Page 1 of 1
Henne ophou eiers produseer -
Posted: Fri Apr 16, 2021 1:26 pm
by Dirk777
Hi Manne en Maninne,
Ek het raad nodig. Ek het 5 Koekoek henne, +- 3 jaar oud... Nooit siek nie, altyd genoeg kos en water, in 'n veilige hok naby my slaap kamer.
Hulle het altyd vir my so 4 tot 5 eiers eleke dag gegee. 2 Maande terug erf ek 2 ou Koekoeks van 'n vriend.... Ek hou hulle eers appart, sodat hulle mekaar gewoond raak...... eier produksie loop mooi.....selfs nadat ek die hok oop maak dat almal saam kan loop
So 2/3 weke terug, skielik hou al my hoenders op met eiers le.... 1 eier vir die laaste ruk......... Ek verander to hulle kos, van "Le- pitte" na "Chick-Chick"
Ek sit nou met 7 henne, En nog steeds niks eiers nie. Hulle lyk nie siek nie, hulle baklei nie met mekaar nie.
Kan dit dalk voel griep wees? Die een baie ou hen, sit baie en slaap....
Ek is in Alberton.
Raad nodig asb.
Re: Henne ophou eiers produsser - Voel griep?
Posted: Fri Apr 16, 2021 1:28 pm
by cassie_calvinia
myne ook ophou le, en eks in calvinia
Re: Henne ophou eiers produseer - Voel griep?
Posted: Fri Apr 16, 2021 1:33 pm
by Dirk777
Cassie, ek het selfs vir hulle almal 'n klein dosis, Ivermex gegee... geen verskil. Hulle het nog nooit voorheen ophou le, soos die slag nie. Wat kan dit wees?
Re: Henne ophou eiers produseer - Voel griep?
Posted: Fri Apr 16, 2021 1:37 pm
by prohunt
Dirk777 wrote: Fri Apr 16, 2021 1:33 pm
Cassie, ek het selfs vir hulle almal 'n klein dosis, Ivermex gegee... geen verskil. Hulle het nog nooit voorheen ophou le, soos die slag nie. Wat kan dit wees?
Dirk is dit nie dalk verveertyd nie? Kyk of daar baie los vere rondlê. Hoenders se lêpatrone verander met verveertyd en dit is nou seisoenale oorgangstyd.
Die goeie nuus is dit kom gewoonlik reg sodra hulle klaar verveer het. Oppas net kos verander kan dan ook 'n invloed hê. Ek sou nie die kos verander het vanaf lêpille af nie.
Die ou hen kan dalk ook al uitgelê wees.
Re: Henne ophou eiers produseer - Voel griep?
Posted: Fri Apr 16, 2021 1:49 pm
by Eduard Venter
Ek is geen kenner nie maar ek dink prohunt is reg, dis maar draai van die seisoene.
My koekoeke lê nog mooi maar dis nog warm by ons in die bosveld.
Sent from my Nokia C2 using Tapatalk
Re: Henne ophou eiers produseer - Voël griep?
Posted: Fri Apr 16, 2021 2:28 pm
by Supacow
Ek het gehoor as mens ivomec in die henne se maermerries invryf hul dan begin melk gee
Re: Henne ophou eiers produseer - Voël griep?
Posted: Fri Apr 16, 2021 2:35 pm
by Riaan Kriel
Dirk777 wrote: Fri Apr 16, 2021 1:26 pm
Hi Manne en Maninne,
Ek het raad nodig. Ek het 5 Koekoek henne, +- 3 jaar oud... Nooit siek nie, altyd genoeg kos en water, in 'n veilige hok naby my slaap kamer.
Hulle het altyd vir my so 4 tot 5 eiers eleke dag gegee. 2 Maande terug erf ek 2 ou Koekoeks van 'n vriend.... Ek hou hulle eers appart, sodat hulle mekaar gewoond raak...... eier produksie loop mooi.....selfs nadat ek die hok oop maak dat almal saam kan loop
So 2/3 weke terug, skielik hou al my hoenders op met eiers le.... 1 eier vir die laaste ruk......... Ek verander to hulle kos, van "Le- pitte" na "Chick-Chick"
Ek sit nou met 7 henne, En nog steeds niks eiers nie. Hulle lyk nie siek nie, hulle baklei nie met mekaar nie.
Kan dit dalk voel griep wees? Die een baie ou hen, sit baie en slaap....
Ek is in Alberton.
Raad nodig asb.
Dirk as dit voëlgriep was was hulle almal al lankal dood... Prohunt is 100% reg met die verveertyd en seisoenoorgang... Dit het 'n groot effek op sekere voëls se gedragspatrone ten opsigte van eiers lê en broei.
Die lovebirds en African-greys begin nou eers sterk te broei. Kokketiele broei ook nou weer 'n laaste rondte voor die winter inskop en van die ander papagaaie/voëls is sterk besig om te verveer en sal so teen einde middel/einde augustus weer nesaktief raak en begin broei in september/oktober se kant.
Re: Henne ophou eiers produseer - Voël griep?
Posted: Fri Apr 16, 2021 9:19 pm
by Gideon@1
Die is van n man wat hoeders baie goed verstaan.
Boodskap vanaf hom netso geplaas.
Ek sou reken daai henne het ophou le omdat die seisoen gedraai het herfs toe. Die dae word korter en hoenders gaan so Maart se kant in n "verveer" fase in wat dan veroorsaak dat hulle nie eiers le nie. Hulle sal weer hier in middel na einde Julie se kant begin le. Die feit dat hulle op graan is (breek mielies en sorghum) maak dit eintlik bietjie slegter omdat hulle meer vet rondom hulle ovarium deponeer en dus langer gaan vat om te le as die dae weer bietjie langer word.
Ek twyfel sterk of dit voelgriep is - in elk geval nie H5N8 nie want dan sal hulle almal dood wees binne 48-72h.
Mooo loop!!!
Re: Henne ophou eiers produseer - Voël griep?
Posted: Sun Apr 18, 2021 9:30 pm
by gho
Dirk, my hoenders verveer nou en het ook ophou le.
Dit is maar 'n staduim waardeur hulle gaan.
gho
Re: Henne ophou eiers produseer - Voël griep?
Posted: Mon Apr 19, 2021 7:53 am
by Dirk777
Baie dankie vir almal se raad.
Re: Henne ophou eiers produseer -
Posted: Thu Jun 17, 2021 1:43 pm
by Dirk777
Ek wou net laat weet dat my hoenders wel weer begin eiers le soos altyd. Dankie aan almal wat geantwoord het.