Page 1 of 1

Inligting oor Blaser teleskoop

Posted: Sun Feb 21, 2021 5:33 am
by knipmes
Het iemand dalk ondervinding van die Blaser 1-7 X 28 teleskoop ? Hoe vergelyk dit met ander soortgelyke kwaliteit teleskope Ook prysgewys.

Re: Inligting oor Blaser teleskoop

Posted: Sun Feb 21, 2021 6:25 am
by Koos Barnard
Ek het met een gejag en dis n uitstekende teleskoop. Die optiese en boukwaliteit is van hoogstaande gehalte en ek het vetal gehou van die swewende senterkolletjie van die kruishaar. Die een wat ek gebruik het was n FFP. Blaser-teleskope is net vrek duur maar dis altyd beter om vir kwaliteit te betaal.
Mooi loop

Re: Inligting oor Blaser teleskoop

Posted: Sun Feb 21, 2021 1:07 pm
by knipmes
Dankie Koos.
Verskoon maar asb my onkunde maar hoe werk n swewende kolletjie ? Wat is die voordeel teenoor n gewone ligpunt ?
Die "vrek duur " maak my bang

Re: Inligting oor Blaser teleskoop

Posted: Sun Feb 21, 2021 4:27 pm
by Koos Barnard
Die swewende kolletjie beteken maar net dat die kruishaar se bene nie die kolletjie raak nie. Dit werk uitstekend! Ongelukkig weet ek nie wat die 1-7x28 deesdae kos nie. Maar ek en Johannes Schoeman het lekker met hom ghongs geskiet tot op 400m. Die Blaser se kolletjie verlig ook. Die feit dat dit los van die kruishaar se bene sit het seker geen definitiewe voordeel nie maar vir my werk dit effens beter want dit voel asof my oog dit beter raaksien. Ek dink dit is maar persoonlike voorkeur.
Mooi loop

Re: Inligting oor Blaser teleskoop

Posted: Sun Feb 21, 2021 6:27 pm
by knipmes
Dankie vir die inligting. Nou weer iets geleer