Top heavy geweer

Post Reply
User avatar
JacquesvT
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Mon May 22, 2017 6:12 pm

Top heavy geweer

Post by JacquesvT »

Ek wil jul mening hoor oor iets wat my jare al pla.
Ek het n cz 550lux 308, met n lynx lx3 5-30 x 56 scope.
Ek het al n paar ladings gedoen, met my gun, tikka x 2, marlin. Elke keer het dit vir my gevoel die ander guns is meer steady, maar het maar gedink dis net my verbeelding.
Maar nou doen ek my laaitie se tikka 308 met n vortex viper hs 4-16 x 44, selle storie. Ek hou sy gun steady soos die graf, maar met my eie gun kry ek dit net nie reg nie.
Nou wonder ek, my scope is overkill ek weet, maar is my kombinasie nie dalk top heavy nie? Is dit dalk die rede dat ek my gun net nie kan stilhou nie, en direk na my gun die volgende gun dood steady.
Of wat die duiwel kan dit wees, want ek het al skroewe gecheck, kolf skroewe, enige ding.
My lynx scope weeg so 1.4kg..
Wat sê julle?

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

CZ550 LUX 308 met Lynx LX3 5-30 x 56
CZ-P07
Thunderhead
Hero Member
Hero Member
Posts: 512
Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am

Re: Top heavy geweer

Post by Thunderhead »

Hi Ek verstaan nie mooi wat jou pla nie. Praat jy van geweer steady hou uit die vuis uit of van bench af. Maar dan praat jy van skroewe check of hul vas is?
User avatar
JacquesvT
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Mon May 22, 2017 6:12 pm

Re: Top heavy geweer

Post by JacquesvT »

Skuus ek verduidelik soos my vrou....
Dis bench skiet op skietsak. Ek het die kolf se boute gecheck, en scope mount boutjues, alles is vas.


Sent from my SM-G973F using Tapatalk

CZ550 LUX 308 met Lynx LX3 5-30 x 56
CZ-P07
Thunderhead
Hero Member
Hero Member
Posts: 512
Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am

Re: Top heavy geweer

Post by Thunderhead »

Ek het gevind ek skiet op my lekkerste as die gun se kolf lank genoeg is en die scope mounts is nie te hoog dat ek nie n goeie cheek weld kry nie.
Thunderhead
Hero Member
Hero Member
Posts: 512
Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am

Re: Top heavy geweer

Post by Thunderhead »

Ek het so Lynx ek ruil hom tussen my 308 en 6.5 as ek langer afstand wil skiet omdat hy meer elevation kan stel as my ander scopes. Kan eerlik se ek geen probleem met hom het om raak te skiet.
User avatar
JacquesvT
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Mon May 22, 2017 6:12 pm

Re: Top heavy geweer

Post by JacquesvT »

Ja sien die cheek weld is ook n verdere issue as ek nou daaraan dink. Ek moes al padding opsit op die kolf bokant anders raak net my ken se punt. Met die padding is dit darem my wangbeen.
Scope is nie te hoog gemount nie, hy kan nie laer nie, seker so 8mm gap tussen die lens en loop.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

CZ550 LUX 308 met Lynx LX3 5-30 x 56
CZ-P07
User avatar
HunterB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 340
Joined: Fri May 15, 2015 12:05 pm

Re: Top heavy geweer

Post by HunterB »

JacquesvT wrote: Sun Apr 04, 2021 3:44 pm Ja sien die cheek weld is ook n verdere issue as ek nou daaraan dink. Ek moes al padding opsit op die kolf bokant anders raak net my ken se punt. Met die padding is dit darem my wangbeen.
Scope is nie te hoog gemount nie, hy kan nie laer nie, seker so 8mm gap tussen die lens en loop.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Dink ook dit is eerder jou probleem, ek het self n 550 in 9.3, sy scope is n x42 so hy sit nie eers vreeslik hoog nie en hy voel baie ongemaklik omdat jou wang nie behoorlik "weld" met d8e kolf nie. Gewone jag of so kom mens dot nie agter nie maar daai ronde kolf maakndot vir my moeilik oor die sakke. Ek het n cheekriser wat ek opsit as ek wil ladings/inskiet
CZ p10c 9mm P
Catma O/U 12ga
Astra .22lr pistool
BRNO .22lr
Savage MSR Recon AR 223
Tikka 223 ackley
Ruger American gen 2 223
Howa custom 6mm BRA
Howa custom 6.5x55 swede
Musgrave K98 7x57 mauser
Howa varminter 308win
CZ 9.3x62
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Top heavy geweer

Post by tripodmvr »

Al die gesels dui op 'n reguit kolf wat die geweer beter in die skouer sal laat pas en beter wang kontak sal verseker.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 918
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: Top heavy geweer

Post by musgrave270 »

Ek het die naweek met my Pa se 30-06 Steyer n paar ladings vir hom uitgewerk. Glad nie n plesier nie oor die einste rede van die kam wat so afwaarts buig. Hy het wel so tydjie terug een van daai Beartooth Comb Raisers opgesit wat mens nou n beter drukpunt vir jou wang gee maar die kolf druk baie laag op jou skouer en dit veroorsaak dat die geweer spring en nie reguit agtertoe terugskop nie. Het amper lid van die halwemaan klub geword.

Sent from my YAL-L21 using Tapatalk

User avatar
JacquesvT
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Mon May 22, 2017 6:12 pm

Re: Top heavy geweer

Post by JacquesvT »

Ja dit is nogal n probleem, ek dink ek moet bietjie n scope leen en mount, net om die verskil te voel. Die scope is ook nogal bitter swaar.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

CZ550 LUX 308 met Lynx LX3 5-30 x 56
CZ-P07
Maroelas
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 286
Joined: Fri Apr 18, 2014 3:41 pm

Re: Top heavy geweer

Post by Maroelas »

Jacques, daai klink vir my soos die CZ 550 se kolf. Die ander gunne wat jy noem, se kolwe is aansienlik meer reguit.

Kyk of jy nie 'n ander kolf kan leen, wat meer reguit is nie.
User avatar
JacquesvT
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Mon May 22, 2017 6:12 pm

Re: Top heavy geweer

Post by JacquesvT »

Yes dit is die cz 550 kolf.

Sent from my SM-G973F using Tapatalk

CZ550 LUX 308 met Lynx LX3 5-30 x 56
CZ-P07
danie1966
Newbie
Newbie
Posts: 17
Joined: Sun Sep 06, 2020 2:41 pm

Re: Top heavy geweer

Post by danie1966 »

Jacques,dit is verseker jou kolf,soos die manne hierbo reeds genoem het.
Korrekte wangdruk(Cheek weld) is bitter belangrik om stabiliteit en akkuraatheid te kry.
As jy jou oë toemaak en aanlê,met genoegsame wangdruk,moet jy 'n mooi duidelik beeld deur jou teleskoop kan sien as jy jou oog oopmaak,sonder om jou wangdruk te verander of kop bietjie op te lig.
Dit is heel waarskynlik hoekom jou seun se Tikka jou so lekker pas.
Probeer om jou "cheek riser" nog bietjie te lig, of jy sal 'n ander kolf moet laat maak of koop.
Daar is heelwat klaar gemaakte kolwe soos GRS,Smoking guns kolwe ens. wat vir die CZ 550 gemaak word.
Dit is 'n duur oefening,maar die moeite werd.
Sterkte,hoop jy kom reg.
Post Reply