Page 1 of 1
Kontak nommers vir jag in Mpumalanga
Posted: Fri Jan 06, 2012 8:48 am
by JJVR
Ek sal dit waardeer as iemand my kan help kontakte opbou met boere in die omgewing wat my kan voorsien van pryse per spesie, dag tariewe ens. Ook wil ek kontakte op bou waar bosvarke kan geskiet word om plaagbeheer toe te pas-verkieslik in my direkte omgewing.
Byvoorbaat dankie.
JJ
Re: Kontak nommers vir jag in Mpumalanga
Posted: Fri Jan 06, 2012 9:20 am
by DWB
Die Guthries is die manne vir bosvarke, maar hulle jag amper meer hier in Piet Retief se omgewing, ek gaan weer more saam met hulle
Re: Kontak nommers vir jag in Mpumalanga
Posted: Fri Jan 06, 2012 8:42 pm
by JJVR
DWB, dankie vir jou terugvoer.
Ek is bewus van die Guthries maar ken hulle nie persoonlik nie..hulle jag met die honde. Ek is meer die 'walk & stalk' tipe, oog soek.
Ek sal graag eendag wil saamgaan en sien hoe dit gedoen word, kan net leer daaruit.
Jong, hier is maar ander jag politiek in Barberton tov bosvark jag. Dis eintlik jammer dat dit so is maar dit gebeur we'll.
Ek kan nou byvoorbeeld nie op 'X' se plaas gaan bosvark skiet nie omrede 'Y' alreeds daar skiet.
Soms wonder ek of die plaas nou aan boer 'X' behoort of aan selfsugtige jagter 'Y' ?? 'Y' stel voor dat ander NIE daar skiet nie.
Daarom dat ek maar self kontakte probeer opbou.
Groete
JJ
Re: Kontak nommers vir jag in Mpumalanga
Posted: Sat Jan 07, 2012 8:38 am
by GERT vd M
Kontak dan maar vir "y en vra of jy saam met hom kan gaan of is hy dan so vol k$%%$#
groetnis
GERT
Re: Kontak nommers vir jag in Mpumalanga
Posted: Sat Jan 07, 2012 9:01 am
by JJVR
Hahahaha !!!
Nee wat dankie, skakel maar vir 'Y' uit !!
Gatkruip, die van Rensburg, om te gaan skiet....NOOIT !!
Groetnis
JJ