Page 1 of 1

BASA Skietdag 13 Maart 2021.

Posted: Sun Feb 28, 2021 9:56 am
by Frederik
BASA Skietdag 13 Maart 2021.

Kom geniet en gooi lekker lood saam met ons Saterdag die 13de Maart by Magnum United skietbaan baan, Donkerhoek PTA.

http://bigbore.org/members/pre-booking-for-non-members/
Volg die skakel om te registreer as nie lede nie.

Jy gaan 18 rondtes nodig he vir die baan en bring stoel en cooler boks met lekker koue goed vir na die tyd deur die oggend sal daar kos verkoop word.
Sal seker so 8:30 begin skiet en seker so 12uur of 1 uur klaar maak die middag.
Waarna almal dan lekker kuier oor die dag se gebeure almal is welkom of jy groot kaliber skiet of nie, mans, vrouens en kinders.

Dit is nie soveel kompetisie skiet nie maar meer teen jouself en sal jou skiet vernuf lekker toets om vinnig en akuraat te skiet op korter afstande.

As jy sukkel met registrasie kontak vir Anel admininfo@bigbore.org

Re: BASA Skietdag 13 Maart 2021.

Posted: Sat Mar 06, 2021 9:30 am
by Frederik
Enige iemand wat gaan kom wat nog nooit daar was nie van Jaracal inskrywings sluit Maandag?

Re: BASA Skietdag 13 Maart 2021.

Posted: Mon Mar 15, 2021 5:42 am
by Frederik
Skietdag was weer groot sukses gewees op die baan en Jaracal lede het mooi lood gegooi.
Totaal 83 skuts Minder as normaal dink Covid het maar nogsteeds groot invloed.

1st Plek - Ronal Nel - Kopskoot met 450 NE (Sy eerste wen as ek reg onthou)
3rde PLek - Frederik Cocquyt - Frederik met 458 Lott
4rde Plek - Deon Brits - DWB met 450 Rigby
11de plek - Stephen Swart - Saswart met 458 Express

Die banne was voordelig vir dubbels die keer maar was nogsteeds vet pret. Geluk Ronald.

Volgende skietdag 8 Mei kom neem deel en sien jou daar.

Re: BASA Skietdag 13 Maart 2021.

Posted: Mon Mar 15, 2021 7:32 am
by tripodmvr
Ons het Saterdag 'n streekskiet van SA Jagters aangebied. Daar het 74 skuts deelgeneem. Jul getalle lyk nog goed, al is dit minder as tevore.

Baie geluk manne. Mooi geskiet. Bewegende teikens en skiet teen tyd het hul eie uitdagings.

Re: BASA Skietdag 13 Maart 2021.

Posted: Mon Mar 15, 2021 12:59 pm
by Frederik
Oom moet bietjie saamkom en die 375 afstof 8 Mei 2021 volgende een. My 375 sal ook daar wees my seun gaan hom bestuur maar sal graag die twee musgraves langs mekaar sou sit.