Page 1 of 1

Rooi Hartebees

Posted: Fri Apr 09, 2021 3:28 pm
by Umshwati Boy
Het my eerste Rooi Hartebees by ‘n vriend se Plaas gejag verlede maand. 120m skoot. Die Bul was quartering away van my.


7B406562-FEA3-4FEA-8B34-EB92700AF62E.jpeg


CF3ADDDC-494F-4926-A4B2-E4EFF4C61A2F.jpeg


300 Win Mag - Barnes TSX 180gr


FD04547A-CBFC-460D-92AA-60FA7C8A787C.jpeg

Re: Rooi Hartebees

Posted: Fri Apr 09, 2021 4:15 pm
by Leon Crous
Lekker man!
Interresant dat daai 180gr TSX op daai afstand nie ten volle gepennetreer het nie... ek sien jy sê quartering away,maar waar het jy punt herwin?
Vra maar net vir interresantheidshalwe.
Groete.

Re: Rooi Hartebees

Posted: Fri Apr 09, 2021 4:49 pm
by DWB
Baie mooi.
Lekker vleis daai

Re: Rooi Hartebees

Posted: Fri Apr 09, 2021 5:23 pm
by Frederik
Netjies, met 'n blaser nogal! :laugh:

Re: Rooi Hartebees

Posted: Fri Apr 09, 2021 5:32 pm
by tripodmvr
Bok is omgeblaas !!!!!

Re: Rooi Hartebees

Posted: Fri Apr 09, 2021 6:29 pm
by jdpretorius
Jis daai is n baie mooi hartie
.....het jy dalk horings gemeet ?

Sent from my SM-A515F using Tapatalk



Re: Rooi Hartebees

Posted: Fri Apr 09, 2021 6:32 pm
by JDKey
Mooi dik horings op daai rhb.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Rooi Hartebees

Posted: Fri Apr 09, 2021 7:30 pm
by Klein Karoo
Manne ek ken nie sy vleis nie, wat maak julle met hom?

Re: Rooi Hartebees

Posted: Fri Apr 09, 2021 11:20 pm
by Eduard Venter
Mooi bul, geluk!

Klein Karoo, die vleis is maar gewone wildsvleis. Baie lekker. Ek maak wors, patties, biltong, droëwors, fillets, kerrie sosaties ens.

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk


Re: Rooi Hartebees

Posted: Sat Apr 10, 2021 12:19 am
by Klein Karoo
Dankie Eduard, wraggies ek kan nou doen met n kerrie sosatie of 2.

Re: Rooi Hartebees

Posted: Sat Apr 10, 2021 9:57 am
by Umshwati Boy
Die Koeel is so 20cm agter die regte skouer in. Het die Linker skouer gebreek en was net onder die Vel. Ek dink die Hoeer spoed speel’n negatiewe rol vir penetrasie.. miskien op 200m sal sit deurgaan??

Vleis is lekker. Het hoopsaklik Biltong, Wors en chilli sticks gemaak. Is al klaar.

Het nie die horings gemeet nie.

Ja die Blaser kan maar as hy moet, alhoewel dit net ‘n R93 is..

Re: Rooi Hartebees

Posted: Sat Apr 10, 2021 10:13 am
by tripodmvr
Ek het 'n 150gr TSX onder die vel gekry na dit die skouer van 'n BWB gebreek het. Daardie skouerknoppe is baie hard en die koeëls sal stop na hulle reeds hul werk in die pompkamer gedoen het en dan die been breek.

Re: Rooi Hartebees

Posted: Sat Apr 10, 2021 11:02 am
by Frederik
EK spot net oor die blaser hulle werk en het baie kliente veral Swede gehad wat met blasers kom jag het.
Enigste negatiewe is dat die jagters baie keer die aksie nie ver genoeg agtertoe getrek het nie as hulle opgewonde was en dit was gevolg deur die dreuning van 'n harde "Click!" so paar Sweedse #@& ***** ###@@@!!! en daarna verder geskiet na hulle weer gelaai het.

Dit sal my altyd bybly en was skreeusnaaks elke keer as ek daarna terugdink.

Re: Rooi Hartebees

Posted: Sat Apr 10, 2021 12:39 pm
by jdpretorius
Umshwati Boy wrote:Die Koeel is so 20cm agter die regte skouer in. Het die Linker skouer gebreek en was net onder die Vel. Ek dink die Hoeer spoed speel’n negatiewe rol vir penetrasie.. miskien op 200m sal sit deurgaan??

Vleis is lekker. Het hoopsaklik Biltong, Wors en chilli sticks gemaak. Is al klaar.

Het nie die horings gemeet nie.

Ja die Blaser kan maar as hy moet, alhoewel dit net ‘n R93 is..
....ek raai nou maar van jou foto af maar vermoed daai is net dalk RW size

Sent from my SM-A515F using Tapatalk



Re: Rooi Hartebees

Posted: Sat Apr 10, 2021 3:13 pm
by Capt. Yoda
Ja is n mooi bees daai. Glo hy sal RW maak

Re: Rooi Hartebees

Posted: Mon Apr 12, 2021 4:11 pm
by Bosvark34
Baie Mooi Bok. Ek sal like om te weet wat meet daai Horings.