Page 1 of 1

Met geweer skiet wat se lisensie nog in hernuwings proses is

Posted: Mon Apr 12, 2021 1:55 pm
by Conna Howa
Goeie Middag

Ek wil graag by julle hoor, as mens klaar aansoek in gegee het vir handwapen liksens om hernu te word, kan mens steeds daardie handwapen rond dra en met hom skiet of moet hy nou in die kluis lê vir 'n jaar? rede hoekom ek vra is, want ek het nou net vir SAPS gebel en hulle het gesê dit gaan tot 'n jaar vat net om die lisensie te hernu.

Byvoorbaat dankie.

Re: Met geweer skiet wat se lisensie nog in hernuwings proses is

Posted: Mon Apr 12, 2021 2:11 pm
by saswart
Ja jy kan met hom jag. Die Wet se jou lisensie is geldig totdat hul besluit het op jou hernuwingsaansoek (Sien Art 24(4)). Ek sou net bewys dat jy wel aansoek gedoen het vir hernuwing maar by jou he net vir ingeval...