinnige gif op die vyfde aand.
Re: Oplossing vir muise/rotte wat hond vriendelik is
Posted: Wed Apr 21, 2021 6:59 pm
by Zuku
50/50 Pollyfilla en strooisuiker met bak water. As rot in dak sterf stink hy nie.
Re: Oplossing vir muise/rotte wat hond vriendelik is
Posted: Wed Apr 21, 2021 7:41 pm
by JJV
My oupa het ook altyd suiker en sement gemeng, maar jou honde kn dit dalk ook aantreklik vind en skielik dodelik hardlywig word. Sterkte!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Oplossing vir muise/rotte wat hond vriendelik is
Posted: Wed Apr 21, 2021 8:15 pm
by Wanna
Weet nie hoe veilig vir honde nie, maar heel mieliepitte natgemaak met antifreeze haal die rotte vinnig uit
Re: Oplossing vir muise/rotte wat hond vriendelik is
Posted: Thu Apr 22, 2021 8:13 am
by Capt. Yoda
Eduard Venter wrote: Wed Apr 21, 2021 8:44 am
Ek het al 'n magdom muise gevang met sulke kontrepsies. Welding rod deur die kan en 'n bottel wat baie maklik draai daarop. Smeer grondboontjiebotter op die bottel en posisioneer 'n plankie sodat die muis/rot kan opklim. Sodra hy begin smul draai die bottel en hy val in die water en versuip. My meeste is 22 muise in een trap in 'n aand.
Sent from my Nokia C2 using Tapatalk
Daai lyk soos Covid 22
Re: Oplossing vir muise/rotte wat hond vriendelik is
Posted: Thu Apr 21, 2022 6:09 pm
by CharltoV
japievan wrote: Wed Apr 21, 2021 7:35 am
More almal
Ek sit met n taamlike plaag van rotte by my huis. Sou graag net gif wil uitsit, maar is bang my honde eet die dooie rotte en vrek daarvan.
Is daar enige raad wat iemand het van 'n produk of metode wat ek kan gebruik om van die rotte ontslae te raak?
Groete,
Hi Japie,
Gif is een oplossing, om 'n lokval te stel ook.
Die ander manier om van hulle ontslae te raak is om self 2 troetelrotte aan te neem en die in 'n hok naby die waarneemde nes van die wilde rotte.
Rotte is baie territoriaal en die troetelrotte word heelwat groter as selfs jou standaard Bruin rot en baie groter as die gewone swart rot.
Die reuk en teenwoordigheid van die sal die wilde rotte laat migreer na jou buurman se huis.
Indien jy nie regkom met die gif, of hulle kan uitwus met 'n luggeweer nie, probeer maar die troetelrotte.
Groetnis.
Re: Oplossing vir muise/rotte wat hond vriendelik is
Posted: Thu Apr 21, 2022 9:16 pm
by BenJacobs
Ek volg aandagtig.
'n muis het vandag amper my ranger afgeskryf... Noggal 'n eienaardige gevoel as 'n muis teen jou been opklim teen 140km op die N2. Die ou wat agter my was het seker gedink ek is gesuip.
Groete Ben
Re: Oplossing vir muise/rotte wat hond vriendelik is
Posted: Sat Apr 23, 2022 7:25 pm
by CharltoV
BenJacobs wrote: Thu Apr 21, 2022 9:16 pm
Ek volg aandagtig.
'n muis het vandag amper my ranger afgeskryf... Noggal 'n eienaardige gevoel as 'n muis teen jou been opklim teen 140km op die N2. Die ou wat agter my was het seker gedink ek is gesuip.
Groete Ben
Ben, vir motorvoertuie verkoop Liqui Moly 'n produk met die naam Mader Spray, dit was op 'n tyd te koop by Obaru, maar aanlyn op hulle webwerk ook, baie effektief om die knaagdiere uit die voertuig te hou.
Re: Oplossing vir muise/rotte wat hond vriendelik is
Posted: Sat Apr 23, 2022 8:08 pm
by JJV
Ek het grootgeword op die plaas met bottel deksels wat suiker en sement gemeng op gehad het, probeer dit….
Sent from my iPhone using Tapatalk