Page 1 of 1
Matrys modifikasie
Posted: Mon Mar 29, 2021 5:52 am
by Francoisv
Ek wil by julle manne hoor of 'n Redding FL sizing die omskep kan word in 'n FL bushing die? En wie sal dit kan doen? Dìt is vir my 338NM.
Groete.
2 daughters. Plenty guns.
Re: Matrys modifikasie
Posted: Mon Mar 29, 2021 6:37 am
by Diesel Dog
Het jy nie so n ouklike draaibankie tyd terug gehad nie? Jy sal eers net die staal moet versag (anneal)voor jy begin.
DD
Re: Matrys modifikasie
Posted: Mon Mar 29, 2021 7:04 am
by Francoisv
DD
Ek het dalk toegang tot 'n draaibankie maar met my skill-level sal ek nie so iets aanpak.
2 daughters. Plenty guns.
Re: Matrys modifikasie
Posted: Mon Mar 29, 2021 7:31 am
by tripodmvr
Jy moet nou net een matrys bykomend kry. Voeter jy die' een op dan gaan jy 2 moet koop.
Staal moet met kennis versag en verhard word andersins trek dit skeef en al jou fyn afmetings van die matrys is daarmee heen.
Re: Matrys modifikasie
Posted: Mon Mar 29, 2021 7:57 am
by Francoisv
Presies oom Tripod, wonder of oom Chris van Niekerk nie die man daarvoor is. Dit is net 'n groot gesukkel om sulke goed uit die VSA uit te kry op die stadium.
2 daughters. Plenty guns.
Re: Matrys modifikasie
Posted: Mon Mar 29, 2021 8:03 am
by Smith223
Verharde staal vra om ge-grind te word, die klein interne diameter maak dit egter moeilik.
EDM is ook ‘n opsie, beide van die prosese kan baie stywe toleransies hou en sit minimale hitte in jou part.
Ek sal bietjie navraag doen en terug kom, ek sit nou al ‘n geruime tyd met dieselfde gedagte en wil ook nie die job self aanpak nie, nie eers met hoê kwaliteit ‘carbide boring bars’ op ‘n CNC draaibank nie.
Re: Matrys modifikasie
Posted: Mon Mar 29, 2021 11:59 am
by Francoisv
Dankie Smith
2 daughters. Plenty guns.
Re: Matrys modifikasie
Posted: Mon Mar 29, 2021 1:08 pm
by Francoisv
Soos ek die ding sien moet die matrys bo oopgesny word om die bushing te kan ontvang, dan moet daar draad in gesny word vir 'n stopper om die bus in plek te hou.
2 daughters. Plenty guns.
Re: Matrys modifikasie
Posted: Mon Mar 29, 2021 1:09 pm
by Capt. Yoda
Sny die kop af en plak n bushing bo op hom vas. Follow me for more gunsmith advice
Re: Matrys modifikasie
Posted: Mon Mar 29, 2021 1:12 pm
by tripodmvr
Ystersaag, bloudraad en 'n tang en jy is gewax !!!!!!!!! Dan het jy genoeg tonneransie om 'n .50BMG te resize.
Re: Matrys modifikasie
Posted: Mon Mar 29, 2021 1:51 pm
by Smith223
Capt. Oblivious wrote: Mon Mar 29, 2021 1:09 pm
Sny die kop af en plak n bushing bo op hom vas. Follow me for more gunsmith advice
Jy kan sommer ‘n handboor vat en jou eie bushings maak. 
Re: Matrys modifikasie
Posted: Mon Mar 29, 2021 2:14 pm
by Francoisv
Capt. Oblivious wrote:Sny die kop af en plak n bushing bo op hom vas. Follow me for more gunsmith advice
Dankie Jarred ag ek bedoel Cappie
2 daughters. Plenty guns.
Re: Matrys modifikasie
Posted: Tue Mar 30, 2021 7:54 pm
by JPS
Francois,
On daai Matrys the omskep in bushing Matrys Se masjinering tyd gaan meer kos as nuwe Martys unit Vsa uit as ek so vining Kyk wat gedoen moet word.
Re: Matrys modifikasie
Posted: Wed Mar 31, 2021 8:55 am
by Francoisv
Jan, ek dink ook so. Sal kyk of ek een kan kry by Whidden/Hornady en inbring.
2 daughters. Plenty guns.
Re: Matrys modifikasie
Posted: Wed Mar 31, 2021 6:23 pm
by Francoisv
Sal 'n 300 Norma Mag matrys werk? Met' n baie klein modifikasie.
2 daughters. Plenty guns.
Re: Matrys modifikasie
Posted: Tue Jun 08, 2021 5:52 pm
by JanH
Francoisv wrote:Ek wil by julle manne hoor of 'n Redding FL sizing die omskep kan word in 'n FL bushing die? En wie sal dit kan doen? Dìt is vir my 338NM.
Groete.
2 daughters. Plenty guns.
Hi Francois,
Ek het self 'n tyd gelede dieselfde idee gehad, ek het gedink om te begin deur net die nek te te laat afwerk tot dieselfde binne diameter as die bushing wat ek sou wou gebruik maar het nooit daarby uitgekom nie.
Sal graag wil hoor of jy op die ou einde reggekom het?
Groete
JanH
Sent from my SM-G960F using Tapatalk
Re: Matrys modifikasie
Posted: Tue Jun 08, 2021 7:16 pm
by Francoisv
Hallo Jan
Nie verder gevorder, probeer fabriek-matrys kry by Hornady.
2 daughters. Plenty guns.