Page 1 of 1

Hoeveel energie of spoed om dood te maak..

Posted: Sat Mar 06, 2021 7:14 pm
by JohanvB
Hoeveel energie en spoed het my koeël nodig om dood te maak?

Dankie

Re: Hoeveel energie of spoed om dood te maak..

Posted: Sat Mar 06, 2021 8:22 pm
by wlm
Indien jy nie lewensbelangrike organe soos hart, longe lewer of sentrale senuweestelsel genoegsaam beskadig nie, gaan die hoeveelheid spoed of energie nie saak maak nie.

Re: Hoeveel energie of spoed om dood te maak..

Posted: Sat Mar 06, 2021 8:26 pm
by tripodmvr

Re: Hoeveel energie of spoed om dood te maak..

Posted: Sat Mar 06, 2021 9:41 pm
by Ds J
Johan, dit is moelik om die vraag vinnig te beantwoord.

n .22 kan 'n bees doodskiet, maar dit is beslis nie die slimste opsie nie.

Net so sou jy n duiker met n 458 kan skiet, en dit is oordoen.

Dit beteken verder dat jou teiken sou bepaal wat genoeg is.

Jy moet verkieslik n koeel skiet wat beslis genoeg energie het om die groot organe (hart en longe) te bereik en genoeg skade te maak dat die teikendier daarvan sal vrek, en nogtans moet jy akkuraat genoeg kan skiet om die koeel op teiken te hou.

Dit is n bekende gesegde in skietkringe dat n mens eerder n akkurate skoot met n 375 op n olifant moet skiet, as n swak skoot met n 458.

Nog enkele gedagtes:

Die kombinasie van kaliber en koeel speel ook n rol: n teikenkoeel vanuit n 270 wat basies disintegreer op impak, maak dat jy lank agter n gekweste gemsbok kan aanstap, terwyl n goeie skoot uit n stadige 444 of n 45-70 hom waarskynlik net daar sal laat val.

Wat wil jy skiet / jag, en waarmee?

Re: Hoeveel energie of spoed om dood te maak..

Posted: Sun Mar 07, 2021 9:35 am
by Christo
Kyk ook hierna. In 2004 my aansoeke uit die boekie ingevul.
https://www.lashlerouxsafaris.co.za/ind ... ng-ability

Re: Hoeveel energie of spoed om dood te maak..

Posted: Sun Mar 07, 2021 1:10 pm
by JohanvB
Ok.. Ek was onder die indruk dat daar 'n algemene spoed en energie, ongeag kaliber was/is wat nodig is om' n dier te dood.

Dankie

Re: Hoeveel energie of spoed om dood te maak..

Posted: Sun Mar 07, 2021 1:53 pm
by Lategan1
JohanvB wrote: Sun Mar 07, 2021 1:10 pm Ok.. Ek was onder die indruk dat daar 'n algemene spoed en energie, ongeag kaliber was/is wat nodig is om' n dier te dood.

Dankie
Ek onthou hierdie gesprekke. Êrens was daar ook energie tabelle met vereiste Joule per tipe dier, rondom hierdie voorgestelde norme en standaarde publiseer. Sover my kennis, steeds net ‘n voorstel.

viewtopic.php?f=62&t=4811#p74552

Beste.

Re: Hoeveel energie of spoed om dood te maak..

Posted: Sun Mar 07, 2021 2:13 pm
by Capt. Yoda
108gr ELD teen 3150 uit die loop vir dans kerk en werk O0

Re: Hoeveel energie of spoed om dood te maak..

Posted: Sun Mar 07, 2021 2:23 pm
by tripodmvr
Minimum Equipment Requirements for Rifle Hunting in Namibia
- Namibia does not have a minimum caliber requirement for rifle hunting and rely by law on minimum energy (Eo - muzzle velocity). Smallest caliber recommended by NAPHA 7 mm (.284).
- Minimum energy (Eo - muzzle velocity)
Big Game
5400 Joule
(Elephant, Cape Buffalo, Rhino, Lion, etc.)
Large Game
2700 Joule
(Greater Kudu, Cape Eland, Oryx / Gemsbok, Red Hartebeest, Blue Wildebeest, Black Wildebeest, Hartmann's Zebra, Burchell's Zebra, Giraffe, Sable Antelope, Roan Antelope, Waterbuck, Tsessebe, Leopard, etc.)
Medium to Small Game
1350 Joule
(Springbok, Impala, Blesbok, Gray Duiker, Steenbok, Ostrich, Caracal, Black-Faced Impala, Red Lechwe, Damara Dik-Dik, Klipspringer, Black-Backed Jackal, Warthog, Cheetah, Nyala, Chacma Baboon, Game Birds, etc.)

Re: Hoeveel energie of spoed om dood te maak..

Posted: Sun Mar 07, 2021 5:00 pm
by Ds J
JohanvB wrote: Sun Mar 07, 2021 1:10 pm Ok.. Ek was onder die indruk dat daar 'n algemene spoed en energie, ongeag kaliber was/is wat nodig is om' n dier te dood.

Dankie
Jy is nie heeltemal verkeerd nie. Daar is/was blykbaar wetgewing vir minimum kalibers hier in SA, of daar was sprake daarvan, maar dit was so onlogies dat geen verstandige mens hom daaraan kon steur nie. Dit was n pragtige flater wat slegs koeels se deursnee in ag geneem het, en nie die energiewaardes nie. As ek reg onthou sou n mens bv n olifant met n 9mm pistool kon jaag, maar nie n koedoe met n 6.5x55 nie.

NNNB: EK WEET HIERDIE SYFERS VAN MY IS NIE 100% KORREK NIE, MAAR DIE BEGINSEL IS KORREK.

Re: Hoeveel energie of spoed om dood te maak..

Posted: Sun Mar 07, 2021 6:11 pm
by tripodmvr

Re: Hoeveel energie of spoed om dood te maak..

Posted: Sun Mar 07, 2021 6:23 pm
by tripodmvr

Re: Hoeveel energie of spoed om dood te maak..

Posted: Mon Mar 08, 2021 6:22 am
by knipmes
Is daar van die ander provinsies wat behalwe die Provinsiale Ordonansie/s wat jaarliks gepubliseer word ook so n inligting publikasie beskikbaar stel. ?
Ek weet dat dit nie in Limpopo bestaan nie. n Mens sukkel om die jaarlikse Ordonasie betyds voor 1 Mei te kry. Die Lid van die Provinsiale Wetgewer (MEC) wat hiervoor verantwoordelik is, vesuim gewoonlik dat die Dokument betyds gereed is.
Vir die manne wat veerwild skiet veroorsaak dit heelwat probleme. Hulle kan byvoorbeeld nie die nodige pemitte kry nie.